Dit is koud en ons wil opkrul op die bank onder ’n kombersie en lees of TV kyk. Maar hoe gemaak met die sitkamerkombersies as jy nie onder hulle sit nie? Hier is stileer- en stoorwenke. Deur Suzanne Kotzé
Stileerwenke vir sitkamerkombersies
Gevou vir ’n afgeronde, netjiese voorkoms

Jou styl is netjies en effens meer formeel. Vou jou kombers in die helfte of in ’n derde en gooi dit netjies oor jou bank. Druk dit by die agterkant van jou bank in, en plaas strooikussings bo-oor.

Of vou dit netjies en hang dit oor die armleuning.
Gedrapeer vir ’n gesellige voorkoms
As jou styl meer informeel en gesellig is, drapeer gerus jou kombersies oor jou banke of stoele.
Oor die armleuning en hoek
Drapeer jou kombers oor die armleuning, sodat dit voor afhang.

’n Maklike manier om jou kombersie te drapeer, is om dit om die middel van jou kombers te neem, en dit min of meer by die bank se vou/agterkant te sit, en dit van daar af na agter en voor te drapeer.
Met kussings
Vou jou kombers losweg en laat die twee voorkant na vore afhang. Sit strooikussings bo-oor.

Oor die voorkant en hoek gedrapeer

Hierdie werk veral goed vir modulêre banke/dagbed. Drapeer die kombersies skuins oor die ent.
Oor ’n bankie

’n Houtbankie kry dadelik ’n meer warm en uitnodigende gevoel met ’n kombersie daarop gedrapeer. En die onderkant van die bankie is die ideale stoorruimte vir ekstra kombersies.
Stoorwenke
As jy verkies om jou kombersies eerder te bêre
Mandjies
Ro jou kombersies op, of vou dit in ’n mandjie wat by jou dekorstyl pas. Hou dit naby genoeg aan jou banke/stoele sodat jy dit maklik kan bykom.
Leer
So ’n tipe houtleer waarop jy kombersies hang, is ’n slim manier van stoor, en gee dadelik ’n knus gevoel.
Kies die regte kombersies
Tekstuur
Kombersies is veel meer as net iets wat jou warm en snoesig laat voel. Dit is die ideale manier om tekstuur in ’n vertrek in te bring. Oorweeg gerus kombersies met ’n kunspels, geweefde of gebreide tekstuur. Maak net seker dit voel steeds lekker sag en snoesig (sommige soorte kunspels kan krapperig voel).
Kleur
Hou by die kleurpalet van jou area; bypassende kombersies in die kleur van die meubels help dat dit nie slordig lyk nie.
Kooplysie




















