Ons sukkel op die oomblik vreeslik met gedehidreerde vel en was maar te dankbaar om die Sothys Hydra velsorgreeks te kan toets. Deur Suzanne Kotzé
17/02/2023
Promosie
Die verskil tussen droë vel en gedehidreerde vel
Droë vel
Droë vel verwys na jou veltipe bv. olierig, kombinasie of droog. Jou veltipe is gewoonlik nie iets wat verander nie, en verwys na die hoeveelheid lipiede (olies) wat jy in jou vel het.
Gedehidreerde vel
Enige iemand, ongeag hulle veltipe (droog, olierig of kombinasie) kan sukkel met gedehidreerde vel. Gedehidreerde vel verwys na ’n tekort aan water in jou vel. Jou vel moet weer ’n normale vel/water balans hê om soepelheid, sagtheid en veltoon te bewerkstellig.
Algemene redes vir ’n gedehidreerde vel
- Te veel of die verkeerde skoonheidsbehandelings
- Spanning
- Die omgewing (besoedeling, sonblootstelling ens.)
- Die weer
- Dieet
- Jy drink te min water
Tekens van ’n gedehidreerde vel
Jy kan soms die volgende ervaar
- Ongemak
- Styfheid
- Vel wat minder elasties voel
- Growwe vel
- Vel wat vellerig (flaky) voel
- Dehidrasie lyne
Ons toets SOTHYS Hydra velsorgprodukte vir ons gedehidreerde velle
Hierdie velsorgreeks is geskik vir alle veltipes wat gedehidreerd is.
Suzanne oor haar gedehidreerde vel
My vel was twee maande na ons lang somervakansie steeds so gedehidreerd. Ek het seker een van die grootste velsondes oorgekom en my gesig verbrand! Ja, ek weet! Ek het sonroom aangesmeer en selfs pille gedrink, en weer sonskerm aangesmeer, maar ag ure op ’n boot met snorkel en swem tussendeur, was net te veel vir my ligte vel. As jy op ’n tropiese eilandvakansie is, is baie son en swem seker nou maar deel daarvan. Die eilandvakansie is gevolg deur ’n Tuinroete-vakansie en as ’n ma van seuns, was daar natuurlik nog baie buitelug- en stranduitstappies ook.
Dit is beslis die heel meeste tyd van ek in my lewe al in die son deurgebring het, en ongeag voorsorg (en nasorg) was my vel twee maande daarna steeds gedehidreerd.
Justine oor haar gedehidreerde vel
Nadat ek bietjie oorgretig was met ’n nuwe vitamien C gesig produk het ek effens my vel gedehidreer. Te vinnig te veel van ’n baie aktiewe bestanddeel sal dit aan jou vel doen (selfs na jare in die bedryf leer ek nie my les nie!). Die resultaat was dat ek met ’n gedehidreerde, geïrriteerde vel sit wat sensitief en rooi is op sekere gedeeltes en selfs klein velletjies wat afdop (flaky skin) langs my mondhoeke en rondom my neus.
Die SOTHYS Hydra velsorgreeks bestaan uit
SOTHYS Hydra Intensive Hydrating Serum
Hierdie serum is geskik vir alle veltipes. Dit bevat vier bronne van hialuroonsuur (wat bekend is as ’n briljante bevogtiger) en twee SOTHYS gepatenteerde bestanddele (organiese rowanbessie peptiedes en boletusekstrak) wat help om jou vel intensief te hidreer en glansend te laat lyk.
SOTHYS Hydra Hydrating Youth Cream
Die room is beskikbaar in 2 teksture; Satin Cream vir normale tot kombinasievel en Velvet Cream vir normale tot droë vel.
Die room is ontwerp om soos ’n skild teen dehidrasie te werk en jou vel om te plomp en te bevogtig. Soos die serum bevat dit organiese rowanbessie peptiede en boletusekstrak en dan hialuroonsuur wat ’n hoë molekulêre gewig het.
SOTHYS Hydra-Plumping Mask
Die masker, met sy heerlike ryk tekstuur, help om jou vel dadelik ’n hidrasie-hupstoot te gee. Binne minute lyk jou vel plomper, gladder en meer glansend.
Suzanne oor die SOTHYS Hydra-velsorgreeks
Ek het die Hydra Intensive Hydrating Serum, Hydrating Youth Velvet Cream en Hydra-Plumping Mask gebruik. Nadat ek die eerste aand die serum en masker (ek is lui en het daarmee aangeslaap) gebruik het, het my man die volgende oggend toe ons wakker word opgemerk: “Jou vel lyk so mooi.” Ek was heeltemal uit die veld geslaan, en toe onthou ek van die produkte wat ek die aand vantevore gebruik het!
Die serum se tekstuur is lieflik en word onmiddelik geabsorbeer. Sommige serums ‘voel’ jy op jou vel, maar die een trek dadelik in. As jou begroting slegs een produk toelaat, sou ek beslis die serum aanbeveel.
Die masker is lieflike bederf, en jou vel lyk (en voel) inderdaad dadelik beter nadat jy die masker gebruik het. Jy moet dit vir so 10-15 minute aanhou, en dan die oortollige produk afvee. Op my vel is daar baie min oortollige produk, so daar is nie veel om af te vee nie.
Die Hydrating velvet youth cream het beslis ’n ryker tekstuur as waaraan ek gewoond is, en ek het gevind dat ek verkies om die room as ’n nagroom te gebruik, aangesien ek sommige oggende oefen en ook nog sonroom aanseer. Vir my veltipe (kombinasie tot droog) sal ek dalk eerder die Satin Cream bedags gebruik en die Velvet Cream saans.
Dit is wel ongelooflik om te sien watter teenverouderende effek dit op jou vel het om gehidreerd te wees. Die eerste ding wat ek opgemerk het, is dat my vel meer glansend lyk. Daarna dat dit minder styf voel en dat my plooie ook minder sigbaar lyk.
Justine oor die SOTHYS Hydra-velsorgreeks
Na my vitamien C-insident was ek net te dankbaar om die reeks van SOTHYS se hidrerende hialuroonsuurprodukte te ontvang om te toets. Ek was so beïndruk met hoe hierdie reeks (byna binne ’n week) my veldroogheid, irritasie en sensitiwiteit opgeklaar het.
Die SOTHYS Hydra-plumping Mask het ek heel eerste probeer, en soos een groot sluk water het my vel behoorlik hierdie masker opgeslurp. ’n Sagte en hidrerende masker wat my droë geïrriteerde vel dadelik streel en meer gehidreerd gelaat het. Dit was veral strelend rondom die hoeke van my mond waar my vel ekstra styf en skilferig was.
’n Hialuroonsuur serum is op enige dag ’n absolute stapel in my velsorgroetine, en ek het al deur die jare taamlik baie hiervan getoets. Die SOTHYS Hydra Intensive Hydrating Serum is beslis bo aan my “weer koop” lysie. Die Serum self is nie so loperig soos die meeste hialuroonsuur serums wat ek al gebruik het nie en wend dus baie makliker aan. Na gebruik is my vel dadelik meer verfris, gehidreerd en gelukkig. Ek het opgelet dat die vel, veral rondom my oë meer plomp lyk. Ek gebruik ook minder gesigroom – my vel het nie meer so baie hidrasie nodig nie.
Die SOTHYS Hydrating Satin Youth Cream is geskik vir normale tot kombinasie-veltipes. Ek het die room saans en soggens gebruik en kan getuig van ’n gesonde glans wat die room gee! Die tekstuur van die room is lieflik – nie te ryk nie maar ook nie te lig nie – my vel voel (en lyk) tot en met sonsondergang elke dag