Luukse velsorgreeks met indrukwekkende resultate

Al gehoor van ’n luukse velsorgreeks wat uit 90% plantbestanddele bestaan, velveroudering voorkom en die proses daarvan vertraag? Ons kon dit ook nie glo nie totdat ons self hierdie indrukwekkende velsorgreeks probeer het. Die hoofbestanddeel, die “Moonlight Flower” is ’n seldsame blom wat net eenkeer per jaar blom, en word gebruik om velveroudering te vertraag en veltekstuur te verfyn. Lees meer oor hierdie baanbrekerreeks wat tans ’n luukse gunsteling op ons badkamerrak is. Deur Justine Kroes

05/07/2024

Promosie

Die reeks se unieke bestanddele

Die bestanddele van Clarins se Precious luukse velsorgreeks bestaan uit ’n spoggerige 90% afkomstig van plante en bestanddele van natuurlike oorsprong.

Luukse Clarins Precious Reeks

Hoewel plantbestanddele en baanbreker formulasies nie juis nuut is vir die Clarins wetenskaplike span nie is die nuwe Clarins Precious-reeks beslis ’n luukse eerste en enig van sy soort.

Die mees unieke bestanddeel vir Clarins nog, “The Moonlight Flower”, is ‘n blom ook bekend as “Queen of the Night”. Hierdie plant blom net eenkeer per jaar en bevat ’n kragtige jeugbevorderende bestanddeel wat die vel se langlewende proteïene heraktiveer.

Die Moonlight Flower word een vir een met die hand gepluk sodra dit geblom het, en word dan met Clarins se innoverende krio-tegnologie bewaar. Die blom word dadelik teen -196° Celsius gevries om die molekules te bewaar en hieruit bestaan die: “Moonlight Flower Cryo Extract”.

Met hierdie proses en unieke bestanddele in gedagte verstaan ons nou hoekom hierdie ’n uiters luukse velsorgreeks is met indrukwekkende resultate.

Hoe werk die Moonlight Flower Cryo Extract?

Oksidatiewe stres en inflammasie vanuit ons omgewing het ’n direkte invloed op die verouderingsproses van ons vel.

Volgens Clarins se kenners lê die antwoord op hierdie probleem diep binne ons eie velselle.

Die Clarins Precious-reeks met Moonlight Flower Cryo Extract heraktiveer ’n proteïen, FOXO, wat natuurlik in jou velselle voorkom.

FOXO gee jou velselle se verdedigingsmeganismes ’n hupstoot. En danksy die bestanddeel vind tot en met 75% minder oksidatiewe stres plaas wat ’n meer jeugdige velvoorkoms bevorder.

Clarins Precious La Mousse

’n Sagte gesigwas wat heerlik skuim en jou vel skoon, sag en verfris laat voel. Die ander bestanddele soos kamelia-olie sorg vir ekstra hidrasie terwyl die turksvy-ekstrak vel afskilfer en sorg vir glans.

Clarins Precious La Mousse

Ons gunsteling is natuurlik die klein borseltjie waarmee jy jou gewigwas aanwend.

Maak eers die borseltjie onder ’n lopende kraan nat, drup ’n druppel van die Clarins La Mousse reiniger in die palm van jou hand en vryf totdat daar ’n skuim vorm.

Wend nou die reiniger met ontspannende sirkelbewegings oor jou gesig aan totdat jou gesig skoongewas is.

Hierdie reinigingsproses het vir ons geleer om elke stap van ons velsorgroetine, selfs die gesigwas gedeelte te geniet.

Clarins Precious Le Sérum Anti-Ageing Serum

Geskik vir enige veltipe (nes die res van die reeks) kan jy hierdie luukse serum soggens en/of saans gebruik.

Clarins Precious Le Sérum Anti-Ageing Serum

Clarins Precious Le Serum beloof ’n vel “liggende” effek danksy aktiewe bestanddele organiese hawermoutsuikers en Clarins se Synergic Lift Effect Complex wat saam hard werk teen ’n vel wat hang.

Die serum beloof boonop ’n verfynde veltekstuur, ’n fermer, eweredige en meer glansende gelaat wat gehidreerd lyk en voel.

’n Druppel is werklik al wat jy nodig het, en hoewel dit baie luuks is, weet ons ons hierdie serum gaan nog maande lank hou.

Clarins Precious La Crème Yeux

’n Luukse oogroom wat die oogkontoere lig en uitdrukkingslyne rondom die oë versag.

Clarins Precious La Crème Yeux

Met die Moonlight Flower Cryo Extract aan die hart van die formule word daar ook aktiewe bestanddele soos palmitoyl glycine gebruik wat lyne rondom die oë versag. Organiese hawermout-suikers sorg vir ’n verfermende effek rondom die oë en leaf of life-ekstrak hidreer hierdie delikate area. Die bestanddeel panthenol D word gebruik om die wimpers te versterk.

Clarins Precious La Crème Yeux

Hierdie goue aanwedingstafie is beslis ’n luukse gunsteling, en help natuurlik dat jy jou vingers uit die goue potjie hou. Die stafie voel lieflik koel teen jou vel en bied ’n veilige oplossing om oogroom aan hierdie delikate area onder jou oë aan te wend.

Volgens ’n Clarins-studie is daar die volgende bevind;

na een maand se gebruik stem 94% van vroue saam dat die area rondom hul oë meer plomp, jonger en verfris lyk.

Clarins Precious La Crème

Is volgens ons die ster van die reeks, ’n gunsteling gesigroom wat jou op ’n ultraluukse en sensoriese skoonheidservaring neem.

Clarins Precious La Crème

Hierdie room bevat die hoogste persentasie van die Moonlight Flower Cryo Extract. Dit, gekombineer met ’n trio van peptiedes, beloof ’n eweredige, plomp en jeugdige vel wat fyn lyne versag. Die room bevat ook acerola saadekstrak wat glans bevorder en leaf of life ekstrak om die naturlike hidrasieproses van velselle aan te hits.

Ons het hierdie voorgestelde aanwendigingsproses gevolg. Die aksies het ons geleer om ’n ontspannende ritueel van ons velsorgroetine te maak in plaas daarvan om soggens en saans ons skoonheidsroetine af te jaag.

Clarins Precious La Crème is ook beskikbaar in die Crème Riche Nourishing Face Cream, ’n ryker en meer romerige weergawe, geskik vir droë tot baie droë veltipes.

39% van vroue het ’n fermer vel opgelet na die gebruik van Clarins Precious La Crème

24% het sagter glimlagplooie opgelet en 11% minder fronslyne na die gebruik van Clarins Precious La Crème.

Clarins Precious L’Outil 3-in-1 Facial Massage Tool

’n Masseertoestel wat deur die Clarins Instituut ontwerp is. Hierdie toestel sorg vir ’n sensoriese aanwendigingservaring van die Clarins Precious-reeks.

Clarins Precious L’Outil 3-in-1 Facial Massage Tool

Met gebruik van slim ontwerp en kurwes op die toestel, kan jy na die aanwending van jou Precious Le Sérum of La Crème jou vel masseer. Hierdie masseringsaksie herstel glans aan die vel (danksy ekstra bloedvloei) en help om enige spanning in die gesig te laat verdwyn.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Ons gesels met Isabel de Villiers
error: Content is protected !!