Manispirasie vir jou winternaels

Hierdie lys van winter naeltrends en skakerings het ons opgewonde vir ons volgende nael-afspraak! Van sagte minimalistiese afwerkings tot prettige patrone, naelkuns idees en hoëglans teksture.

Ons deel graag 12 winter mani-idees met jou, hou die artikel byderhand vir inspirasie vir jou volgende winternaels naelafspraak. Deur Justine Kroes

1. Mikro gekleurde Fraanse manikuur

Van blou tot bruin en selfs swart, die tradisionele Franse manikuur het ’n moderne hupstoot gekry hierdie winterseisoen.

Die mikrolyne van kleur is subtiel maar steeds kreatief en lyk modern en gepoleerd.

2. Polkakol-naels

Ja polkakolle was groot vir die somer maar so ook vir die winter. Bly In die kol met polkakol-naels en onthou vanjaar is die kolle minder retro en meer modern.

In plaas van perfekte, eweredige kolletjies sien ons fyn mikro-kolletjies, onreëlmatige plasing en slim gebruik van negatiewe spasie.

Selfs chroom/metaal polkakol naels is ’n moet-probeer.

3. Bruin naels

Sjokoladebruin was groot vir die somer, maar verskillende skakerings vir die winter is aan die orde van die dag, van diep donkerbruine tot ligter bruine.

Ons weet nou al bruin is een van winter 2026 se gewildste modekleure, as jy nie graag bruin wil dra nie kan jy bruin op jou vingerpunte laat pronk.

Bruin bly ’n neutrale naelskakering wat sjiek en gesofistikeerd lyk, veral op korter naels.

4. Romerige vanilla naels

“Creamy vanilla gloss” naels is steeds ons gunsteling sagte wit mani-skakering. Dink aan jou eie naels, maar beter – sagte amper deursigte wit roomysnaels met baie glans.

Ultra netjies gemanikuur en afgerond. Die “vanilla manicure” fokus op neutrale skakerings van wit wat jou natuurlike nael (en veltoon) komplementeer eerder as om jou nael heeltemal toe te verf.

Beslis ’n moet-probeer as jy nie op ’n skakering kan besluit nie.

5. Middernag blou

Danksy bekendes Hailey Bieber en Kylie Jenner se sosiale media plasings met donkerblou naels het hierdie naelskakering oornag ’n gewilde gunsteling geraak.

En ons is hier vir die dramatiese kleur. Van diep donker middernagblou tot effens ligter vlootblou skakerings is daar ’n blou vir elke vrou!

Indien donker skakerings soos swart ’n gunsteling op jou winter mani-lysie is, dan is dit dalk nie ’n slegte idee om dit die winter met ’n donkerblou skakering te vervang nie.

6. Spesery skakerings

“Spiced” naels soos waarna die trend verwys, is warmer skakerings soos terracotta, paprika, nutmeg. Dink aan ’n kombinasie van rooi-bruin aardse skakerings.

Hierdie skakerings is baie gewild danksy die effense warmer ondertoon – wat beteken dit pas by die meeste veltone en vlei jou vingerpunte behoorlik. Die skakering is ook neutraal genoeg om by enige winteruitrusting te pas.

7. Dolfyn grys naels

Slate of “dolphin grey” is die gewildste grys skakerings van die oomblik. Verwys na ’n glinsterende glansende grys, nes ’n dolfyn se kleur wat glinster in die water.

Modern, vars en skoon, ons kan nie wag om dié een te probeer nie.

Indien jy avontuurlustig voel kan jou grys ook ’n silwer naelkleur wees – dit vang die lig altyd so mooi en pas boonop by enige uitrusting!

8. Jellienaels

Deursigtige, glansende kleure met ’n sappige, glas/jellie effek is steeds gewild. Hoewel hierdie naellaktendens nie splinternuut is nie, bly dit ’n gunsteling vir die winter vanjaar.

Ultra glansende, gesonde naels is die fokus en deursigtige skakerings in van pienk tot nude skep dadelik daardie gewenste jellie effek.

9. Diep wynrooi

Hoewel donkerblou en bruin naels tans baie gewild is, is daar natuurlik steeds plek vir verlede jaar se nommer een kleur – burgundy oftewel wynrooi.

Skakerings van rooi is gewoonlik ’n naelkleur gunsteling en hierdie diep skakering maak ons harte warm! Dit is ryk, romanties en luuks!

10. Ruitjies-patroon naelkuns

Indien jy graag naelkuns doen, dan is hierdie naelkuns trend vir jou: Neem snoesige winters-inspirasie van jou check of plaid (ruitjiespatroon) winter mode-items.

Begin met ’n neutrale basislaag en verf dan eers dun lyntjies vertikaal en horisontaal oor jou nael. Volg met die verf van ’n groter streep in ’n ander skakering ook horisontaal en vertikaal oor jou nael.

Pssst … ons los eerder self hierdie naelkuns vir die professionele terapeute met ekstra stabiele hande!

Die Argyle (diamantpatroon) naelkuns is ook groot, kyk hoe mooi:

11. Skitterende sternaels

“Twinkle nails” soos die trend bekend staan begin met ‘n neutrale basislaag en het dan ’n blink sterretjie op elke nael.

12. Sagte ballet pienk

Die “Balletcore” modetendens bly ook steeds ’n gewilde keuse en daarby ook die pienk en ligpienk naelskakerings wat eie is aan die trend.

Indien jy iets anders met jou ligpienk kan prober, kan jy ’n effense glinsterende lagie bo-oor verf vir ’n 3dimensionele effek.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
reis skoonheid
Reisgrootte skoonheidsprodukte en oulike sakkies
error: Content is protected !!