Glinsterende lipppe met Revlon Super Lustrous Glimmer Gloss

Die nuwe Revlon Super Lustrous Glimmer Gloss gee glansryke glinsterende lippe in 10 verskillende skakerings, met plantgebaseerde glinster. Deur Suzanne Kotzé, foto’s Tegan Smith. Grimering Jade-Leggat Smith

Revlon Super Lustrous Glimmer Gloss met plantgebaseerde glinster

Glinstererende deeltjies in grimering is al vir ’n hele ruk lank kontroversieël. Dit dra by tot mikroplastiek-besoedeling (wat in ons water opeindig en ook die seelewe beïnvloed) en sommige mense vind dit ook irriterend op hul vel. Juis hierom is ons so bly dat Revlon plantgebaseerde glinsterende deeltjies gebruik in hul nuwe lipglans. Behalwe glinster bevat dit ook mikro-klein ligreflekterende pêrelagtige deeltjies wat die lig van alle hoeke af vang en weerkaats om drie-dimensionele glimmer en glans te gee wat moeilik is om mis te kyk.

Meer as net glans, dit hidreer en voed ook jou lippe

Revlon Super Lustrous Glimmer™ Gloss is veel meer as net ’n glansryke lipglans; dit hidreer en voed ook jou lippe. Dit bevat ’n botaniese mengsel van agave, moringa olie en Cupuacu botter, wat volgens Revlon ’n 39% hidrasie hupstoot gee sodat jou lippe glad, gehidreer en plomp lyk en voel die hele dag. Dit voel ook nie taai of korreltjierig nie. Net heerlik sag en hidrerend (met BAIE glans).

Groot aanwender

Met die groot aanwender hoef jy net een veeg te gee vir lippe wat glinsterend en glansend lyk. Reg om die kollig te steel.

10 Verskillende skakerings

Van koeler silwer tot pienk en warm bruin en brons, daar is ’n skakering vir jou! Met hierdie glinsterende lippe kan jy jouself beslis nie te ernstig opneem nie. Dit voel prettig, jonk en speels. Die glans het ’n deursigtige basis met glinsterende deeltjies.

Koue ondertoon skakerings

Indigo Ice (010)
Lavender Lust (003)
Pink Prisma (002)
Razz Beamy (009)
Rose Glow (008)

Warm ondertoon skakerings

Happy Hour (004)
Haute Honey (007)
Bronze Spark (006)

Neutrale skakering

Diamond Drama (001)
Glazed Almond (005)

Ons toets

Revlon Super Lustrous Glimmer Gloss Diamond Drama (001)

Revlon Super Lustrous Glimmer™ Gloss Diamond Drama

Revlon Super Lustrous Glimmer Gloss Pink Prisma (002)

Revlon Super Lustrous Glimmer Gloss Glazed Almond (005)

Revlon Super Lustrous Glimmer™ Gloss (R189,95) is beskikbaar by Takealot, Superbalist en winkels landswyd.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Nat na droë reguit hare met die ghd Duet Style
error: Content is protected !!