Hier is 17 variasies van die Franse manikuur (wat glo eintlik in Amerika sy oorsprong het) wat ons nou wil dra. Stoor gerus die artikel vir jou volgende salonbesoek! Deur Suzanne Kotzé
25/08/2023
Die oorsprong van die klassieke Franse manikuur
Sommige bronne beweer dat Max Factor (alombekend as een van die skeppers van grimering soos ons dit vandag ken) gedurende die 1930’s met die Franse manikuur vorendag gekom het, toe hy die Franse manikuurvoorkoms vir Franse fashionistas geskep het. Gedurende die laat dertigs het Hollywoodsterre (waar Max Factor sy oorsprong het) dit ook begin dra. Ander bronne beweer weer die oorsprong lê by Jeff Pink, stigter van Orly, toe hy gedurende die 1970’s die eerste doen-dit-self-manikuurstel bekendgestel het.
Die klassieke Franse manikuur was vreeslik gewild onder filmstudios omdat dit natuurlik gelyk het. Hoe dit ookal sy, ons is dankbaar vir die Franse manikuur en al die kreatiewe weergawes wat vandag beskikbaar is.
Franse manikuurwenke
Geen wit moet uitsteek nie
Die belangrikste ding omtrent ’n Franse manikuur is om seker te maak jy verf jou natuurlike kleur toe, sodat geen van jou natuurlike wit sigbaar is nie.
Kies ’n basiskleur met goeie pigment
“As jy enige tipe Franse manikuur doen, sou ek voorstel jy gebruik ’n kleur met goeie pigment, sodat jy net een lagie hoef te doen.” Nadia Stroh van The Nail Art Studio
’n Versterkende bo-lagie is ’n moet
“Sit altyd ’n versterkende bo-lagie bo-oor jou Franse manikuur sodat dit nie afsplinter nie. Nadia Stroh van The Nail Art Studio
Die regte kwassie is belangrik
Om ’n klassieke Franse manikuur te doen, kan jy waarskynlik jou gewone naelverfkwassie gebruik, maar as jy van die fyner weergawes (soos die mikro Franse manikuur) self wil probeer, sal jy ’n fyn kwassie nodig hê.
Klassieke Franse manikuur

Die klassieke Franse manikuur boots die voorkoms van natuurlike naels na met ’n ligte pienk basis en wit punte.
Klassieke Franse manikuur met driehoekige lyne

Skerper lyne laat die klassieke manikuur vars en modern lyk.
Naels deur Revel Selfcare
Kort naels met maantjies

Die Franse manikuur is beslis nie net vir langs naels nie, kyk hoe mooi lyk dit op hierdie kort, natuurlike naels.
Naels deur: Mateja Novakovic @matejanova
Goue punte

Naels deur Betina Goldstein
Glansryke goue punte

Naels deur Amber J
Omgekeerde Franse manikuur
Hier word die kleur/aksent aan die onderkant in plaas van die punte geverf.
Reënboog omgekeerde Franse manikuur

Naels deur Your New Nail lady
Glinsterende omgekeerde Franse manikuur

Naels deur Betina Goldstein
Wit met swart spikkels

Die wit lyntjies met fyn spikkels swart is deur Betina Goldstein geskep. Dit lyk natuurlik soos ’n ‘dotted line’
Dubbelkleur
Kleur word aan die onderkant en punte geverf

Naels deur Hang Nguyen
Mikro lynties
Die allerfynste lyntjies word vryhand aangeverf. Jy benodig beslis ’n fyn kwassie en ’n vaste hand vir hierdie.
Fyn ligblou streep

Naels deur Saskia Fenwick
Fyn koraal strepie

Reënboognaels
Verskillende kleure met ‘n driehoekvorm

Veelkleurige reënboog

Minimalistiese reënboog
Ons is gaande oor díé subtiele reënboog Franse manikuur met negatiewe spasie en fyn lyntjies.

Naels deur @luminousnailboutique
Pienk op pienk
’n Ligpienk basis met Barbiepienk punte

Geronde koningsbloupunte
