Meeste twieners is behep met TikTok trends en weet presies wat die ‘in’ produkte en bestanddele is. Baie van die ‘trends’ is egter nie geskik vir jonger velle nie, en velsensitiwiteit en selfs permanente skade is ’n realiteit. Dr. Toni van der Merwe ma van twee twiener-dogters beantwoord ons vrae. Deur Suzanne Kotzé.
Twieners, TikTok-trends en velsorg
Jong meisies (sommige so jonk as ag) wat obsessief is oor vlekkelose vel en hul multi-stap roetines deel op TikTok is besig om se groot probleem te word, dat ‘n nuwe term ‘cosmeticorexia’ geskep is. Ons monde hang soms oop as ons sien watter duur en onvanpaste produkte sommige van ons vriendinne vir hulle twieners koop; net omdat dit trend op TikTok of omdat dit díe produk is om nou te gebruik. Meeste ouers besef nie hoeveel skade dit kan aanrig nie. Juis hierom het ons vir Dr. Toni van der Merwe gevra vir raad. Veral aangesien sy self twee twiener dogters het.
Twiener-ma en dokter; Dr. Toni van der Merwe gee raad oor twiener-velsorg.

Oor haar dogters en TikTok sê dr. Toni: “Sosiale media beïnvloed hulle beslis. Hulle is nuuskierig, maar nie roekeloos nie. Hulle sien wel velsorgroetines wat bedoel is vir volwassenes en neem aan as dit populêr is, moet dit goed wees. Dit is waar leiding inkom en saak maak.”
Twiener velle verskil biologies van volwasse velle.
Dr. Tony verduidelik: “Biologies het twienervel ’n
- dunner, broser sperfunksie (Jou sperfunksie hou slegte goed uit, en goeie goed soos vog, binne).
- Produseer minder stabiele olie
- Het ’n onvolwassse immuunreaksie en is meer geneig tot inflammasie en nie veroudering nie.
Volwasse vel verouder, terwyl tienervel ontwikkel. Hierdie proses word ontwrig as ’n twienervel soos ’n volwasse vel behandel word.
Gesonde velsorg vir ’n 9-13 jarige

Gesonde twienervelsorg is:
- sagkens
- voorspelbaarbaar
- beskermend
Dit moet vel ondersteun, nie verander nie.
Op watter ouderdom is meer as net reiniging en sonskerm nodig?
Gewoonlik mid- tot later tienerjare, slegs as
- Aknee aanhoudend en inflammatories is. Dan sal meer aktiewe bestanddele aanbeveel word.
- Hormonale olieproduksie gevestig is (as hulle velle meer olierig begin word).
Onthou, velsorg moet ouderdom-geskik wees; nie trend-geskik nie!
Bestandele om te vermy op jonger velle
Beslis
- retinol
- harde suur-afskilferaars
- tonikums
- bensoïelperoksied
- sterk gegeurde produkte
Teenverouderings en aktiewe bestanddele kan jong velle beskadig
Dit
- versnel velvernuwing voortydig.
- Stroop die vel van natuurlike olies
- Kan chroniese inflammasie veroorsaak
- Die vel se toekomstige veerkragtigheid verswak.
Jy maak nie vel sterker deur dit vroeg te stres nie
Om harde produkte te vroeg te gebruik kan langtermyn skade aanrig
Dr Toni sien tieners met:
- Chroniese sensitiwiteit
- Rosacea-agtige blos
- Pigmentasieprobleme – tipies post-inflammatoriese hiperpigmentasie.
- Aknee vererger deur oorbehandeling
Oorafskilfering rig skade aan
Baie trends sluit afskilferende tonikums, chemiese afskilfering en skrop aan, maar wat gebeur as ’n twiener te veel afskilfer?
Dr Tony sê:
- Mikro-skade aan die velversperring, wat meer aknee kan veroorsaak
- Branderige en rooi vel
- En olie-wanbalans; vel word droog en ook olierig.
Waarskuwingstekens dat jou kind se velversperring beskadig is
Ouers moet op die uitkyk wees vir:
- Branderigheid selfs wanneer ‘gentle’ produkte gebruik word
- Rooi kolle
- Vel wat afskilfer, selfs wanneer dit olierig blyk te wees
- Skielike aknee
- Sonskerm wat branderig voel.
Voortydige gebruik van velsorgprodukte kan tot lewenslange sensitiwiteit en toestande soos ekseem en aknee lei
Dit kan:
- die vel leer om te oorreageer
- ekseemrisiko vermeerder
- aknee moeiliker maak om te beheer
Ongelukkig onthou die vel trauma, so wees sagkens daarmee
Virale Tik Tok trends wat dr. Toni die meeste bekommer

- Retinol vir 10-12 jarige ouderdomme
- Daaglikse afskilferingsure
- Doen dit self chemiese ‘hacks’
Die gevaar van doen-dit-self- trends
Doen-dit-self produkte kan veral gevaarlik wees
- Suurlemoen/koeksoda tandepasta kan byvoorbeeld die pH van jou vel versteur
- Ander doen-dit self produkte kan chemiese brandwonde veroorsaak en vel se sperfunksie permanent beskadig
Jou vel is nie ’n wetenskap-projek nie.
Aknee, hormone en wanopvattings
Baie twieners word paniekerig oor puisies; hierdie is wat ouers moet weet:
Voortydige puisies is as gevolg van normale hormonale veranderings; nie as gevolg van slegte higiëne of mislukte velfunksie nie.
Dit is belangrik dat beide ouers en kinders dit verstaan dat hul velle leer en aanpas by hierdie nuwe situasie.
Spreek ’n dokter/dermatoloog wanneer:
- Aknee pynlik is of siste vorm, want dit kan tot letsels lei
- Jou kind se selfvertroue beïnvloed word
- Dit meer as 6-12 maande aanhou
Onbedoelde foute wat ouers maak wanneer hulle probeer help met velsorg
Oorbehandeling. Deur produkte met te harde bestanddele te koop en dit dan te veel gebruik.
Ouers word paniekerig, in plaas daarvan om net te observeer. Ons moet onthou dat vel verander, aknee uitbrake ens. is ’n normale deel van volwasse word.
Deur vel met die van boeties/sussies te vergelyk. Dit is belangrik om te onthou dat almal se velle uniek is.
Wat twieners behoort te gebruik
As jy jou twiener dogters kon beperk tot slegs drie velsorgstappe, wat sal dit wees?
Dr. Toni: 1. Sagte reiniger (twee keer per dag) 2. Geurvrye bevogtiger wat help met ’n gesonde spefunksie en daaglikse sonskerm.
Dit is ononderhandelbaar en meer as genoeg.
Watter bestanddele is veilig en voordelig vir jonger velle?
Dr. Tony: Gliserien, seramiedes, panthenon en sink oksied.
Produkte om te kies vir jou twiener
Kyk vir produkte wat dit volgende woorde bevat:
“Sensitive skin”
Fragrance-free
Dermatologist-tested
En ook produkte met ’n korter bestanddele lysie
Hoe sê jy nee vir ’n produk wat trend sonder om ’n oorlog tuis te begin?
“Kommunikasie is baie belangrik. Doen saam navorsing oor die produkte. Gee raad oor alternatiewe produkte wat minder aktief is en meer ouderdomsgepas is,” is dr. Toni se raad.
“As dit by my eie dogters kom, is daar duidelike reëls as dit kom by velsorg. Ek is ten gunste daarvan dat gesonde roetines geskep moet word. Maar geen aktiewe bestanddele, geen trends en wees konsekwent met jou velsorgroetine.”
Hierdie velkwessies behoort nie behandel te word met TikTok raad nie
- Aknee
- Brandwonde
- Uitslag
- Pigmentasie
- Ekseem
- Perorale dermatitis
As dit medies is, benodig dit mediese advies.
’n Goue reël vir ouers oor twieners se velsorg
Beskerm nou hulle velle, sodat dit nie later herstel hoef te word nie.
Hierdie velsorgmite moet ontken word
“Deur vroeg te begin, verhoed jy probleme.”
Die realiteit is, as jy te vroeg begin, skep jy dikwels die probleme.
Ten slotte: Dr. Toni se boodskap vir twieners en hul vel
Jou vel is nie gebreek nie. Dit is nie nodig om dit te probeer regmaak nie. Behandel jou vel sagkens en wees geduldig. Beskerm dit wat jy reeds het.





