sothys
sothys

Sothys se nuwe reeks vir ’n glansende, eweredige vel

Sothys se nuwe reeks met organiese brandnetel fokus op glans en ’n eweredige vel. Of jy nou ’n hele paar donker kolle het, net ’n paar, of dit dalk net wil voorkom, met hierdie reeks kan jy produkte meng en pas om jou velbehoeftes aan te spreek. Deur Suzanne Kotzé en Justine Kroes

Promosie

Pigmentasie, ’n oneweredige vel en dowwe vel

Ons staan so rukkie met ’n bekende voorkomskonsultant en gesels by ’n funksie en sy vertel hoe erg sy met pigmentasie sukkel. “Ek kan nooit nie onderlaag dra nie, om eendag nie elke dag onderlaag hoef te dra nie, is een van my grootste drome,” vertel sy toe. En net daar vertel ’n ander bekende ook hoe sy met haar vel en pigmentasie sukkel na haar jongste se geboorte.

As jy dus ook hiermee sukkel, is jy belis nie alleen. Veral nie in ’n sonnige land soos Suid-Afrika nie. Veroudering, sonblootstelling, swangerskap en aknee kan lei tot velprobleme wat geskakel is aan ooraktiewe melanosiete. Die oorproduksie van melanien (wat kleur gee aan ons velle) gaan dikwels hiermee saam of volg hierop.

Sothys se nuwe organiese brandnetelbestandeel

Die Franse spa-reeks Sothys is bekend daarvoor dat hulle die beste van die natuur en wetenskap gebruik, en dit is presies wat hulle weer gedoen het, die keer deur organiese wit brandetel te gebruik in hulle nuwe reeks produkte wat jou vel verhelder.

Wit brandnetel (wat in ’n gesertifiseerde groen chemiese proses gekweek en geoes word), is ryk in fenoliese verbindings, en veral flavonoïede. Flavonoïede is hoog in anti-oksidante wat vrye radikale neutraliseer.

Sothys se navorsing het ook bevind dat hierdie wit brandetel-ekstrak kan help om die drie hoofgene wat pigmentasiekolle veroorsaak se uitdrukking tot 90% kan verminder.

Sothys se reeks bestaan uit ses produkte

1. Sothys Illuminating Facial Cleanser (R855 vir 125ml)

Illuminating Facial Cleanser (R855 vir 125ml)

Die reiniger het ’n heerlike jelroom tekstuur wat in ’n reinigende melk verander soos jy reinig.“My vel voel skoon, maar gehidreerd nadat ek my gesig gewas het,” vertel Justine.

2. Sothys Illuminating Essence

Illuminating Essence (R895 vir 200ml)

Die ligte melkerige Essence verdwyn behoorlik op jou vel nadat jy dit aangewend het. Dit help met hidrasie en glans en dat jou produkte wat daarop volg beter deur jou vel opgeneem word.

3. Sothys Flawless Complexion Serum

Flawless Complexion Serum (R1395 vir 30ml)

Die serum bevat nege aktiewe bestanddele (van natuurlike en wetenskaplike oorsprong). Die tekstuur is heerlik lig en dit word vinnig geabsorbeer. Behalwe vir gebruik voor jou dag en of nagroom, word dit ook aanbeveel dat jy dit aanwend voordat jy sonskerm aanwend, aangesien dit ook help met optimale beskerming teen die son en foto-veroudering.

Tydens Sothys se wetenskaplike navorsing het 25 persone die serum twee keer per dag aan hulle gesigte, die agterkant van hul hande en decolleté aangewend. Na een maand was pigmentasie 13% minder en 16% minder intens en na twee maande het dit ook 25% ligter gelyk.

“Danksy hierdie serum is daar reeds ‘n verskil aan my pigmentasie vlekke na net 3 weke se gebruik. Die grootste verskil tot dusver is dat my dowwe gelaat nou meer glansend en gesond lyk. Ek kan nie wag om na nog ‘n maand die verskil te sien nie” Justine

4. Sothys Flawless Complexion Cream

Flawless Complexion Cream (R1195 vir 50ml)

Hierdie room voel lig op jou vel en bevat ’n spesiale konsentrasie van bestanddele om donker kolle te korrigeer. Volgense Sothys se wetenskaplike bewyse het 95% van gebruikers na een maand se gebruik geen nuwe donker kolle opgemerk nie.

“Hierdie room se tekstuur is so lekker lig en my vel het beslis dadelik lekker gehidreerd gevoel, en ek het ook geen styfheid gedurende die dag ondervind nie.” Justine

5. Sothys Illuminating Mask

Illuminating Mask (R795 vir 50ml)

Hierdie masker is wonderlik as jy dadelik bietjie meer glans wil hê. Die strelende klei-tekstuur van die Kaolien gee jou ook daardie spa-gevoel. Dit bevat ook vitamien C wat help met glans.

“My vel lyk dadelik glansend en gesond na die gebruik van die masker, beslis ‘n moet voor ‘n groot afspraak. Jy kan die masker ook bokant van jou hande aanwend (my hande is vol pigmentasie vlekke) ‘n area waarvan baie van ons gewoonlik vergeet. Wanneer ek die masker (en ander produkte in die reeks) aanwend vryf ek enige oorblywende produk aan die bokant van my hande aan.” Justine

6. Sothys Protective Youth Fluid SPF50

Protective Youth Fluid SPF50 (R795 vir 50ml)

Onthou daaglikse sonskerm is ’n moet. Geen pigmentasieprodukte of behandelings gaan werk as jy nie daagliks sonskerm aanwend nie. Die sonskerm bied UVA en UVB beskerming en bevat ook wit brandnetelekstrak wat jou vel verder help beskerm teen skade. 

“Ek is gewoonlik baie kieskeurig oor sonskerm en die tekstuur daarvan op my vel maar ek is dankbaar ek het die Protective Youth Fluid probeer. ‘n Sonskerm wat lig en hidrerend is op my vel sonder om taai te voel. Die 50 sonberskermingsfaktor is natuurlik nog ‘n bonus!” Justine

Moenie van jou sonhoed vergeet nie! Hoe meer beskerming ten die son, hoe beter.

Justine en Suzanne

Hoe om die Sothys reeks te gebruik as jy:

Baie reeds-gevormde donker kolle het

Jonk is, maar met donker kolle na swangerskap

  • Gebruik die Essence in jou velsorgroetine
  • Gebruik die Serum voor en na die somer vir min of meer drie tot vier maande. Gebruik dit saam met die SPF 50.
  • Laat doen ’n professionele behandeling een keer per kwartaal.

Jou vel wil beskerm en voorkom dat donker kolle erger word gedurende sonskyndae

Jou vel jeugdig wil hou

Jy kan Sothys by uitgesoekte salonne en spa’s koop of aanlyn by orleanscosmetics.co.za

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Optiphi® se hardwerkende salonbehandeling en tuissorg produkte
error: Content is protected !!