Tandsorg en mondgesondheid; ’n tandarts se beste raad

Op 20 Maart is dit Wêreldmondgesondheidsdag en ons gesels met tandarts, dr. Marc Sher, oor tandsorg, kontroversiële tandepasta bestanddele en elektriese tandeborsels.  Deur Suzanne Kotzé

Tandeborsel, vlos en mondwas

Tandeborsel

Laifen wave

Borsel jou tande twee keer per dag nadat jy geëet of gedrink het (onbyt en aandete).

Vlos

Vlos minstens een keer per dag, verkieslik tydens jou aandroetine. Alhoewel daar geen klinkklare bewyse is nie; vlos voordat jy borsel.

Mondspoelmiddel

Mondwas/mondspoelmiddel is nie ’n moet nie, maar dit is ’n goeie toevoeging, solank dit alkoholvry is. Daar is baie navorsing wat wys dat alkohol in mondspoelmiddel sleg is vir die sistemiese gesondheid van jou liggaam en ook jou mondweefsel.  As jou tandvleis bloei, is daar ook sekere anti-bakteriële mondspoelmiddels wat jy kan gebruik, maar dit is iets waarvoor jy jou tandarts of mondhigiënis moet raadpleeg.

Grootste tandeborsel-foute

Jy borsel nie lank genoeg nie.

Borsel vir minstens twee minute, anders borsel jy nie deeglik genoeg nie en mis areas. Dit is belangrik om jouself genoeg tyd te gee om tande te borsel.

Jy borsel te hard/aggressief

As jy te hard en aggressief borsel, kan jy die nek van jou tand wegborsel wat kan erodeer.

Die regte tandeborsel

Ek beveel gewoonlik aan dat ’n tandeborsel met sagte hare gebruik word om erodering te vermy. Ons beveel gewoonlik elektriese tandeborsels aan. Ek hou baie van die Laifen Wave omdat dit ’n’n ultra-wye 60° ossilasies lewer, gekombineer met tot 66,000 vibrasies per minuut. (Dit is die hoogste van alle tandeborsels tans beskikbaar.)

Dit is baie beter om met ’n elektriese borsel te borsel. Daar is bewyse dat dit baie meer doeltreffend is. Dit is natuurlik ook baie makliker om vir twee minute te borsel, aangesien jou arm nie moeg word nie.

Ek sou ook vir kinders wat al self kan tande borsel (nie voor drie wanneer hulle nog hulp nodig het nie) ’n elektroniese tandeborsel aanbeveel. Juis omdat dit deegliker is en ook ’n element van pret bysit.

“Kontroversiële” tandepasta-bestanddele

Daar is ’n paar tandepasta-bestanddele wat kontroversieël geword het, soos natrium laurielsuur sulfaat en fluoried (om slegs ’n paar te noem.) Beide van hierdie is egter veilig as jy dit in klein hoeveelhede gebruik.

Ek sou juis aanbeveel at jy wel tandepasta moet kies wat fluried bevat of hydroxyapatite aangesien dit help om jou emalje te *hermineraliseer (*die liggaam se natuurlike proses om tandemalje te herstel en versterk).

Dit is natuurlik belangrik om bestanddele te vermy waarvoor jy allergies is. Daar is egter niks wat ek noodwendig sal sê jy moet vermy nie.

Neem dit in ag as jy ’n natuurlike tandepasta kies

As jy ’n natuurlike tandepasta sonder fluried gebruik, moet jy seker maak jou leefstyl en dieët weerspieël dit. Min suiker en geprosesseerde kosse, en gesonde rou vrugte en groente.

Tandeborsel higiëne

Waar jy jou tandeborsel bêre is baie belangrik vir die higiëne. Dit moet natuurlik glad nie naby ’n toilet gebêre word nie en ook nie in jou stort nie. Jou stort is ’n broeiplek vir kieme.  Bêre jou tandeborsel verkieslik in ’n kas as jy dit nie gebruik nie.

Aanvullings vir mondgesondheid

As jy ’n sogenaamde hoofstroom tandepasta wat fluried bevat gebruik, behoort jy nie aanvullings hiervoor nodig te hê nie. As jou kalsiumvlakke oor die algemeen laag is, is kalsiumaanvulling noodsaaklik. Ook yster, veral in vroue, is baie belangrik vir tandvleisgesondheid.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Instant Vortex VersaZone with ClearCook
Hoera vir ’n veelsydige dubbelgrootte lugbraaier met ’n glasvenster!
error: Content is protected !!