tatoeëermerk-nasorg
tatoeëermerk-nasorg

Tatoeëermerk-nasorg

Die regte tatoeëermerk-nasorg is baie belangrik. En as jy ’n ‘waterbaba’ is, is die somer nie die beste tyd om ’n tattoeërmerk te kry nie, want swem is uit vir twee weke. Deur Suzanne Kotzé

Maggie Murray van Carvel Studio, Kaapstad gee raad oor tatoeëermerk-nasorg

Maggie Murray Foto: Foto’s: Liesl Le Roux, Tattoeëerkunstenaar: Maggie Murray, Hare en grimering: Merle Titus; Blomme: Theresa Potgieter van bedinkt.com Stilis: Robynn Deedat 

Moets en moenies van tatoeëermerk-nasorg

Foto: Carvel

Moets

  • Was jou hande elke keer voordat jy aan jou nuwe tatoeëermerk vat. Dit help om infeksie te voorkom.
  • Verwyder die verband versigtig twee tot vier ure nadat jy jou tatoeëermerk gekry het.
  • Was jou tatoeëermerk sagkens met seep en louwarm, lopende water. Maak seker om ontslae te raak van die oortollige salf, bloed en enige ander oorblyfsels.
  • Gebruik ’n pH gebalanseerde wasmiddel wat geurvry en anti-bakterieël is.
Maggie beveel Flash Heal Tattoo Wash (R140, flashheal.co.za) aan
  • Druk jou tatoeëermerk liggies droog met ’n skoon, droë handdoek of papierhanddoek en wend ’n klein bietjie (nie te veel nie!) salf aan.
  • Reining jou tatoeëermerk elke oggend en aand.
  • Wend room elke drie ure aan totdat jou tatoeëermerk genees is.
Maggie beveel Flash Heal Tattoo Tonic (R149, flashheal.co.za) aan

Moenie’s

  • Jou tatoeëermerk in water week nie. So geen swem of bad nie en slegs kort storte.
  • Krap nie. Die rofie wat na ’n paar dae vorm gaan begin jeuk, maar weerstaan die versoeking om te krap! As dit begin jeuk, was dit eerder en wend nog salf aan.
  • Jou tatoeëermerk aan direkte son blootstel vir vier tot ses weke daarna nie. En wend altyd sonskerm aan.
Ons sê: probeer Eau Thermale Avène Intense Protect 50+ (R329), beskikbaar by Superbalist)
  • Stywe klere dra nie.
  • Oefen (en sweet) totdat jou tatoeëermerk gesond is nie.

Dit neem omtrent twee weke vir jou tatoeëermerk om te heel, maar dit kan tot vier maande neem vir ’n tatoeëermerk om heeltemal gesond te wees.

Onthou jy kan nie ’n tatoeëermerk kry as jy:

  • Swanger is of borsvoed nie
  • Jy siek is of antibiotika gebruik nie
  • Jy onder die invloed van drank of dwelmmiddels is nie
  • Jy jonger as 18 jaar is nie.
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Jou wenkbrougids; alles wat jy moet weet, van produkte tot wenkbroubehandelings
error: Content is protected !!