Super hidrerende lip-olie en nuwe handsak stapel-item

Daar is maar net iets omtrent ’n lip-olie wat bietjie meer luuks voel as ’n lipglans maar steeds so hidrerend is as ’n lipsalf. Toe hierdie lip-olie op die Stylvol lessenaar beland het was ek dadelik geprikkel, ek het sommer blitsvinnig getoets, hier’s wat ek daarvan dink: Deur Justine Kroes

Eerste indrukke:

Na jare (en jare) se lip produkte toets weet ek ’n lip produk is lekker wanneer ek bly gryp daarvoor. Ek vind myself gereeld spesifiek hierdie lip-olie uitsoek bo al die ander wat in my handsak lê.

Revlon Super Lustruous Glimmer Lip Oil in Glow Mama (R190)

Reg uit die buisie dink ek onmiddelik die Revlon Super Lustruous Glimmer Lip Oil (R190) is ’n bederf vir my sintuie. Dit het ‘n baie ligte, amper jel-tipe gevoel wat foutloos oor my lippe aanwend. Glad nie taai of swaar nie en die aanwendingstokkie se kussinkie voel groot genoeg en so sag op my lippe.

Nie net ’n lekker lipglans nie:

Kom ons gesels bestanddele, hierdie lip-olie lyk nie net mooi nie, dit “werk hard” agter die skerms ook. Die lip-olie bevat ’n hidrerende plantgebaseerde squalane – ’n raakvat bestanddeel wanneer dit kom by hidrasie en sagte lippe.

Dit voel sysag:

Kussingsag en een van daardie produkte wat jy heeltyd aanwend omdat dit dit ’n sensoriese goedvoel oomblik skep. Dit dra soos ’n lipsalf maar lyk soos ’n glans sonder die irriterende “hare plak aan my lippe vas” gevoel. Die glinster is ultra-fyn en geen uitgedroogde lippe gevoel as die produk na ure afgevee het nie.

Revlon Super Lustruous Glimmer Lip Oil in Miss Coral (R190)

5 Redes waarom hierdie lip-olie ons nuwe handsak-stapel is:

1. Dit is ’n “multi-tasker” en veeldoelig

’n Lip produk wat gedeelte lipglans, gedeelte lipsalf en gedeelte lip-behandeling is met ’n effense kleur daarby. Een swiep oor my lippe en my lippe voel gehidreerd en reg om te gaan. Veral wonderlik vir dae wat ek minder grimering dra. Dit werk net so goed bo-oor lipstiffie wanneer ek ekstra glans op my lippe nodig het (met hidrasie daarby!).

2. G’n taai blink en glans

Nee niks van daardie taai taai vroeë 2000’s lipglans gevoel nie! Hierdie lip-olie bied glas-agtige glans sonder die plakkerige gevoel en hou verbasend lank op my lippe.

Revlon Super Lustruous Glimmer Lip Oil in Plum Pop (R190)

3. Velsorg voordele met natuurlike bestanddele:

Dansky die hidrerende plantgebaseerde squalane wat lippe versorg en hidreer lyk my lippe sommer meer plomp en winterlippe is iets van die verlede.

4. ’n Grootmens glans

As ons praat van glans dink ons almal dadelik aan daardie aaklige kasterolie lipglans met harde blinkers (die tiener in jou sal hierdie onthou!).

Revlon lip-olies se glinster is elegant en vang net genoeg lig om jou lippe voller, varser en gesond te laat lyk.

Revlon Super Lustruous Glimmer Lip Oil in Miss Coral (R190)

Dit beteken natuurlik nie dat jou tiener (of tween dogter) nie hierdie lipstiffie uit jou handsak sal steel nie – myne doen en ek moet dit gereeld terug “steel!”

5. Ses subtiele skakerings

Die lip-olie is beskikbaar in ses sagte en subtiele skakerings – van pienk tot koraal en pers-rooi. Hierdie skakerings lyk wel donkerder in die houertjie as op jou lippe self – die kleur is baie lig en net so effens byna deursigtig.

Dit werk net so goed bo oor lipstiffie wanneer ek ekstra glans op my lippe nodig het (met hidrasie daarby!).

001 Candy Hearts; 002 Miss Coral; 003 Glow Mama; 004 Gone Rose; 005 Vio-Lit; 006 Plum Pop

The Revlon Super Lustrous Glimmer Lip Oil is ’n skoonheid-stapel (R190) wat ver bo sy pryspunt werd is. Hierdie mag dalk net die lip-olie wees wat jy nie geweet jy nodig het nie.

Gooi in die mandjie? Absoluut!

Gooi in jou handsak? Ons is reeds daar!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Isabel de Villiers runway
Isabel de Villiers se klerekuns
error: Content is protected !!