Hierdie kreatiewe leergordels; of eerder modekuns, is danksy die samewerking van twee v ontwerpers; Michelle Ludek en Nina Skep. Deur Suzanne Kotzé
Die leergordels ‘co-lab’
Die Kaapse ontwerper, Michelle Ludek, het geen bekendstelling nodig nie. “Ek het so ’n bietjie meer as ’n jaar gelede Nina Skep se mooi handsakke op Instagram raakgesien en was dadelik mal daaroor. Ek het haar gekontak en van haar sakke saamgeneem Kamers Makers toe en het dit ook in my winkel begin verkoop,” vertel Michelle.
“Ek was (en is steeds) splinternuut in ontwerp en toe Michelle soos ’n engel uitreik na my en deel dat sy van my ontwerpe hou en dat sy my wil help, kon ek dit nie glo nie. Sy het nie net my sakke saamgeneem Kamers Makers toe nie, maar sy het ook vir my soveel leiding gegee op ’n emosionele en besigheidsvlak. Met haar pumping-up peptalks is sy die heel beste mentor om te hê,” vertel Nina Steyn.
Wat die twee ontwerpers oor mekaar se ontwerpe te sê het
Nina Skep oor Michelle Ludek
“Ek dra al jare lank Michelle se klere deur verskillende seisoene in my lewe. Haar ontwerpe is nie net lig en opbouend in kleur en vorm nie, maar dit laat jou ook 100% vroulik dog 100% sterk voel. Reg om enigiets te takel.
Haar ontwerpe is vleiend, lyfpositief en baie herkenbaar.
Jy kan ’n Micehlle Ludek dadelik uitken.
Michelle Ludek oor Nina Skep.
“Ek hou van hoe uniek en oorspronklik Nina se skeppings is. Elkeen het hulle eie persoonlikheid en soos kunswerke, sal jou gunsteling tot jou spreek.
Ek is ook mal daaroor dat hierdie ‘groot talent’ bedags ’n dokter is en saans ’n kreatiewe ‘genie’.
Sy moet verseker iewers ’n superheld jas hê om haarself so goed te kan vermom gedurende die dag.
Die inspirasie vir die leergordels
Nina vertel: “Ek hou daarvan om goed te skep wat opwindend en anders is. Toe Michelle my vra om saam gordels te ontwerp, was ek so opgewonde. Nie net oor die gordels nie, maar ook om saam met haar te werk en van haar te leer.
Daar is reeds soveel leergordels te koop, en ek wou graag iets opwindends en anders skep. Deur te dink aan ’n gordel wat enige lyf en grootte kan pas, het my dadelik die idee gegee om ’n omvou (wrap) gordel te ontwerp. Ek is mal oor tossels en fringes en sirkels en vorms.
Waar kan jy hierdie skeppings koop?
By Michelle Ludek se winkel in The Watershed, V&A, Kaapstad of deur Insta message. Vir Michelle (klik hier) of Nina (klik hier).