tuindag teeparty6jie
tuindag teeparty6jie

Tuindag-teepartytjie

Stof jou mooiste koekstaanders af en nooi jou vriendine vir ’n tuindag-teepartytjie. Vars blomme, gebak en lekkerlag saam met die girls is goed vir die siel. Deur Suzanne Kotzéfoto’s Tegan Smith,

06/10/2023

Om Tuindag, wat op Sondag, 15 Oktober val, te vier het ons Stylvol-vriendinne Rolanda Marais en Zoë Brown genooi vir ’n teepartyjie. 

(Onthou, niks hoef perfek te wees nie. Jy kan so veel of so min moeite doen soos jy wil. Soms word ’n mens so oorweldig by die gedagte daarvan om alles te beplan en doen dat jy dit nie glad nie. As jy nie ’n bakker is nie, koop gebak en versier dit met mooi blommetjies of vra jou vriendinne om saam te bring. Die saamwees en kuier is die heel belangrikste.)

Wenke vir jou eie tuindag-teepartyjie

Vra jou vriendinne om tuinblomme saam te bring

Of, as jy baie blomme in jou tuin het, loop almal saam deur die tuin en pluk blomme vir tafel. 

Zoë se rok van @all.my.friends.za
Rolanda se rok en baadjie van Zoë se rok van @all.my.friends.za

Tafelblomme

Rangskik die blomme sommer so half deurmekaar, asof jy dit net ingedruk het. Glaspotjies lyk modern en vars. 

Country Road Tashin Bud Vase set (R699 vir die stel, Woolworths)

Meng oud en nuut

’n Room en swart linnetafeldoek skep ’n vars agtergrond vir outydse koekstaanders en moderne minimalistiese glas blompotte. 

Linen House Oxford Grid Cream Tablecloth (Vanaf R909, yuppiechef) Soortgelyke silwer koekstaander Takealot

Linen House Oxford Grid Cream Tablecloth (Vanaf R909, yuppiechef) Soortgelyke silwer koekstaander Takealot

Soortgelyke glas koekstaander R360, Loads of living, beskikaar by Truworths

Versier met eetblare blomme

Of jy nou tuisgebak of gekoopte gebak bedien, eetblare blommetjies laat enige gebak indrukwekkend lyk en pas natuurlik by die tuinpartytjietema. 

Dek ’n blommekroon vir elke gas

Blommekrone van Fox Glove Studio

Of jy nou self wil blommekrone maak of laat maak (die meeste bloemiste kan dit vir jou maak), dek vir elke gas ’n blommekroon. Dit voel feestelik en spesiaal. Ons het hierdie jaar fyner blommekrone gekies om by ons ‘ou-wêrelds met ’n tikkie modern’ gevoel te pas.

Die ‘wow-oomblik’: aarbei-vonkelwyn-lollies

Sorg vir ’n showstopper met hierdie oulike aarbei-vonkelwyn-lollies wat jy in sjampanje coupés bedien en sjampanje bygooi. 

So ’n tikkie spesiaal, laat jou gaste ook spesiaal voel. Van ons showstoppers op vorige tuindae was ’n gevriesde blomme ysbak (kyk hier) of ronde blomme ysballe.

Aarbei-vonkelwyn-lollies

Genoeg vir 8 lollies

2 glase sjampanje

2 koppies aarbeie (gevriesde of vars aarbeie)

2 eetlepels suurlemoensap

2 eetlepels suiker of xylitol (opsioneel)

Meng alles saam in ’n menger 

Gooi in roomyshouertjies en vries oornag.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Skoonmaakwenke: Maak jou wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser só skoon
error: Content is protected !!