Ons het self nie krulhare nie en bewonder altyd die manier waarop Instgrambekendes Annette Nel and Paula Bee hulle krulle omhels en stileer. Ons het vir Paula Bee (@mspaulabee) en Annette Nel (@annettaprimadonna) hul top krulhaarwenke gevra; van praktiese raad, moets, moenies tot produk-voorstelle, leer meer hier: Saamgestel deur Justine Kroes
23/01/2025
1. ’n Goeie haarsnit kan jou krulhaarvoorkoms maak of breek
“Plat krulle is nie in nie”, verduidelik Annette. Kry bons en beweging deur ’n krulhaarstyl met vele ‘layers’ te sny. ’n Kort layer by die kroon van jou kop gee lekker hoogte. “’n Goeie krulhaar haarkapper sal gewoonlik jou hare droog sny, of aandag aan elke individuele area gee om sodoende die krulpatroon in ag te neem” sê Annette.
“Die verkeerde haarkapper of haarsnit kan jou krulpatroon opvoeter. Beter nog – leer self jou hare sny, ’n mens kan met baie wegkom met krulle”
2. Identifiseer jou krultipe
Deur jou krultipe te identifiseer sal jou jou krulhare beter kan verstaan en sodoende die regte produkte en stileermetodes volg. Annette se wenk “gaan lees op oor die verskillende krultipes en identifiseer of jy ’n wavy, curly of coily is en watter nommer en vlak. Ek is self ’n 3B.”
Daar is 9 verskillende krulhaartipes, loer na die diagram om jou krultipe te ontdek:

A2 Ligte golwe (Light waves)
A3 Klassieke krulle (Classic curls)
A4 Effens gerolde krul (Slightly coiled)
B2 Sagte golwe (Soft waves)
B3 Spiraalkrulle (Spiral curls)
B4 Gekurfde krulle (Kinky curls)
C2 Gedefinieerde golwe (Defined waves)
C3 Kurkskroef krulle (Cork screws)
C4 Super gekurfde krulle (Super kinky curls)
3. Vermy produkte wat te swaar is
Anette sê; “Vir lekker bons, laat staan eerder die opknapper en sogenoemde curl creams. Hierdie produkte maak die krulle swaar en uitgerek. ’n Mousse of gel is ligter en hou die kroes (frizz) vir langer weg.
Paula stem hiermee saam “Opknapper (conditioner) is nie ’n stileerproduk nie, ek het self baie die fout gemaak toe ek jonger was (dit was ook eintlik al wat daar op daardie stadium beskikbaar was vir ons met krulhare). Opknapper is ’n produk wat uitgewas moet word, as jy dit as ’n stileerproduk gebruik en te lank in jou hare los sal dit eintlik jou krulle uitdroog.
4. Produkte om eerder te gebruik:
Deesdae is daar so baie verskillende tipes krulhaar produkte beskikbaar, sê Paula, maar kies ’n stileerproduk (of dit nou die krul definieer of of volume skep), wat jou krultipe en tekstuur pas.
Ek is self ’n 3B krulmeisie en ek gebruik produkte wat taamlik lig is en nie die hare aftrek onder toe nie.
Anette sê “Baie krulprodukte is vir etniese tekstuur hare gemaak en gaan nie noodwendig vir jou hare werk nie. Bestudeer die produk voor jy koop en lees die etikette aandagtig deur, baie prdukte sal aanwys of dit geskik is vir “curlies” of “coilies”. Byvoorbeeld party jelprodukte werk nie so goed op krulhare nie maar werk wel weer by afrostyle.
Annette se gunstelinge produkte: “Ek gebruik graag Lee Stafford en Umberto Giannini produkte op my krulhare. Vir ’n gel gryp ek gewoonlik ’n Revlon een. Haarsproei help om daardie kroes (frizz) te beveg en hou jou kapsel mooi in plek.
5. Jou stileermetode is baie belangrik
“Jy hoef glad nie ’n streng metode soos die Curly Girl Method slaafs na te volg nie. Ek het nog nooit nie en my hare is gesond en my krulle groot” sê Annette.
Let op hoe jy die produkte “layer” en aanwend. Die “scrunch” en “praying hands” tegnieke van produkte op jou krulle aanwend help die produk eweredig tussendeur jou krulle te versprei.

Ek wend gewoonlik eers ’n mousse aan en daarna ’n haarjel vir definisie. Ek fokus ook eerste op die wortels vir lekker hoogte. Eksperimenteer met watter produkte lekker saam werk op jou hare en krultipe.
Wanneer jy jou hare droogmaak, gebruik altyd ’n verspreider aanhegsel (diffuser) aan die haardroër, anders steel jy jou krul se bons.
Annette Nel (@annettaprimadonna)
Verfris jou krulle elke paar dae deur met nat hande die krul weer styf om jou vingers te draai. Is Annette se haarstileringraad.
6. Reguit blaas? Hier’s raad:
Annette waarsku “Gereeld reguitblaas of reguitmaak gaan jou krulle beskadig – sweer dit liewer af as jy mooi krulle wil hê. Hittestilering verleer oor tyd jou krulpatroon en beskadig jou hare. Droë, kroeserige hare maak nie mooi krulle nie.
Omarm jou krulle – dis mooi, raar en uniek en ’n deel van wie jy is!
Paula verduidelik wel, as jy jou hare wil reguitblaas is water jou beste vriend. Of jy nou hare reguit blaas of diffuse wil jy nooit met droë hare werk nie, dit sal jou krulle beskadig. Maak altyd seker elke gedeelte wat jy blaas is baie nat (en dat jy genoeg produk op jou krulle het) voordat jy daardie gedeelte blaas of diffuse. Hierdie stap keer ook dat jou hare kroes.

7. Sorg vir jou lokke
Paula sê, “doen als wat jy kan om jou krulle op te pas en vir hul te sorg, deur byvoorbeeld saans op ’n sy kussingsloop te slaap met ’n sy “hair bonnet” om jou hare en krulle teen wrywing te beskerm.
Gebruik ook ten minste een keer elke twee weke ’n bevogtigende behandeling op jou hare om seker te maak jou hare is gesond, gelukkig en gehidreerd.