Hierdie tekstuursproei gee wonderlike volume vir Suzanne en ook nuwe bons aan Justine se krulle. Die Indola Act Now Texture Spray is boonop veganisties en meer omgewingsvriendelik.

Tekstuursproei: Indola Act Now Texture Spray
Indola sê:
Die droë formule gee deurmekaar (tousled) volume met tekstuur. Jou hare het beweging en ’n subtiele ‘greep’ (grip). Dit bevat geen silikoon nie. Die alumumiumverpakking is permanent herwinbaar.
Suzanne sê:
Wow, hallo volume! Hierdie werk soos ’n volume-bom vir daardie dae wat ek nog hare wou droogblaas, maar na rondskarrel is my hare alweer droog. Ek is gelukkig dat my hare net reguit hang, maar dit hang ook pap en sonder volume. ’n Paar spuite van die droë formule lig my hare (baie!) en skep daardie effense deurmekaar voorkoms. En met deurmekaar bedoel ek daardie strand-voorkoms. Ek het dit wel ook al gebruik nadat ek ’n haaryster gebruik het en dit op my wortels gespuit vir ekstra hoogte, en dit het hoogte gebied sonder om die gladde voorkoms onnet te laat lyk.
Produkte wat tekstuur gee, is gewoonlik die stileerproduk wat ek die meeste gebruik. Baie ander tekstuurprodukte laat egter jou hare effens taai voel en jy voel dit gewoonlik op jou vingers ook as jy die produk klaar deurgewerk het. Dis glad nie so met hierdie sproei nie.
Justine sê:
Ek krul graag my hare met my haaryster. Ek gebruik hierdie tekstuursproei op die tweede dag wanneer my krulle al bietjie pap geval het. Ek spuit dit op my haarpunte en dit voel of dit sommer nuwe bons gee aan my krulle. Sommige produkte kan jou hare effens wit agterlaat, maar hierdie is heeltemal onsigbaar op my donker hare.
Indola Act Now reeks
Indola se nuwe Act Now reeks is veganisties en word van natuurlike bestanddele gemaak. Die reeks lê klem op volhoubaarheid en om omgewingsvriendelik te wees. Dit bevat geen silikoon, sulfaat, parabene of kunsmatige kleurstowwe nie. Tot 97% van die plastiek wat Indola gebruik is reeds herwin en hulle verpakking is ook ten volle herwinbaar.
Lees meer oor die verpakking hier: