Tuis-mani-truuks

Januarie is die maand wanneer ons almal die knyp aan die sak voel, en naels by die salon vir eers weer ’n luuksheid vir ’n ander dag is. Lees gerus hier vir handige tuis-mani-truuks om jou jelnaels reg te verwyder, slim planne met aanplaknaels en naelplakkers en doen-dit-self naelkuns. Deur Justine Kroes

07/01/2025 opdateer

Verwyder jou jelnaels so tuis

Dit het jy nodig:

  • Asetoon
  • 10 klein stukkies foelie
  • 10 klein stukkies watte
  • ’n Naelvyl

Stap 1

Jy moet eerstens die boonste lagie bo op jou nael effens vyl met jou naelvyl sodat die asetoon vinniger sy werk kan doen.

Stap 2

Week nou die watte in die asetoon en plaas een vir een op jou naels en draai dit toe met ’n klein stukkie foelie sodat die asetoon nie verdamp nie. Wag tien minute totdat die asetoon jou jelnaels stadig maar seker afweek.

Stap 3

Verwyder die foelie en watte een op ’n slag om te kyk of die jelnaels begin afdop, Indien nie, vyl weer saggies bo oor die nael, doop weer jou watte in asetoon en plaas vir ’n verdere 5 minute op jou naels.

Stap 4

Moet nie die jel probeer aftrek nie, jy kan jou naels beskadig. Krap sagkens met ‘n naelvyl die los jel van jou nael af. Herhaal die stappe hierbo totdat al die jel op jou naels ordentlik afgeweek is.

Stap 5

Was jou hande goed en versorg nou jou naels en hande met ’n nael- en naelvliesolie omdat die asetoon jou naelbed taamlik kan uitdroog.

Hier is ‘n gunsteling:

BIO SCULPTURE Almond Oil (R140) gebruik kode STYLVOL10 vir 10% afslag

Versier jou naels so:

Hierdie plakkers is een van die maklikste (en mees bekostigbare) maniere om vir jouself ’n salon-standaard mani te gee. Justine gebruik dit gereeld op haar dogtertjies se naels en is verbaas oor hoe lank dit hou.

Doen dit so: Lees die aanwendingsinstruksies noukeurig deur. Die meeste van die plakkers vereis dat jy op ’n semi-nat/taai nael die naelplakker plak. Wend dus eerstens jou naellak aan, wag so ’n rukkie en druk dan saggies jou plakker op jou naellak vas.

Jy kan self besluit of jy op elke nael of dalk elke tweede nael jou plakkers wil aanwend.

Seël die ontwerp met ’n deursigtige bo-lagie om seker te maak dit hou en hou!

Hier is ’n paar prettige plakkers wat ons graag wil probeer:

Catrice Neon Blast Nail Polish Strips 02 (R79,99 Dis-Chem)
essence Nails in Style 12-Piece Set, Coffee with Milk (R69,67 amazon.co.za)
Essence Call Me QUEEN! Nail Sticker (R39 Superbalist)

Verf jou eie naelkuns

Ons is geensins kundiges op die gebied nie, maar met die regte gereedskap is jy halfpad daar. Met ’n superfyn en dun voorpunt kwassie (en stewige hand!) sal jy van hierdie maklike naelkuns skeppings kan bemeester. Loer hier vir ’n handige stelletjie kwassies:

15 Piece Nail Art Painting Pen Brush Set (R144 takealot)
15 Piece Nail Art Painting Pen Brush Set (R144 takealot)

Omgekeerde Franse Manikuur

Die omgekeerde Franse Manikuur is taamlik maklik om te bemeester – volg net die natuurlike lyn van jou naelbed as riglyn – as jy mors – maak skoon met ’n fyn naelkwassie wat geweek is in naellakverwyderaar.

Foto: Betina Goldstein

Negatiewe spasie naels

Met hierdie tendens is jou natuurlike nael steeds die hooffokus en daar is hier en daar klein gedeeltes van jou nael wat geverf word. Effense kolletjies, of lyntjies.

Foto1; Betina Goldstein

Skittle” naels

Die skittle naeltrend is een van die makliker naeltrends om self te probeer – verf elke nael eenvoudig ’n ander kleur – hoe meer kleur hoe beter!

Foto: Betina Goldstein
Foto: Betina Goldstein
Foto: Betina Goldstein

Kyk hier na ’n paar van naelkenner Betina Goldstein se Instagram videos vir inspirasie klik op elk van die fotos om die video te kyk:

Aanplaknaels doen-dit-so

Vergeet van die gemors van naelgom en kunsnaels knip en pas – hierdie nuwe aanplaknaels werk blitsvinnig sonder enige gemors. Kiss se aanplaknaels kan glo tot twee weke hou as jy mooi na hulle kyk.

Stap 1

Maak jou naels skoon om seker te maak die gomplakkers plak goed op jou eie nael vas. Enige oortollige olies sal keer dat die gomgedeelte goed vasplak.

Stap 2

In die pakkie is daar ’n hele klompie verskillende groottes (28 naels!). Pas elk van die kunsnaels op jou eie naels en pak dit uit van 1 tot 10 in die volgorde waarop jy dit op jou naels gaan plak.

Stap 3

Plak nou die regte grootte gomlagie op jou eie nael vas en plak dan die kunsnael bo op die gomlagie vas. Druk hard op die kunsnael om seker te maak die nael sit mooi stewig op sy plek vas.

Siedaar! Salon perfekte naels in ’n japtrap!

Daar is verskillende skakerings, lengtes en naelvorms van die aanplaknaels beskikbaar:

Kiss Gel Fantasy Gel Fantasy Nails Whatever (R133 Clicks)
Kiss imPRESS Press On Manicure Wide Just A Dream 30s (R154 Clicks)
Kiss imPRESS Nails Ready Or Not (R155 Clicks)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die meer-is-meer ‘mob wife’-voorkoms
error: Content is protected !!