Somer, see, son en daarby oefening en sweet veroorsaak in my geval ’n droë vel. Van my voorheen kombinasievel was hierdie iets nuuts om te takel. Gelukkig het hierdie superhidrasie-serum van Institut Esthederm blitsvinnig ’n soepelsagte gelaat verseker. Lees meer oor die Institut Esthederm Intensive Hyaluronic Acid Serum hier: Deur Justine Kroes
Wat is Hialuroonsuur?
Hialuroonsuur is ’n molekule wat natuurlik teenwoordig is in die vel en ook in die vel se waterreserwe te vinde is. Hialuroonsuur word dus as ’n bestanddeel gebruik wat hidrasie op dieper vlakke van jou vel (epidermis) bewerkstellig. Om ’n bestanddeel soos hialuroonsuur te gebruik help nie net om jou vel te bevogtig nie maar ook om dit plomper te laat lyk.
Die Institut Esthederm Intensive Hyaluronic® Serum bestaan uit drie verskillende tipes hialuroonsuur wat dieper lae van die epidermis binnedring om sodoende jou weefsel op te vul en op te plomp met water (koebaai fyn lyntjies!). Die serum beloof ook om die natuurlike watervlak van jou vel te herstel sodat jou vel sagter, meer soepel en gemaklik voel.
Justine toets die “Superhidrasie-serum”
Ek het meer as ooit van tevore tyd in die son en water deurgebring tydens Desember en Januarie – en daarby weer my draftekkies afgestof, die oormatige sweet (stopstraatrooi gesig na elke sessie!), son en seewater het beslis my vel meer uitgedroog en sensitief gelaat. Ek het geweet ek moet dringend my vel voed met ekstra hidrasie en ek is so dankbaar vir die Institut Esthederm Intensive Hyaluronic Acid Serum (R1 075 beskikbaar op SkinMiles, by Superbalist en Dis-Chem apteke).

Na drie weke se gebruik (soggens en saans voor my dag/nagroom) kan ek die volgende agterkom:
- My vel voel nie meer droog, styf en trekkerig nie, selfs net na ek dit gewas het ook.
- My vel is minder sensitief – die droogheid het beslis velsensitiwiteit vererger.
- Die fyn lyntjies rondom my oë is “sagter” en nie meer so definitief nie.
- Ek gebruik minder gesigroom omdat my vel nie meer nodig het om alles op te slurp nie!
- My grimering bly langer aan – ja selfs in die hitte! Voorheen het my onderlaag vir my “krakerig” en “vlokkierig” begin lyk omdat my vel so droog was.
Lees ook: Skoon Sun Guardians