Uit-die-nek haarstyle om te probeer

Dit is warm, en die hare moet op. Hoe doen jy dit sonder om verslons of lui te lyk? Hier is uit-die-nek haarstyle en watter haarbykomstighede (gróót nuus by verskeie modeweke) jy nou moet dra. Deur Suzanne Kotzé

Ek is besig om my hare te groei, maar kry my self keer op keer dat ek dit net in ’n vinnige verskoning van ’n bolla opbind as dit so warm is. En bollas kan mooi wees, maar my dubbelrekkie klein klossie is dit beslis nie. Ek het vir myself idees gesoek hoe ek my hare kan mooi opbind en op hierdie idees afgekom. Gelukkig is haarbykomstighede groter nuus as ooit. 

Ponie met ’n groot strik

Hierdie werk ewe goed vir lang hare en ook medium boblengte.

Die groter strik met die korter bokstert werk baie goed, en lyk veel beter as ’n haarrekkie.

The Pleated Edge Bow (R199, Me and B)

Jy kan altyd ook ekstra wees en jou strik by jou uitrusing laat pas.

Haarrekkie met metaal mansjet (‘cuff’)

’n Metaal mansjet skep ’n minimalistiese voorkoms met ’n tikkie bling. Dit is op die oomblik ’n reuse trend.

Verkies jy ’n maksimalistiese voorkoms is hierdie meer-is-meer mansjette wat Desi Perkins dra dalk net vir jou.

Metallic hair Tie, R399, Zara
Jocelyn Metal Detail Hair Tie R129, Poetry
Ruby Chunky metal hair tie gold (R149 , Superbalist)

Scrunchies, hoe groter hoe beter

Oorgroot scrunhies is ’n reuse trend en was oral by Kopenhagen se modeweek te sien.

Oorweeg dit gerus om jou scrunchie by byvoorbeeld jou rok, handsak of skoene te laat pas, sodat dit deel vorm van jou uitrusting.

Kyk net hoe rond Dahana, ’n kunstenaar in Kopenhagen, se bypassende scrunchie en rok die uitrusting af.

Foto: Instagram

As jy self handig is en kan naaldwerk doen en soos Tiktokker @malmamakethings maak gerus een. Hier was sy hoe (en laat dit baie maklik lyk.)

Dra gerus jou oorgroot ‘scrunchies’ om enige uitrusting op te kikker. Saam met ’n hoë of lae bolla,” sê Marissa Crouse, mede-eienaar van Spicy Ava. t

Scrunchie bolla

’n Scrunchie saam met ’n klassieke bolla, gee dit net dadelik meer van ’n ‘vibe’ of biejite meer oemf.

Foto: Instagram GoopSquish

Dubbel scrunchie bolla

Ons is mal oor Nichole Ciotti (volg haar gerus op Instagram vir wonderlike haar-idees) en kyk net hoe slim werk sy hier met ’n oorgroot scrunchies. 

In plaas van jou lelike dubbel rekkie bolla, doen dit met ’n oorgroot scrunchie en voila!

Kyk hoe doen sy dit hier.

Love me Small (R120, Spicy Ava)
Love me Big (R150, Spicy Ava)
Cream Large Oversized Ruffle Fabric Scrunchie (R250, Lovisa)

Groot haarknippe

Groot haarknippe in verskillende ontwerpe van eenvoudig, tot gekleurd of versier bly een van die maklikste maniere om jou hare uit jou nek te kry.

Dink gerus ook anders oor hoe jy jou haarknip dra; hier gebruik @emijayinc haar haarknip eerder as versiering.

Foto: Instagram
Neutral Large Double Bow Hair Claw Clip (R270, Lovisa)
Neutral Large Double Bow Hair Claw Clip (R270, Lovisa)
Ruby Gia Hair Claw (R149, Cotton-On)

Vroulike, ‘prinses’ style

Nog ’n groot haartrend is vroulike, prinsesstyle soos wat Eva Longoria hier dra.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
baba
Die pH van baba se vel, het jy geweet dit is belangrik?
error: Content is protected !!