Ons het twee sussies ontmoet wat ’n nuwe aanlyn skoonheidswinkel STRL? – wat in Afrikaans staan vir Skoon. Sonder [Wreedheid]. Straal(end) – begin het. Ons leer meer oor hulle produkte en waardes en toets van die nuwe produkte. Deur Suzanne Kotzé.
Die STRL? sussies
Eers meer oor die twee sussies, Bernice en Chrystene
“Beide van ons het deur ons eie persoonlike ervaringe en health journeys besef hoe belangrik dit is om te weet wat jy op jou gesig sit, wat jy in jou lyf sit en wat jy in jou omgewing sit.
Chrystene is ’n gewalifiseerde en ervare somatoloog/skoonheidsterapeut en sy het vir nege jaar in die buiteland gewerk met van die wêreld se luuksste skoonheidsprodukte. Bernice het in Frankryk studeer waat sy skoon skoonheid ontdek het. “Franse vroue is baie daarop ingesteld om hulle natuurlike skoonheid te beklemtoon en te verbeter met produkte wat sagter, meer natuurlik en minimalisties is,” vertel sy.
- Chrystene se hare lyk altyd perfek (dik,sterk, gesond en sonder kroes) terwyl Bernice se hare soos ’n voëlnes lyk, maar sy het altyd lipstiffie aan.
- Chrystene het allergieë wat veroorsaak het dat sy super-bewus geraak het van watter produkte sy kan aanwend en as gevolg daarvan lees sy bestanddele-lysies op produkte altyd noukeurig.
- Bernice vind die skoonheidsvoordele van granate fassinerend en is altyd op soek na produkte met granaat-ekstrak as bestanddeel en ook vir inwendige gebruik as gevolg van granaat se positiewe effek op die vel se mikrobioom.
Maar wat is STRL?
STRL? is op die oomblik net ’n bekendstelling van ons platfom aan Suid-Afrika. Vandaar die vraagteken. Dit is ’n aanlyn skoonheidswinkel met ’n nuwe tipe standaard waar al die produkte reeds nagegaan is volgens ons vereistes.
Dit is luuks en sjiek, maar skoon. Skoon maar steeds effektief. Effektief maar sonder die wreedheid teenoor diere.
“Die boodskap is ook om minder te gebruik, maar beter.”
“STRL? wil die huiswerk namens die publiek wil doen. “Ons wil ’n unieke standaard handhaaf met duidelike riglyne vir kopers sodat hulle presies weet wat hulle kry. Duidelike riglyne bevorder vertroue (en ons wil graag ’n vertroude platform wees) terwyl dit die koopproses vir die nuwe koper vergemaklik.
Al ooit voor ’n rak gestaan met honderde produkte en te oorweldig gevoel om elkeen te google? Waar dit vandaan kom, en of dit wreedheidsvry is en of dit ‘n bestanddeel bevat wat jy dalk wil vermy? Wel, siedaar, welkom by STRL?,” sê die twee sussies.
Die produkte wat hulle verkoop moet almal aan die volgende vereistes voldoen:
Skoon
Ons kyk na bestanddele namens die koper.
Skoon skoonheid gaan oor beter keuses. Beter keuses vir jouself, beter keuses vir die omgewing, en beter keuses vir ander (hetsy dier of mens). Dit gaan oor volhoubaarheid – die skoonheidsindustrie is een van die mees onvolhoubare industrieë ter wêreld. Ons wil verbruikers help opvoed en hulle in staat stel om beter keuses beskikbaar te hê.
Sonder wreedheid
Ons skoonheidsprodukte is almal wreedsheidsvry (onthou dit verwys na toetsing op diere en nie noodwendig na veganisme nie). Baie van ons produkte is wel veganis-vriendelik. Ons sit notas by al ons produkte vir vinnige indentifisering bv dat die produk byewas bevat (en nie veganis vriendelik is nie) sodat die STRL? koper nie per ongeluk iets koop wat nie aan hulle etetiese vereistes voldoen nie.
Stralend en koel
Ons wil straal; van buite as gevolg van skoon skoonheidsprodukte wat nie toegee op kwaliteit of effektiwiteit nie) en van binne. Skoonheid en velsorg is altyd iets wat holisties benader moet word, en om van binne te straal moet mens ook die fisiese en psigiese in ag neem.
Voordat ons ’n nuwe handelsmerk aanvaar, kyk ons eers of die storie daaragter ook ons etiese waardes uitstraal.
Koel verwys daarna dat baie van hierdie nuwerwetse produkte nie kompenseer nie. Van wonderlike bestanddele tot mooi verpakking, moeite met innoverende vervaardigingsprosesse, opvoeding en leiers op die terrein van nuwe innoverende bestanddele en prosesse.
Van die handelsmerke wat tans by STRL? te koop is
Salt & Stone
Bernice gebruik slegs natuurlike deodorant en ons wou graag ’n skoon deodorant bysit waarvan ons hou. Salt & Stone het van die skoonste, natuurlike deodorantformulasies wat ons al gesien het.
Die produkte vertoon sjiek, is op volhoubaarheid gerig en ruik boonop ongelooflik.
Die sonskerm bevat sink-oksied wat sonbeskerming bied, maar ook ander bestanddele wat heerlik voel op jou vel soos roosbottel-, avokado- en kokosneutolie en groen teeblaar-ekstrak.

Stylvol sê
Suzanne: Ek dink nie ek sal ooit weer ’n ander deodorant as die Eucalyptus & Cedarwood (R300 vir 75ml) kan gebruik nie. Die reuk is ongelooflik en selfs na oefening het ek nie sweterig geruik nie. Dit voel ook heerlik sag, amper asof ek room aansmeer aan my onderarms. Ek gebruik dit nou al vir ’n maand en dit voel asof daar nog baie in die houertjie is, wat dit die geld werd maak. En beter vir die omgewing is, omdat jy nie elke paar weke ’n leë houerjie in die drom gooi nie. My man wil nou ook hiervan hê.
Justine: Sjoe die Salt & Stone Lavender & Sage deodorant (R300 vir 75ml) is net in ‘n ander klas, ek het nog nie ‘n deodorant gebruik wat naby die een kom nie. Nie alleen ruik dit ongelooflik nie, maar dit hou my vir ure lank vars, as ek effens warm kry gedurende die dag, ruik ek net weer aan die lieflike geur, wat my sommer dadelik opbeur. Ek het al daarmee gaan draf, ek was al strand toe daarmee aan – dit tik beslis al my varsbly boksies. Die gejeuk wat ek gewoonlik ervaar het onder my arms van gereeld skeer, is nou heeltemal weg.
Ere Perez
“Ere Perez is gekies omdat ons na ’n skoon, natuurlike grimeringopsie op soek was in Suid Afrika wat nog steeds luuks voel. Verder het die meeste van die skoon skoonheidsboetieks in Parys ook Ere Perez aangehou.
Ere Perez maak gebruik van ’n verkeidenheid voedselekstrakte (hawer, neute, beet, wortel) en ander interessante elemente soos blou sipres en Quandong.”

Stylvol sê:

Kyk die vinnige video hoe ons dit gedoen het hier:
Suzanne: Die Ere Perez Carrot Colour Pot (R530) lyk wonderlik op my wange. Ek het al verskeie roomblossersgebruik, maar dié een se kleur en glans is besonders. Ek gebruik dit op my lippe ook en dit gee’n mooi bevogtigende kleur.
Justine: Hoewel ek vals wimpers dra, gee die Ere Perez Natural Almond maskara (R500) die lekkerste volume, en laat my wimpers voller lyk. Die Ere Perez Vanilla Highlighter (R660) wend maklik aanen lyk nie streperig bo-op my wangbene, bokant my lip en op die brug van my neus nie. Dit sorg vir ’n gesonde, stralende gelaat.
CLE Cosmetics
“Die reeks is luuks en minimalisties met ’n artistiese flair waaroor ons mal is. Hulle het ook een van die innoverendste en interessantste produkte wat ons al ervaar het – die Melting Lip Powder, wat ’n poeier is, smelt soos dit aangewend word aan die lippe, oë of wange.
Slegs ’n beperkte reeks wat 100% aan ons vereistes voldoen, is by ons winkel beskikbaar.
CLE strewe daarna om aan te hou groei en ontwikkel om uiteindelik by ’n reeks te kom wat 100% skoon is.”
Stylvol sê:
Suzanne: My vel voel beslis meer bevogtig vandat ek die CLE Cosmetics Serumide (R1490 vir 50ml) begin gebruik het. Dit voel heerlik op my vel en trek goed in.
Justine: Die CLE Cosmetics se Vitamin C Elixir (R990 vir 15ml) is ’n olie en serum in een. Dit is ryk aan anti-oksidante en dit voed my kombinasievel, laat dit soepel sag en minder moeg lyk. Boonop ruik dit hemels!
- Hierdie is ‘n promosie, maar ons gee ons eerlike mening oor die produkte wat ons getoets het.