Melissa Myburgh
Melissa Myburgh

Hare; doen só die 70’s ‘flip’

Wa-wa volume en die 70’s ‘flip’ is beslis kenmerke van die jare sewentigs wat saam met die sewentigs mode ook weer groot nuus is. Deur Suzanne Kotzé

Fotograaf: Kristina Stojiljkovic, hare en grimering: Cheryl Parker en Amori Birch

03/07/2022

Doen jou 70’s ‘flip’ só

Dink daaraan dat die hare om jou gesig weggeblaas moet word van jou gesig sodat dit jou gesig oopmaak, eerder as wat ons hare het wat rondom ons gesig hang.

Kaapse haarstilis Cheryl Parker wat hierdie mooi hare vir Dinge van ’n Kind aktrises Melissa Myburgh en Mienke Ehlers gedoen het, gee raad.

Fokus op die hare rondom jou gesig

Bind die res van jou hare weg en hou die voorste gedeelte los.

Begin in die middel

Of net langs jou paadjie en werk in seksies.

Blaas jou hare eers af

Neem die voorste deel van jou hare en blaas dit afwaarts na jou voorkop. Gebruik ’n medium grootte ronde borsel.

Draai die hare om jou ronde borsel

Vou die hare om jou medium-grootte ronde borsel en blaas dit teen jou kopvel (by jou voorkop).

ghd Ceramic Vented Radial Brush Size 2 (R410, ghd)

Hou jou borsel in jou hare

Los jou hare om jou borsel gedraai sodat jou hare afkoel voordat jy jou borsel uithaal.

Dink aan jou ronde borsel as ’n warm kruller

Onthou gedurende die 70’s is warm krullers gebruik, so jy moet jou borsel gebruik om te blaas, maar ook om die vorm te hou.

Hou jou borsel diagonaal vir die volgende seksie

Doen nou die seksie by jou slape. Gebruik jou ronde borsel en blaas jou hare uitwaarts en vorentoe. Hou die borsel diagonaal (in lyn met jou haarlyn) en blaas dit teen jou kopvel. Hou weer die borsel in plek sodat dit eers afkoel voor jy dit verwyder.

Haarsproei is ’n moet

Cheryl het TRESemmé Firm Hold Frizz Control Styling Hair Spray (R99, Takealot) gebruik.

As jy fyn hare het, gebruik jou haarsproei terwyl jou hare nog in jou borsel is voordat jy jou borsel uithaal. Sproei elke seksie soos jy dit klaar gekrul het.

’n Gorduinkuif werk ideaal met hierdie voorkoms

Melissa Myburgh wat Mart in Die dinge van ‘n Kind vertolk

’n Gordynkuif wat ook in die 70’s gewild was, werk goed om die voorkoms te skep aangesien jy reeds lae rondom jou gesig het.

Die knippie truuk

’n Lekker truuk vir ’n gorduinkuif is om jou kuif na vore te blaas, dit vorentoe druk, om te vou sodat dit ’n krul vorm en dan ’n knippie (met ’n sagte gedeelte wat keer dat die knippie ’n merk maak) in te sit om jou hare in plek te hou terwyl jy die res van jou hare droogblaas.

Boss Babe 4 piece No Crease Hair Clips (R150, Takealot)

’n Soliede kuif? kies mousse met houkrag

Mienke Ehlers (wat Dalena vertolk in Die dinge van ‘n Kind) se soliede kuif is weggerol om die 70’s voorkoms te skep.

Mienke het ’n solliede kuif en daarom het ek dat sy haar hare eers natmaak en toe het ek mousse met sterk houkrag aan haar klam hare gewend voordat ek dit begin blaas het.

As jy die dag moeg is vir jou kuif, en anders wil lyk, is hierdie ’n goeie opsie.

Probeer Indola Strong Hold Mousse (R285, La Belle aanlynwinkel)

Die antwoord vir jou uitgroei-kuif

Groei jy jou kuif uit, is hierdie die ideale oplossing. Vra jou haarkapper om jou kuif effens uit te doen, sodat daar lae is.

’n Warm ronde borsel werk goed tuis.

“Ek gebruik graag my ghd Rise borsel (R3100, ghd) tuis om my gorduinkuif uit te krul, en dit werk baie maklik.” Suzanne

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
haarverlies
Haarverlies: hoekom val my hare uit?
error: Content is protected !!