Gereed vir winter, organiseer, stoor en wegpakwenke

Indien jy nog nie jou somerseisoen-dekor, jou klere en swemgereedskap weggebêre het nie, dan is hierdie artikel vir jou.

Ons deel praktiese organisasie en superslim stoorwenke om jou huis meer werkbaar en leefbaar te maak. Hier is 6 dekor-, stoor- en organisasiewenke vir jou huis: pak somer weg en nooi die winter na binne. Deur Justine Kroes

6 Organiseer, stoor en wegpakwenke

Stap 1: Organiseer en uitsorteer

Die heel eerste stap tot ’n funksionele spasie is om ontslae te raak van al die klotter en onnodige items. Dit geld vir items bo-op jou toonbanke asook in jou kaste.

Raak ontslae van onnodige klere, en dekoritems wat jy glad nie gebruik nie, hierdie items neem waardevolle spasie in jou huis op.

Groepeer soortgelyke items bymekaar – pak dit sommer op die vloer uit. Hierdie proses help jou om visueel te identifiseer van watter items jy dalk te veel het of nooit gebruik nie.

Stap 2: Maak skoon

Voordat jy wegpak, maak eers seker alles is mooi skoon. Van jou somersklere wat jy wegpak tot buitemeubels, maak seker elke item word eers skoongemaak voordat dit weggebêre word. ’n Somersrok wat met oliekolle weggebêre word gaan nie maklik skoonkom 6 maande na die winter nie.

Dieselfde geld hier vir buitemeubels, moenie die vlekke en roes vermy nie, maak eers alles mooi skoon en bedek dan met oortreksels om teen wind en weer te beskerm.

Hierdie skoonmaak vooraf is ’n vreugde om uit te pak wanneer die warmer weer na winter terugkeer.

Stap 3: Gebruik jou negatiewe spasie

Gebruik elke sentimeter van negatiewe spasie. Negatiewe spasie verwys na daardie dooie spasie in jou kaste, byvoorbeeld waar die rakke dalk te hoog is. Maak gebruik van slim stooroplossings om die negatiewe spasie te vul en jou somerklere, of somerseisoen dekor weg te bêre.

Maak gebruik van ’n oor die deur skoene organiseerder om skoene of bykomstighede te stoor.

Slim hangers vir kepse, hoede en gordels

Dink ook aan die spasie onder jou bed as negatiewe spasie en maak gebruik van spesiale houers (die op wiele is so slim) om jou someritems te stoor.

Stap 4: Pak nou weg

Stoor al jou seisoenale items, dink aan al die dekor- en mode-items wat jy tans nie gebruik nie. Jy sal verbaas wees oor hoe hierdie wegpak aksie die gevoel van klotter in jou spasie verminder.

Maak gebruik van vacuum seal sakke om somer beddegoed, somersklere en selfs van jou somer swemhandoeke te seël en te bêre.

Gebruik deursigtige stoorhouers om al jou buitemuurse dekor (kerse, lanterns, buite- speletjies en swemgereedskap te stoor).

Maak gebruik van slim oprits stoorsakke.

Stoor jou buite kussings, swemspeelgoed en somer goedere netjies. Hang dit op (gebruik minder vloerspasie) of stoor in ‘n waterdigte buite krat.

Pak jou somerhoede in spesiale hoedebokse om hul skoon, droog en kraakvars gereed te hou vir die volgende somerseisoen.

Indien jy kan, stoor al jou seisoenale items op dieselfde plek – hierdie vergemaklik die omswaai, uitpak en terugpakproses.

Stap 5: Hou tafels en toonbanke skoon

Hierdie mag dalk soos ’n onmoontlike taak voel, maar om jou huis se tafels en toonbanke skoon en klottervry te hou, sal outomaties die gevoel van ’n netjiese, georganiseerde en groter kombuis skep.

Indien jy ’n paar strukturele veranderinge aan jou kant bring, beplan dalk ’n slim ontwerp toemaakkas waar jy al daardie klein items, pos, sleutels, haarrekkies en verlore naelknippers kan bêre totdat jy kans kry om dit behoorlik weg te pak.

Die perfekte spasie om al daardie klein items agter ’n toe kasdeur te verskuil.

Hierdie slim ontwerptruuk dra by tot minder visuele klotter en die gevoel van ’n netjiese, georganiseerde huis.

Stap 6: Redigeer gereeld

Enige spasie floreer met gereelde opruiming. ’n Weeklikse of selfs maandelikse vinnige uitsorteer hou die ruimte vars, georganiseerd en aangenaam om te gebruik.

Psst hou ‘n mandjie byderhand en plaas enige rond lê item hierin, elke persoon in die huis is verantwoordelik om die mandjie te besoek en hul persoonlike items daruit te verwyder en weg te bêre.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
orden jou kunshoekie
Orden jou kunshoekie so
error: Content is protected !!