Somerparfuumwenke en nuwe fyngeure vir jou geurekas

Die somer beteken nie net mooi rokke, skoene en helder lipstiffies nie maar ook vars en vrolike somerfyngeure wat vir jou daardie nodige dopamien hupstoot kan gee. Lees 6 somerparfuumwenke en ’n paar nuwe gunstelinge op die Stylvol skoonheidstafel. Deur Justine Kroes

11/11/2022

6 Somerparfuumwenke

1. Kies ligter en gebruik minder

Kies dalk ’n ligter geur – in warmer weer is geure soos “eau fresh” of “EDT” baie ligter as eau de parfum weergawes en is verdun met water. Die geure is dalk makliker om te dra wanneer dit super warm is buite. Warm somerweer kan parfuumnote meer intens laat ruik. Daarom kies ons dikwels ligter, varser geure vir die somer. Jy kan ook gerus minder van jou fyngeur aanspuit as gevolg van die geurintensiteit op warmer dae.

Geurkenner van Dior, Nevine Thiermann, sê wel daar is nie ’n reël as dit by geure kom nie – die belangrikste is om dit te dra waarvan jy jou – daar is ’n geur daar buite vir elke oomblik en geleentheid.

“Parfuum is baie abstrak, jy kan dit nie voel of sien nie en dit is baie persoonlik vir elkeen van ons. Ons herroep geure gekoppel aan herinneringe en die belangrikste geur om te kies is een waarvan jy hou”

Geurkenner Nevine Thiermann van Dior

2. Vir paarfuum houkrag

Nevine se raad om parfuum langer te laat hou; “Layer” jou fyngeure deur jou geure in lae op jou lyf aan te wend beteken dit die geur sal langer aanbly en daar is dan ook ’n element van diepte aan die geur”. Doen dit so: gebruik eers ’n gegeurde lyfwas, daarna ’n gegeurde lyfroom gevolg deur jou fyngeur.

3. Wend dit so aan

Nevine se beste parfuum aanwendingswenke – “Spuit jou parfuum op jou vel aan – dit sal die heel langste op jou vel aanbly en ontwikkel. As jy jou geur op jou klere wil aanspuit, maak seker jy spuit dit aan naturlike vesels soos linne, sy of katoen” – sê Nevine. “Onthou jou fyngeur bestaan ook uit natuurlike bestanddele, dus sal dit nie baie lank hou op sintetiese materiale nie”.

4. Hou jou vel gehidreerd

Nevine sê party van ons sukkel met ’n droë vel tydens die somer (al die swem!) en dit kan die intensiteit en houkrag van jou geur beinvloed. Bevogtig eers jou vel voordat jy jou parfuum aanspuit. Dit sal verseker dat jou geur bo op jou vel sit (en nie intrek nie) en dat jy dit deur die loop van dag dit beter sal ruik.

5. Vermy die son

Vermy die son, veral op areas waar jy jou fyngeur aangespuit het. Party fyngeure kan moontlik jou vel irriteer en sonblootstelling en die alkohol in parfuum kan verdere velsensitiwiteit (en moontlike pigmentasie) op die area veroorsaak.

6. Stoor dit so

Hou jou parfumbotteltjies uit die oog (lig en son) uit –stoor dit iewers waar dit nie met direkte sonlig in aanraking kom nie – ’n koel, donker plek soos ’n kas byvoorbeeld. Vermy die badkamerkassie – die hitte en humiditeit in die badkamer is nie goed vir jou fyngeur nie. Parfuum hou van ’n lae, gematigde temperatuur.

Nuwe parfuum vir jou geurekas

Dior J’adore Parfum D’eau

’n Nuwe baanbreker fyngeur van Dior; ’n parfuum ontwikkel met ’n waterbasis wat beteken die fyngeur bevat geen alkohol nie. Hierdie parfuum is ideaal vir die wat sukkel met senstiewe velle. François Demachy het gedroom om ’n fyngeur te ontwikkel wat ’n innoverende verskil sal maak en die fyngeur doen presies dit.

Die parfuum is hoogs gekonsentreerd (gepantenteerde formule)en bevat ’n hoë oliekonsentrasie omdat daar geen alkohol in is nie, dus is dit ook meer natuurlik. In hierdie blommerige fyngeur ruik jy wit blomgeure – roos, magnolia en jasmyn, gevolg deur groen note van neroli. ’n Spontane, sensuele fyngeur (boonop sag op die vel!) en die botteltjie steel ons harte oor en oor!

Berdoues Azur Riviera

Beskryf as ’n vars sonnige fyngeur is die Berdoues Azur Riviera geïnspireer deur sonnige somers in die Franse Riviera. Hierdie vars watergeur gekombineer met wit blomme van lemoenbloeisel en jasmyn eindig met akwatiese see-geur basisnote.

’n Maklike drageur vir elke dag, wat natuurlik jou bui ook dadelik opkikker! Dra dit langs die swembad, op someruitstappies en veral perfek vir skemerkelkies op ’n warm somersaand.

Lancôme La vie Est Belle

“La vie est Belle” Life is beautiful – Is dalk nie ’n nuwe fyngeur op ons lysie nie maar beslis ’n gunsteling – ons het onlangs die 10 jaar feesvieringe van hierdie allerbekende fyngeur bygewoon, en Suzanne het herroep hoe sy nog die vrystelling van die geur 10 jaar tevore bygewoon het. Die parfuum het omtrent deur die jare “cult beauty” status bereik en bly ’n topverkoper, en ons verstaan hoekom!

Ook bekend as die fyngeur wat geluk versprei – hier is ‘n herinnering van die bekroonde blomgeur se note; Iris, jasmyn sambac, lemoenbloeisel en basisnote van vanielje en patsjoelie.

Women’s Secret Intimate Daydream EDP

Somerparfuum? Beslis! Hierdie vrugtige blommegeur open met boonste note van lemoen, braambessie en nartjie gevolg deur middelnote van lemoenbloeisel, jasmyn en pruimbloeisel. Die geur eindig met basisnote van donkersjokolade, sederhout en muskus.

Energiek en vrolik – ’n geur wat soggens jou dopamienvlakke sal laat styg!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wat is my veltipe? En gebruik ek die regte produkte?
error: Content is protected !!