Agt maniere hoe ons watersproei gebruik

Watersproei is ’n redder, en ons het verskeie; van in ons yskaste tot handsakke en gimsakke. Hier is agt maniere hoe ons dit gebruik. Deur Suzanne Kotzé

1. Watersproei verdryf middel-van-die-dag-moegheid

As daai middag-moegheid jou tref en daar nog ’n paar ure se werk oor is (wanneer jy gewoonlik ook lus word vir ’n soetding) werk ’n spuit of twee watersproei om jou meer energiek te laat voel.

2. Yskoue verfrisser

Hierdie is heerlik vir die warm somersdae. Hou ’n waterspoei in jou yskas en spuit aan om af te koel.

Wenk: As jy sport moet kyk (krieket-ma’s!) of dalk piekniek hou op ’n warm dag, gooi gerus ’n watersproei in jou koelsak.

3. Om serum beter te laat absorbeer

’n Klam vel absorbeer beter.

4. Help room beter insmeer

Spuit dit oor jou gesig/lyf voordat jy jou lyf/room aansmeer, dit maak dat die room beter insmeer (en vog inseël.)

5. Om sonskerm minder taai te laat voel

Hierdie is veral handig as jy (of jou kinders) taktiel is en die gevoel van taai sonskerm haat. Spuit watersproei aan, voordat jy jou sonskerm insmeer. Dit laat dit makliker smeer en minder taai voel.

6. Kalmeer sensitiwiteit, insekbyte en sonbrand

As jou vel senstief voel na afskilfering of waks, as gevolg van ’n insekbyt of te veel tyd in die son, kan watersproei help om rooiheid te verminder en inflammasie te verminder.

7. Ekseem verligting kompres

Hierdie het ek by die Avéne-spa in Frankryk geleer.

  • Spuit die rooi area met watersproei
  • spuit dan ’n sneesdoekie met watersproei todat dit deurweek is
  • plaas die sneesdoekie op die rooi area
  • druk liggies daarop
  • los aan vir 10 minute

8. Na sport

(My netbalspan word gereeld na ’n wedstyd gespuit met watersproei)

Na ’n oefensessie is jou vel bedek met:

  • Sweet
  • Sout
  • Olie (sebum)
  • Bakterieë
  • Vuilgoed uit die omgewing of gimnasiumtoerusting

’n Gesigwatersproei kan:

  • Oorverhitte vel afkoel
  • Oppervlaksout verdun en liggies verwyder
  • Styfheid en jeukerigheid verminder
  • Rooiheid kalmeer

Dit verwyder egter nie olie, bakterieë of sonskerm behoorlik nie. As jy sweet net op jou vel laat droog word, kan dit porieë verstop en puisies veroorsaak.

As jy nie dadelik kan was nie, is watersproei beter as niks:

  • Druk sweet liggies af met ‘n skoon handdoek (moenie vryf nie).
  • Spuit liggies.
  • Indien moontlik, vee liggies af met skoon watte of ’n sneesdoekie.

Maar beskou dit slegs as ’n tydelike oplossing en was jou gesig so vinnig as moontik daarna.

Probeer

Avène Thermal Spring Water (R265 vir 150ml, Dermastore)
Hierdie is natuurlik my gunsteling, aangesien ek Avéne in Frankryk besoek het, en self gesien het waar die water vandaan kom. En hoe dit gebruik word om mediese veltoestande te behandel.
La Roche-Posay Thermal Spring Water (R230 vir 150ml, Dermastore)
Vichy Mineralisante Spa Water Spray Eau Thermale 150ml (R310, Clicks)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
’n Dermatoloog gee raad: Velsorgroetine vir ‘lui’ tienerseuns
error: Content is protected !!