vakansiemusiek
vakansiemusiek

Vakansie ‘vibes’; drie musikante se gunsteling vakansiemusiek

Leah, Francois van Coke en Janie Bay deel met ons na watter vakansiemusiek hulle graag luister. En ons weet dit is nog nie vakansie nie, maar mens begin tog al so bietjie die vakansie-gees vang. Wees gereed om ’n lekker ‘playlist’ saam te stel, vanaf Kersliedjies tot lekker musiek.. Deur Suzanne Kotzé

Leah se gunsteling vakansiemusiek

Ek geniet musiek van die 60’s en 70’s, so daardie playlists is groot by my en ook enige somer lounge musiek. 

1. Baker Street – Gerry Raferty

Dit was in een van my heel eerste vertonings wat ek saam met die Mike McGullagh band gedoen het en vir die een of ander rede het dit net by my broer ge’stick’ so ons sal altyd dit speel as ons familie bymekaar is!

Luister dit op Spotify of kyk die video op YouTube

2. Santa Clause is coming to Town

Ek het self nou ‘n weergawe hiervan opgeneem. Dit was nog altyd een van my gunstelinge. Kliek hier vir om na Leah se weergawe te luister.

3. Rocking Around The Xmas Tree/Jingle Bell Rock Medley – Jump 5

Ek gooi hom in my eie vertoning soos ons nader aan Kersfees kom.

Kyk dit op Youtube of luister op Spotify

4. Going Back West- Boney M

Dis my ma se gunsteling en Boney M feature altyd rondom Kersfees.

Kyk dit op Youtube of luister op Spotify

5. Let’s Twist Again- Chubby Checker

My oorlede ouma het behoorlik die twist hierop gedoen! So lief vir die oldies!

Luister na Leah op Spotify of kyk dit op Youtube


Francois van Coke se vakansiemusiek

1. Kokomo – The Beach Boys

As ek met vakansie is, wil ek elke dag een keer die song hoor, want dit is die beste eiland vibes wat ooit geskryf is.

Luister dit op Spotify of kyk dit op Youtube

2. Feel good hit of the summer – Queens of the stone age

Ek dink die naam sê dit alles. 

Luister dit op Spotify of kyk dit op Youtube

3. Holiday – Turnstile 

Dit gaan oor sorgeloos wegvaar oor die oseaan. Dit is hoe ek wil voel op vakansie. 

Luiter dit op Spotify of kyk dit op Youtube

4. Come to life – Kanye West

Ek is ’n groot fan van Kanye en hierdie is ’n weird song, maar dit laat my goed voel. 

Luiter op Spotify of kyk op Youtube

5. Love is death – X ambassador

Hierdie een is ook een van my gunstelinge uit 2021. Ek kan eintlik elke dag die vakansie die hele nuwe X Ambassadors luister.

Luister dit op Spotify of kyk dit op Youtube


Janie Bay se vakansiemusiek

1. Acoustic – Billy Raffoul

Hy is een van my gunsteling kunstenaars en is ‘n amazing singer-songwriter. Ek is mal oor sy musiek.

Luister dit op Spotify of kyk dit op Youtube

2. Pink Dragons – Lee Cole

Die Suid Afrikaanse nuweling van wie ek tans die meeste hou. 

Luister dit op Spotify of kyk dit op Youtube

3. Everything I Need – Roan Ash

Hy is in na my mening die beste kunstenaar in ons land en hierdie is ‘n nice nuwe feestyd liedjie.

Luister dit op Spotify of kyk dit op Youtube

4. Willow – Taylor Swift

Ek het onlangs eers regtig vir Taylor “gevind”. Haar musiek het nou eers met my begin praat, seker ook omdat sy nou ouer raak en met meer diepte skryf. Sy ís net eenvoudig.

5. Have A Little Faith In Me – Joe Cocker

Hierdie is `n liedjie wat my elke jaar laat dink aan Kersfees. Ek het toe ek nog n kind was een van die “Look Who`s Talking” flieks met `n Kersfees tema gekyk en dié liedjie het daarin gespeel. 

 6. Love On The Weekend – John Mayer

Ek kan amper enige liedjie van John lys, maar hierdie een van hom het so ’n nostalgiese gevoel en is perfek om die speellys mee af te sluit.

Luister na Janie Bay se musiek op Spotify

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Daneel van der Walt: Nêrens, Noord-Kaap het my hierdie 3 geestesgesondheidslesse geleer
error: Content is protected !!