beurtkragsjiek
beurtkragsjiek

13 Beurtkragsjiek haaridees

Lyk beurtkragsjiek met hierdie haaridees, van vuil hare wegsteek tot wenke hoe om nat hare mooi te stileer. Die meeste van ons ken die gevoel daarvan, om nes jy jou hare wil begin droogblaas deur beurtkrag getref te word en dit lyk of dit nog vir ’n ruk lank ’n realiteit gaan wees waarmee ons moet saamleef. Deur Suzanne Kotzé

23/09/2022

Dankie tog vir haarbykomstighede, wat steeds groot nuus is. Dit is ’n goeie manier om hare wat wild staan omdat dit nie geblaas is nie, of pap hare wat net hang, op te kikker.  

Lyk beurtkragsjiek met haarserpies

As jy gereeld Stylvol lees, weet jy tien teen een dat ons gaande is oor haarserpies. Dit kan die verveligste uitrusting dadelik opkikker en niemand sal raai dat jy dit eintlik net gebruik om jou haarstyl te red nie! En ja al die dames op die foto’s het lang hare, maar dit lyk ewe mooi op korter hare ook!

1. Sestigs styl groot haarserp

’n Mooi helder serp, soos hierdie (110x110cm) 100% sy Mantua Silkwear Sunset Scarf (R1 600, Purr) sal beslis jou dag opvrolik.

Wenke:

Gebruik ‘bobby pins’ om jou hare aan jou serp vas te steek om te keer dat die serp afgly.

Wil jy die serp heeltemal om jou kop bind? Gebruik jou ‘Covid’ buff en bind sit dit oor jou hare voordat jy jou serp om jou kop bind. Dit sal keer dat die gladde materiaal afgly.

2. Serpie om jou poniestert

beurtkragsjiek haarserpie

Hare wat pap hang omdat dit nie geblaas is nie? Francois van der Walt, Tosca Salon, Tygervallei gee raad: “Maak ’n poniestert met jou hare en sit ’n silikoon serum (soos die van Kérastase ) aan en bind jou gunsteling serpie om jou poniestert.”

Foto: Unsplash

3. Die gevlegde haarserpie

gevlegde haarserpie

Wees kreatief met jou serpies en bind dit om jou vlegsel of vleg dit saam met jou hare. Druk die een kant van jou serpie by jou haarrekkie in. Verdeel jou poniestert in drie, met die serpie saam met een stuk en vleg soos gewoonlik.

Foto: Shutterstock

Haarbande tot die glansryke redding

4. Bling haarband

jakop-handgemaak
Jakob Bling, R250, Jakop handgemaak

Hierdie sequins haarband is heelbo aan ons wenslysie! Dit sal enige vervelige uitrusting en nat haarstyl omtower. Dit sal ewe mooi lyk saam met jeans en ’n T as saam met ’n mooi swart rokkie.

5. Geborduurde tulband styl haarband

jakop tulband

Hierdie Jakob Glam (R289, Jakop handgemaak) sal nie net pofferige, lugdroog hare wegsteek op kant nie, maar is beslis ook ’n goeie opsie as jy lanklaas by die salon was vir kleur. Die blomme is geborduur, wat met linne gevoer is.

Stileer sonder hitte/krag en lyk steeds beurtkragsjiek

Hierdie tegnieke is wel nie vinnig nie, omdat jou nat hare moet droog word. Maar minstens word jou nat hare mooier droog of jy kan met enige van die metodes ook slaap as jy weet beurtkrag gaan met wakkerwordtyd toeslaan.

6. Pynappel hare

Hierdie tegniek is veral gewild onder die met krulhare om kroes te tem. Basies gooi jy jou kop (met klam hare) vooroor en maak ’n hoë poniestert met ’n ‘scrunchie’ wat liggies om jou hare gebind is. As die scrunchie te los is om jou hare in plek te hou, gebruik haar-knippies om dit in plek te hou. Gebruik ’n satyn ‘scrunchie’ wat nie wrywing veroorsaak nie. En slaap so, of los dit in tot jou hare droog is.

Kyk hier:

7. Die hittelose krulstok haarband

heatless hairband wand
Warm Hugs – Heatless Hair Curling Kit (R350, Takealot)
heatless hairband wand
Ons het een bestel, en sal binnekort laat weet hoe dit werk!

Ook bekende as The Heatless Curling Rod Headband. Hierdie was verlede jaar ’n gewilde trend op TikTok en dit is ideaal vir beurtkraghare. Jy sit dit op jou kop (soos ’n haarband) en laat die twee kante afhang. Jy draai dan jou hare om die kante voordat jy die kante bymekaarbring en alles saam vasbind. Jy kan so slaap, of dit inlos tot jou hare droog is.

8. Silikoon krullers

silikoon krullers
Origa Beauty Silicone Magic Roller R229, Clicks

Hierdie sagte silkoon krullers maak dit maklik om krulle te maak. Dit is ook wonderlik om tyd dit spaar. Jy draai klam hare om die kruller en ‘pop’ die kruller in (sodat dit amper die vorm van ’n vingerhoedjie is). Los dit in tot jou hare droog is. Wonderlik vir as jy van die huis af werk.  

9. Herlaaibare hittestilering

ghd unplugged

Ons vermoed die  ghd Unplugged (R5400, ghdhair.com) vlieg van die rakke af. As jy dit laai vir minstens 120minute kan jy dit vir 20minute aaneen gebruik!

Beurtkragsjiek met bolla’s, vlegsels en poniesterte

10. Bo-bolla

bo-bolla
Foto: Kristina Stojiljkovich

Hierdie bly een van ons gunsteling maklike haarstyle wat ewe goed vir bob, lob en langer haarstyle werk. Dit hou die hare uit jou gesig uit terwyl jou hare steeds los is. Psst ’n serpie rondom jou bo-bolla is ook nou groot nuus.

11. Die deurmekaar bolla

bolla

Ideaal vir minder skoon (ja okay, vuilerige) hare. Spuit haarsproei op ’n kam voordat jy jou hare na agter kam om ’n poniestert te maak.

Hier is ’n paar oulike You Tube tutorials wat ons gesien het:

12. Skooldogter vlegsels/boksterte (pigtail braids)

vlegsels

“Hierdie is so maklik en vinnig om te doen en dit lyk oulik en werk goed as jy haastig is en geen elektrisiteit het nie. Gelukkig het dit deesdae meer van ’n ‘boho’ gevoel eerder as ’n skooldogter,” sê Francois.

13. Netjiese teruggekamde poniestert

poniestert

“Hierdie styl bly elegant en gesoftisikeerd. Kam jou hare netjies terug in ’n poniestert en spuit met haarsproei sodat dit netjies bly sonder wegvlieghaartjies deur die dag,” sê Francois van der Walt, Tosca Salon, Tygervallei.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
fyn hare mousse in kort blonde hare
20 beste wenke vir fyn hare
error: Content is protected !!