Gekies en gekeur: Gesigreinigers

Gesigreinigers – ’n belangrike stap in enige velsorgroetine, moontlik een van die belangrikste stappe. Justine se vel doen bollemakiesies die afgelope ruk vandat sy Roaccutane begin gebruik het vir volwasse aknee wat net nie sy gly wil kry nie. Met die sprong van ’n kombinasie olierige vel tot ’n kombinasie droë vel byna oornag was dit nodig om produkte en sodoende reinigers in die proses te verander. Lees meer oor die drie reinigers wat ons graag hier aanbeveel: Deur Justine Kroes

18/03/2022

Hoekom is goeie gesigreinigers belangrik?

  • ’n Goeie reiniger verwyder vuilheid en oortollige olie en bakterieë wat deur die loop van die dag opbou. Om die vuilheid nie ordentlik te verwyder nie, kan lei tot ’n probleemvel, vergrote porieë en nog meer.
  • Sonder goeie reiniging sal geen produk ordentlik jou vel kan binnedring en doen wat dit ten duurste beloof om te doen in die dieper lae van die vel nie.
  • Reinigers gee ook ’n hupstoot aan jou vel se hidrasievlakke, om jou vel gereeld goed te reinig (met die gebruik van ’n gesigroom daarby) sorg dat jou vel ’n gesonde hidrasievlak behou.
  • Daarby is reiniging belangrik om die pH-vlak van jou vel gesond te hou.

Drie gunsteling gesigreinigers:

SKOON Gel to Milk Cleanser + Makeup Remover (R209,95)

Ek het voorheen die Clay Cleanser van SKOON gebruik toe ek nog gessukel het met ’n olierige vel. Maar met die dat my vel nou meer droog (en ’n bietjie sensitief) is, vind ek die SKOON Gel-to-milk reiniger lieflik strelend op my vel. Danksy die seepvrye formulasie verander die jel tekstuur van die reiniger na ’n melkerige tekstuur sodra jy water hierby voeg.

Ek gebruik altyd eerste Micellar water op ’n stukkie watte om my grimering te verwyder en volg daarna met ’n gesigwas. Die SKOON Gel-to-milk cleanser voel lieflik strelend op my vel, gedeeltes wat ekstra droog is (veral rondom die hoekies van my neus) brand nie en daarby voel my vel skoon, sag en gehidreerd. Die reiniger is geskik vir kombinasie, droë en sensitiewe veltipes, ek beveel dit beslis aan.

Institut Esthederm Gentle Deep Pore Cleanser (R540)

Vroëer vanjaar by ’n Institut Estederm produkvrystelling het grimeerkunstenaar Renee de Witt gedeel hoe sy graag die gesigwas as ’n masker gebruik op sekere gedeeltes op haar gesig. Ek het haar slim raad gevolg en ek kan eenvoudig nie sonder hierdie reiniger nie. Dit is wel nie jou tipiese reiniger nie – die “gesigwas” kan jy tot drie keer per week gebruik as ’n “diep” porieë reiniger, wat op dieper vlakke van die vel reinig.

Wend die reiniger op ’n skoon gesigvel aan en masseer totdat die room al hoe dikker raak. Ek gebruik dit effens anders – ek wend die reiniger op probleemareas aan (nie my hele gesig nie) en masseer totdat die room al hoe moeiliker masseer, ek laat dan die produk vir so 10 minute op my vel aan, en spoel daarna af. My vel voel sag, minder rooi en minder inflammasie is sigbaar op die areas direk na aanwending.

Avène Tolérance Extremely Gentle Cleanser (R279)

Hierdie reiniger is gepas vir selfs die mees sensitiewe velle, met een van die hoofbestanddele, D-Sensinose™, ’n gepatenteerde bestanddeel uit die Avène Thermal Spring Water wat die vel streel en kalmeer asook die vel se sperfunksie herstel. Die gesigwas bevat ook geen preserveermiddels, kleurstowwe en parfuum nie.

Ek gebruik graag die gesigwas wanneer my vel ekstra sensitief en droog voel. Dit verwyder blitsvinnig my grimering en die bonus?  Jy hoef nie die gesigwas af te spoel nie (veral lekker vir daardie lui aande!). Ek vryf ’n paar druppels in klein sirkelbewegings oor my gesig en vee die vuilheid met ’n stukkie watte af. Beslis ’n moet vir droë en sensitiewe vel.

Lees ook: N°1 de Chanel; 10 jaar later

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Michelle Ludek bubble skirt
Borrelrompe is ons nuwe somerstaatmakers
error: Content is protected !!