Swembroek-kies wenke, hou dit in gedagte

Swembroek-inkopies is vir die meeste van ons ’n uitdagende uitstappie, maar dit hoef nie te wees nie. Hou hierdie swembroek-kies wenke in gedagte wanneer jy weer op soek is na een. Van die materiaal tot die ontwerp en die regte snit vir jou lyfvorm. Hier’s alles wat jy behoort te weet voordat jy jou swembroek-kies, plus die 17 mooiste swembroeke nou op ons kooplysie. Deur Justine Kroes

14/04/2024

1. Maak ’n lysie

Voordat jy met jou swembroeksoektog begin, maak vir jouself ’n lysie, dink aan elemente waarvan jy hou in ’n swembroek en waarvan jy nie hou nie. Dink terug aan jou vorige swembroek-kopies, wat het gepla het. Watter styl of snit laat jou goed voel? Hou hierdie lysie in gedagte wanneer jy jou volgende swembroek kies.

Baye London Ruched Side Swimsuit Pink Palm (4,255)

2. Pas aan

Ons almal maak die fout, ons geduld in die winkels raak min en ons voel moedeloos om nog ’n slag klere aan en uit te trek. Maar as jy nie aanpas nie, mag dit jou in elkgeval ’n klompie ekstra moeite en tyd kos om terug te keer winkel toe en jou swembroek om te ruil.

Cotton On RUBI Thin Strap Low Scoop One Piece Cheeky (R449)

3. Hou jou persoonlike styl in gedagte

Jou swembroek vorm deel van jou klerekas en so ook jou persoonlike styl, kies dus ’n swembroek wat by jou pas, As jy van kleur en patrone hou, kies ’n helder bont swembroek. As jou persoonlike styl meer elegant en minimalisties is, kies ’n simplistiese swart en wit ontwerp byvoorbeeld.

Dink aan jou klerekas en styl wanneer jy weer op soek is na ’n swembroek.

Old Khaki Women’s Siena V-Neck Swimsuit (R899)
Old Khaki Women’s Tina One-Piece Stripe Swimsuit (R899) yellow and white

4. Jou swembroek is meer as net ’n swembroek

Jou swembroek hoef nie net ’n swembroek te wees nie, jy kan vandag jou swembroek as ’n “bodysuit”/eenstuk dra by ’n romp of selfs by ’n denim vir ’n aandjie uit. Hou dit in gedagte om meer “dratyd” uit jou swembroek te kry.

5. Hoe aktief is jy in jou swembroek?

Dink gou terug aan hoe aktief jy is in jou somerswembroek, swem jy graag, speel jy met jou kinders in die swembad of see, of lê jy net luilekker in die son en beweeg so min as moontlik?

Jou antwoorde op die vrae sal vir jou ’n aanduiding kan gee oor die tipe swembroek wat jy behoort te kies. Indien jy graag swem, spring, en duik in die swembad (of see) dan sal ’n afskouer of eenskouer swembroek nie vir jou werk nie. Hou daardie style vir mooi lyk op die strand of langs die swembad en kies eerder ’n gemaklike swembroek met behoorlike bandjies.

Baye London One Shoulder Swimsuit Yellow White (R4,025)

6. Materiaal is belangrik

Stel behoorlik ondersoek in, raak en voel aan die swembroek, ’n materiaal wat UPF sonbeskerming bied is natuurlik eerste prys. As die materiaal te dun is sal die swembroek vinnig vaal, oud en uitgewas lyk en boonop maklik skeur. Ons topwenk – kies ’n swembroek wat gevoer is, ’n dubbele lagie materiaal is nie net vleiend om al die kurwes nie, dit verseker boonop g’n deurskyn situasies nie

Ocean shaping swimsuit – wine berry Hunkemoller (R1099)
Mr Price Asymmetrical Monokini (R229,99)
Woolworths Lemon Tie-Up Underwire Swimsuit (R499)

7. Kies die regte swembroek vir jou lyfvorm

Kies die swembroek wat jou bates die beste gaan vlei hierdie somer. Maak net seker jy weet watter van hierdie vier liggaamsvorms is die meeste jy, en pas jou swembroek-kopie daarby aan.

Mooiste swembroeke op ons kooplysie

Mr Price Red Monokini (R229,99)
Baye London One Shoulder Swimsuit White (4,025)
Mr Price Leopard Print One Shoulder Bikini Top (R119,99)
Old Khaki Women’s Delora One-Piece Swimsuit (R999)
Baye London Push Up Bikini (R2,185)
H&M Padded-cup frill-trimmed swimsuit – black (R479)
H&M Padded Cup One Shoulder Swimsuit (R629)
Poetry Indie Embroidered Ruffle One Piece Swimsuit (R1 299)
Poetry Adelle Printed One Shoulder Swimsuit (R1099)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
skoenstyle
10 Somer-skoenstyle nou op ons radar
error: Content is protected !!