Hierdie velsorgartikel is een van volwasse aknee en optiphi® se hardwerkende salonbehandeling en tuissorgprodukte vir ’n gesonde, gelukkige (minder sensitiewe) en glansende gelaat. Lees meer oor Justine se optiphi®velsorgreis oor die afgelope drie maande. Deur Justine Kroes
29/07/22
Volwasse aknee en velinflammasie
Ek begin my velsorgreis met optiphi®terwyl ek sopas ’n twee maande lange kursus van Roaccutane klaargemaak het weens erge volwasse aknee wat ek nie onder beheer kon kry nie.
Roaccutane (hoë dosis vitamiene A wat deur ’n dokter voorgeskryf word) het my vel vreeslik droog, geïrriteerd en sensitief gelaat – selfs al was daar minder puisies was die puisies nie heeltemal weg nie.

optiphi® se hardwerkende salonbehandeling
Ek het die Pure Skin Studio in Melkbosstrand besoek en geweet ek is in goeie hande met Gerda (wat vanjaar weer die toekenning as streeksterapeut van die jaar vir optiphi® gewen het). Gerda se kennis oor produkte en velgesondheid was ongelooflik insiggewend.
Wat vir my uitstaan van die optiphi®salonbehandeling is dat dit ’n heerlike pamperlang is maar terselfdertyd is daar ’n hardwerkende velbehandeling wat plaasvind.
Velanalise
Na ’n deeglike velanalise het Gerda dadelik vasgestel dat daar erge inflammasie en droogheid op my vel is en voordat ons enige intensiewe behandeling kon aanpak is die belangrike eerste stap om my vel se sperfunksie onder beheer te kry. Gerda verduidelik “Dit is nie te sê omdat jy nie ’n chemiese afskilfering doen dat dit ’n minder goeie behandeling gaan wees nie – dit hang alles van die status van jou vel af”

“As jy geen inflammasie in jou vel het nie is jou vel se balans baie beter, die vog en oliebalans is beter en jou vel kan homself beter teen omgewingsfaktore beskerm, en sal ook beter reageer op aktiewe bestanddele en meer intensiewe behandelings”
Gerda, Pure Skin Studio
Optiphi® Indulgence Treatment
Salonnbehandeling nommer een; Gerda het besluit om die optiphi® Indulgence treatment – hydrate & repair op my te doen. Hierdie behandeling teiken vel-dehidrasie, rooiheid, irritasie en puisies. Na die Hydrate en Repair Serum en die Polyphenol Algae mask (die blou masker), kon ek nie glo hoe gestreel en gesond my vel gevoel en gelyk het nie – ek het vir die res van die dag op ’n wolkie rondgesweef.

My heel gunsteling deel van die behandeling is nie net hoe ontspannend dit was nie (met ’n nek en voet massering daarby!) maar ook omdat ek weet die optiphi® produkte werk hard om my veltoestand te verbeter terwyl ek salig ontspan.
Gerda het die volgende tuissorgprodukte voorgeskryf:

optiphi® Active Facial Cleanser (R880)
’n pH gebalanseerde gesigwas wat sagkensmet afskilferaars jou veloppervlak skoon kry. Dit bevat salisielsuur (salicylic acid) wat probleemvelle (soos myne!) teiken, boonop kalmeer en streel dit sensitiewe velle.

Ek het my hart verloor op die reiniger – my vel voel nie droog en trekkerig na gebruik nie en boonop hou hierdie gesigwas vir ewig – ek sal dit weer en weer koop.
optiphi® Ageless Active Gel (R1837)
’n Slimserum wat vel kalmeer, rooiheid verminder en sensitiewe velle streel. Dit bevat optiphi®se HSP’s (Heat shock Proteins) om faktore soos omgewingstressors, hitte en UV strale wat veroudering veroorsaak te verminder. Vitamien B3 hidreer en reguleer die vel se oliebalans.
Nadat ek die serum aanwend (voor my gesigroom) voel my geïrriteerde, sensitiewe en droë vel minder kwaad, rooiheid verminder drasties en my vel voel goed gehidreer.
optiphi® Moisture Control Light (R1942)
Hierdie is optiphi® se antwoord vir gedihidreerde en kombinasie veltipes. Hialuroonsuur beveg dehihidrasie en herstel die vel se sperfunskie. Die room bevat ook seramiedes (wat sorg dat vogvlakke stabiel bly) en vitamien B3 (reguleer ’n gesonde oliebalans en teiken ’n oneweredige veltoon).
Beslis ’n gunsteling produk in my arsenaal van Optiphi produkte, die tekstuur is lieflik, absorbeer vinnig – maar hou my vel vir ure lank gehidreer.
optiphi® Solar Spritz (R504)
Ek het jare lank gesukkel om ’n sonskerm te vind waarvan ek werklik hou, die reuk, tekstuur hoe dit absorbeer en met grimering werk is als vir my belangrik. Hierdie sonskerm tik al die regte boksies. ’n olievrye formule wat blitsvinnig absorbeer en nie my vel blink laat nie.
Boonop beskerm hierdie slim SBF nie net teen die son se skadelike strale nie maar ook teen omgewingsbesoedeling en beskerm so ook teen hitte van die vel. Soos byvoorbeeld wanneer jy oefen en jou vel word bloedrooi – hierdie hitte kan ’n vorm van “photoageing” veroorsaak. Vir my vel wat so gesukkel het met inflamasie en rooiheid is hierdie ’n wenproduk.
optiphi® Glycolic Acid Peel 25%/30% salonbehandeling
Salonbehadeling nommer twee; Na twee maande is ek terug by Gerda en sy is verbaas hoe wonderlik my vel se sperfunksie herstel het, minder inflammasie en sensitiwiteit. Nou kan ons die volgende stap neem met ’n chemiese afskilfering om ander probleme soos pigmentasie en nare akneevlekke te takel.
Die glikolsuur chemiese afskilfering teiken veltoon, tekstuur, veral hiper pigmentasie en veroudering van die vel. Boonop bied hierdie behandeling ’n hidrasie hupstoot vir daardie gewenste gesonde en glansende vel.
’n 10 uit 10 behandeling van pamperlang en produkte wat hard werk. Geen rooiheid of sensitiwiteit na die behandeling nie – my vel voel sag en goed gehidreerd. Ek was ook opgewonde om te weet noudat die dooie velle deur die afskilfering verwyder is, gaan my tuissorg produkte ekstra hard kan werk en ordentlik my vel binnedring.

Gerda het die optiphi®Hydra Derm HA Masque en die optiphi® Complexion Control gesigroom voorgestel vir die volgende redes:
optiphi® Hydra Derm HA Masque (R829)
Die Hydra Derm HA masker is ideaal vir ’n ekstra tikkie hidrasie – veral na my chemiese afskilfering om seker te maak my vel se vogvlakke word goed gebalanseer. Die masker beloof intense hidrasie (tot en met 24uur lange hidrasie) te danke aan bestanddele soos hialuroonsuur. Peptiedes in die masker verminder die sigbaarheid van plooie en anti-oksidante verminder rooiheid en velirritasie.
Gerda verduidelik ek kan saans die masker (na my serum) soos ’n aandroom gebruik en met die masker aan slaap. Dit is ’n lieflike tekstuur, absorbeer goed en gee nie aan my beddegoed af soos wat jy dink ’n masker sou nie. My vel voel teen die oggend goed gehidreerd en soepelsag.
optiphi® Complexion Control (R1470)
Noudat die aknee, droogheid en vel inflammasieprobleme onder beheer is, kan ek begin fokus op produkte wat probleemareas soos pigmentasie en fyn lyne teiken. En natuurlik hierdeur teen-veroudering resultate bied.
Die optiphi® Complexion Control is ’n vel verhelderende gesigroom wat ’n fyner gelaat met minder pigmentasievlekke beloof. Bestanddele soos resveratrol verhelder daardie glansende gelaat terwyl dit vrye radikale beveg. Retinol hou jou vel se olievlakke onder beheer en hits die produksie van nuwe velselle aan wat met tyd fyn lyne en plooie versag en minder sigbaar maak.
Onthou, soos met enige produk wat retinol bevat, begin stadig – en wend eers een of twee keer per week aan totdat jou vel gewoond raak aan die retinol. Oorgebruik kan moontlik vel irritasie en sensitiwiteit veroorsaak.
optiphi® Eye Signs Active Gel (R1176)
Ek het intussen ook die optiphi®Eye Signs oogbehandelingroom begin gebruik. ’n Area waaraan ek nie voorheen baie aandag gegee het nie. Ek was so beïndruk met die gebruik van die produk – ek sukkel met allergieë en my oë raak vinnig jeukerig, dan pofferig en daarna volg die donker kringe. Met die room is al die voorafgenoemde minder sigbaar en die vel rondom my oë voel meer gehidreerd en plomp. Sekerlik te danke aan ’n kombinasie van verskeie peptiedes wat saamwerk om donker kringe teen te werk en daarby kollageen en elastien produksie aanhits.
3 maande later en dit is wat ek geleer het;
- Kry eers jou velprobleme soos sensitiwiteit, droogheid, inflammasie onder beheer voor jy aktiewe bestanddele by dosyne gebruik – soos ek. Dit mag dalk net al jou velprobleme vererger.
- Om produkte van dieselfde handelsmerk en reeks te gebruik maak ’n verskil. Mense dink ons is so gelukkig omdat ons alle soorte produkte kan toets – maar die teendeel is ons toets soveel verskillende tipes produkte met aktiewe bestanddele van verskillende sterktes dat ons op die ou einde sit met sensitiewe velle.
- ’n gereelde salonbehandeling is ’n moet – dit is uiters nodig dat ’n professionele terapeut jou vel se toestand analiseer. Terapeute is kenners wat ’n objektiewe opinie kan lewer oor jou vel. As dit nie vir Gerda se kalmerende gesigbehandeling, raad en produkvoorstelle was nie, weet ek dat ek nou nog met ’n sensitiewe gelaat en moontlik volwasse aknee wat opvlam daarby sou sit.
- Wees geduldig en glo aan die proses. Hou aan met tuissorgprodukte soos voorgeskryf deur jou terapeut, jy sal nie teleurgesteld wees nie.
- My velsensitiwiteit is weg.
- Aknee is onder beheer (oukei daar is een of twee puisies met my maandelikse siklus)
- Growwe en ongelyke veltekstuur van aknee en fyn knoppies is byna weg.
- Pigmentasievlekke is heelwat ligter. Akneevlekke is ook aansienlik ligter.
- Hidrasievlakke is en bly onder beheer.
Vir meer inligting oor optiphi® se Active reeks, klik hier.
Lees ook Suzanne se velsorgreis met optiphi® Delta, klik hier.