Ons weet dat sonskerm lankal nie meer opsioneel is nie, daaglikse sonskerm is ’n moet. Veeldoelige produkte soos sonskerm wat ook ’n teenverouderings-dagroom is en onderlaag wat ook sonskerm bevat, maak aanwending wel makliker.
Die meeste van ons kry veel meer sonblootstelling as wat ons dink; van werk toe bestuur tot vinnig uitglip winkels toe. Boonop het die Suid-Afrikaanse somerson van die hoogste UV vlakke in die wêreld, en dan is ons osoonlaag hier ook nog dunner.
Om ons velle teen son te beskerm is dus uiters belangrik.
Bied onderlaag met sonskerm genoeg beskerming?
Revlon beantwoord die vraag en sê nee.
“Onderlaag met sonskerm moet as ’n bonuslagie van beskerming gesien word en nie jou primêre sonbeskerming nie.
Volgens dermatoloë en organisasies soos die Skin Cancer Foundation, wend die meeste mense nie genoeg onderlaag aan om die SBF-vlak wat op die etiket aangedui word, te bereik nie. Om ware beskerming te bereik, benodig jy baie meer produk as wat prakties of vleiend is. “
Die hoeveelheid sonskerm wat ons net op ons gesigte alleen nodig het, verskil van verskillende handelsmerke, maar die algemene hoeveelheid is twee vingers (jou middel en wysvingers) net vir jou gesig. Min van ons gaan soveel onderlaag aanwend.
Laag-op-laag beskerming is die antwoord.
1. Begin met ’n breë spektrum sonskerm wat geskik is vir jou veltipe.
Deesdae is sonskerm veeldoelig en kan as ’n sonskerm en dagroom in een gebruik word.
Van ons gunstelinge is


2. Jou volgende laag onderlaag met sonbeskerming
Kies ’n onderlaag wat ook SBF bevat. Onthou net as jy ’n sonskerm met 50 gebruik en ’n onderlaag met ’n SBF van 20 beteken dit nie jy dra nou ’n SBF70 nie. Dit bly steeds 50. Die ekstra lagie help met dele wat jy dalk gemis het, of waar jy dalk nie genoeg sonskerm aangesmeer het nie.

Sonskerm vrae beatnwoord:
Kan jy onderlaag met sonskerm meng?
Nee. As jy sonskerm en onderlaag meng, kan die SBF verdun word, wat die doeltreffendheid daarvan verminder. Wend altyd eers sonskerm aan, laat ten volle absorbeer en wend dan onderlaag bo-op aan.
Kan jy onderlaag oor sonskerm aanwend?
Ja. Sodra die sonskerm ingetrek het (gewoonlik na ongeveer vyf minute). Wend jou onderlaag saggies aan met tik- of sirkelbewegings om te verhoed dat die sonskermlaag ontwrig word.
Moet onderlaag voor of na sonskerm gebruik word?
Onderlaag moet altyd na sonskerm gebruik word. Sonskerm beskerm jou vel, onderlaag berei dit voor vir grimering. Hierdie volgorde verseker dat beide produkte optimaal presteer.
Hoe wend jy sonskerm weer oor grimering aan?
Gebruik grimeringvriendelike SBF-formate, soos deurskynende SBF-sproei of SBF-poeiers. Dit maak voorsiening vir maklike opkikker deur die dag sonder om jou grimering te smeer.








