Ons sien al hoe lank gesiglig-grimering (facelifting makeup) op sosiale media raak, en wou graag self toets of grimering jou jonger en varser kan laat lyk. Ons het ons grimeerkunstenaar-vriendin gevra om vir ons te wys hoe om dit te doen. Ons gebruik RVB LAB se Full Face Palette en toets ook die mooi So Beautiful Eyeshadow Palet. Deur Suzanne Kotzé
03/03/2023
Ons het nou al honderde Instagram en Tiktok videos raakgesien wat wys hoe jy die sogenaamde gesiglig-grimering doen, maar was nog altyd huiwerig om dit self te probeer. Gelukkig het ons ’n grimeerkunstenaar-vriendin, Cheryl Parker, wat vir ons presies kon wys hoe.
Die basis van die gesiglig-grimeermetode is om grimering opwaarts aan te wend sodat dit lyk asof jou gesig gelig is. Hierdie is veral handig as jy veertig plus is, en jou gesig van nature effens meer afwaarts begin hang. Urgh, dankie ouderdom.
En as jy jonger as veertig is, laat die metode jou ook net varser en minder moeg lyk (veral as jy dalk nie soveel slaap soos jy moet nie).
Die plasing van jou gesiglig-grimering baie belangrik.
Ons demonstreer hier met grimeerkwassies, maar dit is natuurlik nie nodig dat jy dit elke keer doen nie. Sodra jy agterkom waar wat gaan, kan jy dit net vryhand begin doen.


1. Beklemtoner/highlighter

Plaas jou kwassie van die buitehoek van jou oog na die buitehoek van jou neus en wend jou beklemtoner net onder dit aan.
2. Onderste beklemtoner

Van die boonste hoek van jou oor na jou mondhoek. Wend beklemtoner/highlighter net onder dit aan.
3. Donkerder/sculpting poeier


Wend dit net bo jou beklemtoner aan, maar begin vanaf die helfte (of selfs minder) en wend dit uitwaarts en opwaarts aan.
4. Blosser

Wend jou blosser in ’n streep net bo jou donkerder poeier aan. Ook net halfpad en opwaarts.
5. Meng opwaarts

Gebruik ’n sponsie om die lyne baie goed te meng. “Maak seker jy meng opwaarts en nie afwaarts nie, anders help dit niks,” sê Cheryl.
As jy jou ooggrimering aanwend (ons het Warm/shaping blush as oogskadu gebruik) maak seker jy wend dit en meng dit ook opwaarts en uitwaarts aan. As jy oogomlyner gebruik, is dit noodsaaklik dat jy ook jou oogomlyner nie net uitwaarts laat wip nie, maar ook opwaarts. Anders kan jou oë lyk asof dit hang in vergelyking met jou mooi geligte wangbene.

Die RVB Lab So Beautiful Eyeshadow Palette (R995, orleanscosmetics.co.za)

“Hierdie oogpalet bevat skakerings wat by alle oogkleure sal mooi lyk,” merk Cheryl op toe sy dit sien. Dit het mat kleure, wat ons nuwe gunstelinge is om elke dag te dra, en metaalagtige sprankelende kleure vir spesiale geleenthede.


Die koue gryse en blou skakerings is vir Justine gebruik,terwyl die maroen skakerings op my gebruik is.
Die verpakking is ook heerlik lig, en gaan beslis saam op vakansie of in jou handsak as jy jou grimering deur die dag opknap.
Pst: RVB LAB is deel van die Italiaanse professionele velsorgreeks Diego Dalla Palma en is ook beskikbaar by uitgesoekte spa’s en skoonheidsalonne.
Lees ook: Hulp vir gedehidreerde vel