skoon sun guardians
skoon sun guardians

Somerspeelmaats: Skoon. Sun Guardians

Sonbeskerming bedags en ekstra hidrasie snags is net wat ons nodig het in die warmer weer en dit is presies wat Skoon. Sun Guardians bied. Deur Suzanne Kotzé.

Skoon. Sun Guardians

Skoon. het die Sun Guardians-stelletjies net betyds gestuur om in my vakansiesak te gooi en my vel was maar te dankbaar. Die produkte is presies wat jou vel nodig het in die hitte.  Vir ’n ware ‘vis’ soos ek wat net nie genoeg kan swem gedurende die somer nie is hierdie ’n welkome toevoeging tot my somervelsorgroetine. Dit is klein en lig genoeg vir jou naweek- of vakansiesakkie en neem ook nie baie plek op tuis nie. (Ek gebruik hierdie ook pal na die vakansie).

Hierdie twee het op my bedkassie geleef tydens vakansie. En ek gebruik dit steeds.

Die stelletjie bestaan uit: SunnyBonani (’n beskermende dagroom) en Nite Love (’n teenbesoedelings-nagserum)

SunnyBonani vir bedags

Die dagroom bevat onder meer rooibos wat soos die meeste van ons weet is dit ’n kragtige anti-oksidant. Dit bevat ook sink (wat as fisiese sonskerm dien). Die minerale sonskerm bevat geen chemiese sonskermfilters nie en bied beskerming teen UVA- en UVB-strale. Die room is taamlik loperig (so pasop dat jy nie mors nie). Dit smeer maklik in en laat glad nie jou vel taai voel nie.

Ek het wel op buitelug- en stranddae ekstra sonskerm aangesmeer aangesien hierdie sonskerm nie waterbestand is nie (en ek hoër sonskerm vir sonnige dae verkies).

Nitelove vir saans

Die Nitelove serum is propvol aktiewe bestanddele, help om jou vel teen besoedeling te beskerm en werk om daaglikse sonblootstelling en skade te herstel.  Dit bevat drie verskillende groottes hialuriensuur wat jou vel op verskillende dieptes bevogtig. Niasinamied (Vitamien B3) bly van een van ons gunsteling velsorgbestanddele. Niasinamied is bekend daarvoor om jou vel se beskermingsmeganisme (ook bekend as jou sperfunksie) teen waterverlies en dehidrasie te beskerm. En soos ons nou sweet in die hitte, is dehidrasie beslis ’n realiteit! Dit help ook daarmee om ’n oneweredige veltoon, veral weens sonskade, meer eweredig te laat lyk. Die serum trek super vinnig in, so asof jou vel dit opslurp. Ek het na die serum ’n bevogtigende nagroom ook gebruik, aangesien my vel droog en gedehidreerd is na al die swem en son.

Jy kan die produkte as die Skoon Sun Guardians-stel koop vir R1 395 (nou op uitverkoping vir R849,95, by skoonskin.com !)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Chanel celebrity
Wat beteken dit om bekend te wees?
error: Content is protected !!