dranktrollie
dranktrollie

Stileer jou dranktrollie só

Wonder jy waar om jou dranktrollie te sit en hoe om dit te laat mooi lyk? Hier is kundige raad om die gewilde trollie (wat eintlik uit die 1800’s kom) mooi te laat lyk. Deur Suzanne Kotzé.

Nadat ek self onlangs ’n dranktrollie aangeskaf het, en gewonder het hoe laat ek dit nou mooi lyk, het ek gedink daar is sekerlik nog Stylvol-vriendinne wat ook wonder. Ons het binneshuise versierder en eienaar van Form Interior Design in Johnnesburg, Erica Schalkwyk gevra vir raad.

Waar om jou dranktrollie te sit?

’n Dranktrollie is een van die wonderlikste ontwerpe wat reeds in die 1800’s ontstaan het as ’n teetrollie vir Victoriaanse dames. Gedurende die drankverbod van die 1900’s is gedokterde tee hierop rondgestoot en gedurende die middel 1900’s het die teetrollie meestal ’n dranktrollie geword.

Die woord trollie beteken natuurlik dat jy dit kan rondstoot na waarookal jy onthaal. In die moderne huis kan dit enige plek geplaas word. Dit word egter aanbeveel om dit te hou/bêre in jou eetkamer of leef-area.

Stileer jou dranktrollie só

Sien jou dranktrollie as ’n gekonsentreerde weergawe van jou gunsteling goed en ‘gifstowwe’.

Erica Schalkwyk
Moenie huiwer om jou eie stylstempel op jou dranktrollie af te druk nie.
Muurkun s wat teen die muur leun werk goed hierby

Alkohol bottels is oor die algemeen mooi ontwerpe met mooi kleure en etikette. Drankglase met patrone, plante en muurkuns (wat op die trollie staan en teen jou muur leun) en beeldjies werk almal goed op ’n dranktrollie.

Loer gerus by Jasper and Jute vir muurkunsafdrukke. 
mermaid sculpture
Design Store het mooi dekor-items vir jou trollie
glase yuppiechef
Glase by Yuppiechef
Droë blomme by Bloomspace

Hou dit in gedagte wanneer jy ’n dranktrollie koop

Die belangrikste ding om in ag te neem is jou styl. Moenie te bekommerd wees oor hoe funksioneel dit is nie. Al is dit ’n funksionele item, is dit ook ’n luukse item wat meer estetiese waarde tot jou huis toevoeg.

Hier is ’n lysie van dekorstyle en watter tipe dranktrollie by die styl pas

Art Nouveau / Art Deco

Lara Drinks Trolley (R3499, @home)

Plaasstyl

Issiah Drinks Trolley (R6499, Coricraft)

Modern/minimalisties

Stockholm Drinks Caddy (R5499, Iconomy)

Mid-eeus of antiek

rertrend dranktrollie
Hou gerus retrend.co.za dop vir dranktrollies. Jy sal gereeld moet kyk, want hulle verkoop vinnig uit.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
gestroopte buitekuier Kerstafel
Eenvoud en tekstuur met die mooiste gestroopte buitekuier-Kerstafel
error: Content is protected !!