Somernaels; 8 naeltrends vir jou volgende afspraak

Ons is dankbaar vir die warmer weer wat natuurlik ook beteken vars nuwe naelidees vir die somer. Somernaels, van pastelkleure tot die nuwe deursigtige Franse manikuur tot “vrugteslaai” naels, hier is beslis iets vir almal. Loer hier onder vir 8 somernaeltrends op ons moet-probeer lysie: Deur Justine Kroes

27/09/2024

1. Deursigtige Franse Manikuur

Foto: @raelondonnails Instagram

Vorige somer was die “micro-French” ’n reuse naeltendens, maar hierdie seisoen is dit duidelik die “transparent French” wat ’n gunsteling somernaels keuse is.

Die idee is om te laat gaan van die sterk kontras tussen die “wit” van ’n gewone Franse manikuur en eerder jou eie naels se wit (nie helder wit aangeverf nie) wat jy deur die deursigtege pienk skakering kan sien.

Wenk – as jou eie naels se punte nie duidelike wit groei wys nie – vra vir die terapeut om jou naelgroei te definieer met ’n skakering of twee ligter as wat jou eie naels s’n is.

Gebruik die Mavala Nail Crayon (R132 Clicks) om ‘n netjiese wit lyn onder jou nael te trek.
Bio Sculpture Gemini Nail Polish in Creme 67 (R130) Gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op enige Bio Sculpture kopie.

2. Chroom-naels

Foto: @nailsbyzola Instagram

Ja chroom, of 3-dimensionele metaalkleurige naels is hier om te bly. Hierdie somer is dit nie net silwer en goud nie, maar chroom naels in alle skakerings van die reënboog.

Hierdie blink trend is beslis op ons probeerlysie. Indien jy huiwerig is – probeer dalk net chroom naelpunte, kyk hoe mooi:

Bio Sculpture Gemini Nail Polish in New Glam 217 (R130)
Bio Sculpture Gemini Nail Polish in Vibrant Violet 2025 (R130)
Bio Sculpture Gemini Nail Polish in Pink Tiara 2026 (R130) Gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op enige Bio Sculpture kopie.

3. “Balletcore” pienk

Foto: @matenajova Instagram

Die “Balletcore” modetendens bly steeds ’n gewilde keuse en daarby ook die pienk en ligpienk naelskakerings wat eie is aan die trend.

Hierdie somer bly die skakering steeds ligpienk, maar jy kan ’n effense glinsterende lagie bo-oor verf. By mode-ontwerper Christian Siriano se lente/somer 24 modevertoning het naelkunstenaar Julie K Nails pragtige pienk essie naelskakerings gebruik (poised and polished) met ’n blink glinsterlagie (“birthday girl”) bo-oor geverf.

4. Groen somernaels

Foto: @m.o.n.a.j Instagram

Groen is terug, maar die keer is dit nie net daardie helder groen van vorige somer nie. Groen somernaels in verskeie groen skakerings is vanjaar groot nuus. Van lemmetjie (tennisbal groen) tot  “matcha” groen en selfs sagte mentgroen skakerings is in die kol vir somer.

Die Chanel naelskakering Chanel Le Vernis in reveuse, ’n chroomgroen skakering is ’n trendy keuse onder bekendes op die oomblik.

essence Gel Nail Colour Polish in inner peas (R29,95)
OPI Nail Lacquer Summer Monday-Fridays (R250)
Bio Sculpture Gemini Nail Polish in catch the wind 198 (R130) Gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op enige Bio Sculpture kopie.

5. Reënboog vingerpunte

Beslis ’n gunsteling goedvoel somernaeltrend hier by ons. Franse manikuur in helder skakerings, almal een kleur of elke naelpunt ’n ander kleur (veral wanneer dit moeilik is om net op een skakering te besluit!). Kies mikro Franse manikuur of meer dramaties met duidelike geverfde naelpunte.

Foto: @overglowedit Instagram

Van helder tot pastel skakerings, solank dit kleurvol is en jou gelukkig laat voel dan doen jy die trend reg!

6. Blomme naelkuns

Foto: @heygreatnails Instagram

Hierdie somerseisoen is blommenaelkuns weer ’n gunsteling, somernaels gedefinieerd.

Verf naels in bont blommotiewe met klein, fyn blommetjies, of selfs net een groterige blom per nael.

Blom naelplakkers is ’n maklike manier om die trend aan te pak.

Daar is selfs die allermooiste blomnaelkuns wat met fyn gepersde blomme op die naels geplak word.

Foto: @betina_goldstein Instagram

Kyk ook hoe mooi is hierdie kersiebloeisel naels deur @nailsbyzola vir Hailey Bieber

Probeer dalk tuis hierdie:

Maskara Dried Flower Nail Decal (R95)
White & Gold Floral Nail Stickers (R225 takealot)
Floral Nail Art Stickers (R199 x2 sheets takelaot)

7. Sagte somernaels skakerings

Die “soft-girl” naeltendens verwys na naels in sagte pastelskakerings van ligpers tot babablou, sagte bottergeel en die mees gewildste- sagte appelkoosskakerings.

Foto: @gel.bymegan Instagram

Die sagte appelkoosskakering is danksy Hailey Bieber as gewild gekroon nadat sy appelkoos skakerings vir naels en grimering “cool” aangekondig het. Hierdie skakering is dalk ’n moderne alternatief vir die helder koraal naels wat jy gewoonlik kies.

Liggeel of “butter yellow” is ’n “moet dra” modeskakering en nou ook ’n duidelike naeltrend.

Bio Sculpture Gemini Nail Polish in island surf 246 (R130) Gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op enige Bio Sculpture kopie.
Bio Sculpture Gemini Nail Polish in brigitte 156 (R130)
Bio Sculpture Gemini Nail Polish in wild orchid 224 (R130)

8. Vrugteslaai naelkuns

In die modewêreld is kersies, suurlemoene en aarbeie te sien op t-hemde, rokke en selfs in bykomstighede soos oorbelle.

Vrugte is duidelik ’n populêre keuse vir hierdie somer seisoen. Dit het natuurlik oorgespoel na skoonheid en nou is “fruit salad” naelkuns ’n somernaeltrend.

Kies ekstra fyn en klein kersie, aarbei, suurlemoen of bloubessie ontwerpe, elk vir ’n ander nael. Of bly by een vrugnael ontwerp vir al jou naels.  

Vir tuis probeer:

Maskscara Nail Art Fruit Wheel (R50)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
’n Dermatoloog gee raad: Velsorgroetine vir ‘lui’ tienerseuns
error: Content is protected !!