troeteldiere
troeteldiere

Troeteldiere is terapeuties

Cintaine Schutte, Clare Wiese-Wentzel, Christi Panagio, Katryn Kruger en Rolanda Marais weet troeteldiere is terapeuties! En navorsing bewys dit ook. Deur Suzanne Kotzé

Só is troeteldiere terapeuties

HABRI (Human and Animal Bond Research) se navorsing wys dat van die voordele van ons toeteldiere die volgende insluit

Mens-dier interaksie verhoog die afskeiding van die neuropeptied oksitosien

Oksitosien help

  • om jou hartspoed en asemhalingstempo te verminder,
  • bloeddruk af te bring
  • spanningshormone te verminder en so ’n sin van kalmte, gemak en fokus te skep
  • om angstigheid en vrees te verminder

Troeteldiere help jou om meer aktief te wees

Honde-eienaars is meer geneig om hul hond vir ’n draffie of stappie te neem.

Troeteldiere laat jou minder alleen voel

Om vir ’n troeteldier te sorg kan jou noodsaaklik laat voel. Dit skep ook emosionele en fisiese sekuriteit.

Verminder angstigheid

Soos reeds genoem is dit danksy die oksitosien wat afgeskei word. ’n Interessante studie het gewys dat dit selfs kinders wat met leesprobleme sukkel minder angstig kan laat voel wanneer hulle vir ’n hond voorlees.

Troeteldiere help jou om nuwe mense te ontmoet

Troeteldiereienaars is meer geneig om met mekaar, of dalk eerder mekaar se diere, te gesels as jy byvoorbeeld in die park is. En dan is daar nog ook honde-opleidingklasse en aanlyngeselsgroepe.

Troeteldiere kan help met aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom

Sommige studies wys dat die struktuur en roetine wat met troeteldiere gepaard gaan goed is vir dié met AAHS.  Om verantwoordelik te wees en tred te hou met tyd (soos wanneer treoteldiere gevoer en gestap moet word) help ook om tydbestuur aan te leer. Om met ’n troeteldier te speel kan ook help om van hiperaktiewe kinders se energie ontslae te raak.

Cintaine Schutte se Lily

Lily is ses jaar oud en ’n rescue kat. Iemand Iemand het haar nou die dag beskryf as ’n Queen. En sy is beslis die Queen van die huis en ons woonstelblok.

Die stoutste ding wat Lily al gedoen het

Om op ons splinternuwe banke te krap dat die spons spat. En sy het een van ons buurman se avo’s gesteel. Ek het dit een oggend in die bad gevind toe ek vroeg moes opstaan om 6 vm op stel te wees.

So is Lily terapeuties

Sy is my hart se punt, my kind, my companion en definitief my klein healertjie. Die hoeveelheid kere wat sy op my borsie kom lê en spin het terwyl sy diep in my oë kyk het my al soveel keer gered. Die oomblik as ek in my parkeerarea inry na ’n lang dag, kom groet sy my altyd. Sy is ’n klein asempie in die huis waarsonder ek en Carel Kat nie kan nie

Christi Panagio se Harvey

Harvey is eintlik die bynaam vir sy regte naam Javier Ha-Vie-er, en nou is hy Javier/Harvey/The Harv. Hy is by verre die beste hond wat ons nog ooit gehad het.

Hongaarse Vizsla honde is werklik ongelooflik. Hulle is wonderlik met kinders, hy is vrek vinnig (wonderlik vir Nico wat hou van hardloop). Harvey het ook die heel mooiste kleur, met ’n neus en oogkleur wat bymekaar pas.

Hy is ook verskriklik slim en regtigwaar meer soos ’n mens.

So is Harvey terapeuties

Hy gesels konstant en die heel beste is hy gee letterlik drukkies met sy kop!

Clare Wiese-Wentzel se Charlie (rifrug) en Mila (cockapoo)

“Charlie en Mila is vrek snaaks en propvol persoonlikheid! Hulle het elke oggend ‘n koor. Hulle sing saam, soos wolfies – die een stook die ander op. Dit begin sag en raak ’n crescendo dat die hele Clifton dit kan hoor. Ek en my man hits hulle gereeld aan, so ons deel ook in die sang. Dis nogal iets op die oor!

Kimbey (my vorige liefste hondjie) het altyd gesing wanneer ek Mozart gespeel het op die klavier. So, dis vir my baie spesiaal, dat hierdie twee hondjies ook in hulle eie reg “musikaal” is.


Wat Clare die heelste liefste het van Mila en Charlie

Alles!

Mila

Mila is my klein skaduweetjie.

Ons twee kan nie genoeg van mekaar kry nie. Sy is ongelooflik vriendelik met enigiemand wat sy ontmoet. Sy is mal oor mense, en almal wil haar altyd steel en huis toe neem! Maar sy wil NET by my wees, waarookal ek is en watookal ek doen! Sy slaap wel op Marco se kop in die aande.  Hy vat maar wat hy kan kry, want die meeste van die tyd is hy jaloers op al die aandag wat ek by Mila kry.

Cockapoos = terapiehonde

Cockapoos word gereeld as terapiehonde gebruik en ek kan sien hoekom. Hulle is net klein bondeltjies liefde, lojaliteit & altyd vol ‘boontjies’.

Charlie

Charlie is ons “Beyoncé” van die huis – ‘n regte “diva”.

Ek sê net altyd ek is bly sy het by ons opgeëindig, want kom ons sê maar net hierdie meisie hou van luukse.

Sy is versot op Marco en klim dikwels op sy skoot om te cuddle, al weeg sy 45kg! Sy is ’n baie sensitiewe siel. Ons het haar onlangs op CBD olie gesit wat baie help met angs. Sy is ongelooflik liefdevol en lojaal en wil net by haar mense wees. Charlie lê styf teen ’n mens en in die oggend maak sy jou wakker met ’n sagte oorknibbel, dis ‘n “signature” Charlie “move“!

So is Mila en Charlie terapeuties

Ek sê altyd honde maak alles beter – elke dag. Dit wat lekker is, maak hulle lekkerder. En dit was swaar is, maak hulle ligter. My man en ek kan nie ons lewens sonder hulle verbeel nie.


Ek sien ook die effek wat hulle op Marco het wanneer hy na ’n lang spanningsvolle dag by die huis kom. Dis TERAPIE in sy mees natuurlikste vorm! Wanneer hulle hoor die kar trek in by die huis, gaan staan hulle reg en wag met stertjes wat waai….

Katryn Kruger se Kenzie en Toto

Katryn het twee Rhodesiese Rifrûe; ‘n tefie, Kenzie, en ‘n reun, Toto. 

“My ma is ’n groot hondeliefhebber, so ek het groot geword met honde. My oupa was net so erg oor honde, maar ek dink tussen ons drie generasie hondemense is ek die heel ergste oor my viervoetkinders,” vertel Katryn.

Rifrûe

Ons het spesifiek besluit op die Rifrug-honderas omdat hulle baie goeie waghonde is. My man werk gereeld nagskof wanneer hy op roep is, dan is ek alleen by die huis. Rifrûe is ook baie goed met kinders en is baie lojale honde wat goed sosialiseer en baie groot persoonlikhede het. En ‘n interessante feit: Die Rifrug is die nasionale hond van Suid-Afrika. 

Hulle is so lojaal

Hierdie twee massiewe honde van my volg my deur die hele huis. Hulle gaan tot saam badkamer toe, of wag buite die deur tot ek uitkom. Hulle is soos my skaduwee en dis ongelooflik om te sien hoe hulle selfs nog meer beskermend is oor my noudat ek swanger is – iets wat hulle definitief optel. Soms sal Kenzie, my teef, sommer in die babakamer gaan lê in die sonkolletjie en dit maak my hart so vol! Ek dink wanneer babatjie eers hier is gaan hulle my beste geselskap wees vir al daai lang nagte waar ek gaan moet voed. Selfs nou is hulle vir my die beste companions, en ek dink dit gaan veral so wees wanneer babatjie hier is. 

Die stoutse ding wat Kenzie en Toto al gedoen het?

Hulle het ’n boom in ons tuin basies opgeëet. Nie uitgegrawe nie, maar opgeëet! Hulle lyk soos herbivore en sal lank so staan en aan die blare kou, selfs opspring om by die hoër blare uit te kom. Dis baie snaaks om te aanskou! Dit proe seker lekker, want hulle het dit nog met geen ander plante gedoen nie. En ag! Dis nie eintlik eers “stout” nie, dis sommer net hond-wees en ek vind dit baie komieklik. 

My honde is my hart se punt! ‘n Regte hondemens kan nie vir ander daardie liefde en toewyding beskryf nie, maar hulle verryk ’n mens se lewe so ontsaglik baie! 

Foto’s Trudie du Toit

Rolanda Marais se Burmese katte; Satski en Sneeuleeu

Rolanda saam met Satski
Sneeuleeu

Katte het ’n wonderlike terapeuties uitwerking op mense. Tydens die streng inperking het ons vir Charlotte (Rolanda se dogterjie) vir Satski gekry. En sy was ongelooflik vir Charlotte, maar eintlik vir ons almal. Satski sal sommer op my hart kom lê en spin. Ons het intussen vir Satski ’n maatjie gekry, Sneeuleeu (so ag maande).

Watter stoute dinge vang hulle aan?

Die stoutse ding wat hulle gedoen het is om een van my ontwerpers-beeldjies te laat breek toe hulle gespeel het. Hulle speel vreeslik rof.  Maar dit is net aardse goed. Hulle krap ook die banke in die sitkamer en ek sukkel om hulle te dissiplineer daaroor.

Waarvan hou Rolanda die meeste van haar kieters?

Hulle laat ’n mense se huis soos huis voel. Hulle is altyd om ’n mens en is regte observeerders. Hulle is nie needy nie, behalwe wanneer hulle wil kos hê. Hulle is net altyd in die omgewing; dit is vir my so lekker. Hulle het ’n wonderlike presence wat ’n baie kalmerend uitwerking op my en Charlotte het. As jy sit en werk en hulle kom sit op jou skoot is dit net die beste.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Leandie du Randt
Leandie du Randt se visualiseringsbord
error: Content is protected !!