’n Alles-in-een velsorgreeks met eenvoudige stappe (vir die besige vrou) en deurbraaktegnologie wat glansende velresultate optower.
Justine deel meer oor die baanbreker velsorgprodukte wat sy tans toets. ’n Velsorgreeks met hardwerkende produkte wat beloof om vel te reinig, veltekstuur te verfyn, vel te streel, verferm, hidreer en natuurlik om vel te beskerm. Plus hierdie alles uit eie bodem, ’n trots Suid-Afrikaanse velsorgreeks ontwikkel deur plaaslike wetenskaplikes met indrukwekkende resultate. Glo ons, hieroor gaan jy meer wil lees. Deur Justine Kroes
25/11/2024
O’ri Skincare Science
Al gehoor van O’ri? Die naam beteken lig, “radiance, Illumination” en nes die naam is hierdie velsorgreeks ontwerp met daardie woorde in gedagte. Die produkte in die O’ri reeks is elk ontwikkel om daardie gewenste natuurlike, stralende glans terug te besorg aan jou vel.
Byna 30 jaar gelede het velsorg estetikus Elmarie Erasmus besluit om goeie gehalte velsorgprodukte met hardwerkende aktiewe bestanddele meer toeganklik te maak vir die alledaagse vrou. Elmarie was destyds verras hoeveel geld vroue op salonbehandelings spandeer maar nie noodwendig dieselfde aandag gee aan hul tuissorg roetines nie.
Elmarie het op die Pheroid® tegnologie afgekom wat ontwikkel is deur velsorgwetenskaplike, Professor Anne Grobler.
Met hierdie tegnologie en Elmarie se jare van velsorgondervinding is O’ri gebore:
’n Ongeklompliseerde velsorgreeks wat eenvoudig is om te gebruik, bekostigbaar is en daarby effektiewe velsorgresultate optower.
Pheroid® tegnologie
O’ri maak gebruik van ’n gepantenteerde formule, genoem Pheroid® tegnologie, wat plaaslik deur wetenskaplikes ontwikkel is.
Wat is Pheroid® tegnologie?
Pheroid® tegnologie, verwys na ’n afleweringstelsel wat sorg dat bestanddele (soos hialuroonsuur en retinol) effektief geabsorbeer word. Die resultaat is dat bestanddele presies doen waarvoor hul geformuleer is, maar selfs nog vinniger, danksy die Pheroid® tegnologie as die dryfkrag hiervoor.
Onthou jou vel het ’n fisiese (en chemiese) sperfunksie wat daar is om al die skadelike chemikalieë en besoedeling uit te hou, daarom het wetenskaplikes ’n slim afleweringstelsel ontwikkel.
Dink aan die Pheroid® tegnologie as ’n baie effektiewe hoëspoed trein wat hoogs gespesialiseerde werkers vervoer. Die trein weet presies waar om stil te hou, watter velsorgbestanddeel by watter selstasie af te lewer in die kortste moontlike tyd. Wanneer bestanddele afgelewer word, kan dit begin werk om gesonde vel te stimuleer.
5 Redes hoekom die O’ri velsorgreeks op ons moet-probeer lysie is:
1. Ongekompliseerde velsorgroetine
Alles wat jy nodig het in een boks. ’n Vereenvoudigde velsorgroetine, met vyf produkte wat geformuleer is om in sinergie met mekaar te werk.
Hierdie eenvoudige roetine is blitsig om te gebruik vir besige vroue en selfs maklik genoeg om te volg vir diegene wat lui is om velsorgstappe te volg.
- Reiniger
- Aanspuit serum
- ’n Aanbly afskilferaar
- Gesigroom (vir dag en nag)
- SBF wat teen die son en omgewingsbesoedeling beskerm
2. Innoverende velsorgtegnologie
Die Pheroid® tegnologie is te danke vir die O’ri reeks se indrukwekkende velsorgresultate. ’n Slim stelsel wat sorg dat aktiewe bestanddele in rekordtyd velselle binnedring en doen waarvoor elk ontwikkel is.
3. Toeganklik en bekostigbaar
Met stigter Elmarie Erasmus se wens dat elke vrou goeie velsorg tuis behoort te kan gebruik, is die O’ri reeks toeganklik in die velsorgmark geposisioneer en bekostigbaar. Dit vir ’n velsorgreeks wat goeie standaard aktiewe bestanddele bevat.
Psst, as jy nog wil spaar, koop die O’ri Kit eerder as om produkte elk apart te koop, dit werk goedkoper uit.
Goeie nuus – spaar hierdie Black Friday. Betaal R1 200 vir die O’ri Kit (Normale prys R1 595) vir 5 produkte. Offer geldig tot 6 Desember – vinnig spring!
4. Trots Suid-Afrikaans en groen daarby
Ons deel met trots dat hierdie reeks (en tegnologie) in Suid-Afrika ontwikkel is en geproduseer word.
Die formulasie en produksie van die Pheroid® tegnologie word ook as “groen” geklassifiseer, wat beteken geen skadelike chemikalieë word gebruik wat ’n negatiewe impak op die omgewing sal hê nie. Pheroid® tegnologie is bio-afbreekbaar. Selfs water wat gebruik word gedurende die produksie van O’ri produkte word herwin en weer gebruik.
Boonop is die O’ri reeks ’n “Cruelty Free” handelsmerk wat beteken hulle toets glad nie hul produkte op diere nie.
5 Duidelike resultate
Die aktiewe bestanddele gekombineerd met die Pheroid® tegnologie lewer duidelike resultate vir ’n glansende, gesonde en gelukkige vel.
Justine sê “Met die gebruik van The O’ri Kit (al vyf produkte) voel my vel se sperfunksie weer gesond, en minder sensitief. Ek besef ek het te gereeld allerhande verskillende soorte maskers en afskilferaars gebruik om my probleemvel en puisies (van oormatige sweet tydens oefening) onder beheer te kry. Eers toe ek een reeks produkte saam begin gebruik het, (wat natuurlik geformuleer is om in sinergie saam te werk) het ek ’n duidelike velverandering sien plaasvind.”
“My vel voel soepel en gehidreerd, probleem puisies (veral in my nek area) raak al hoe minder en my gelaat lyk vir myself beslis meer glansend en gelukkig”.
Meer oor die produkte in The O’ri Kit:
Stap 1
Reiniger
’n Gesigwas wat effektief die vel reinig en onstlae raak van oortollige olies terwyl dit jou vel se pH vlakke balanseer, wat noodsaaklik is vir ’n gesonde sperfunksie.
Die bestanddeel Roman Chamomile ekstrak het ’n anti-inflammatoriese en strelende effek op die vel, wat sensitiwiteit en rooiheid verminder.
Justine sê “Jy het nie baie hiervan nodig nie, ’n klein druppel is meer as genoeg om jou vel behoorlik te reinig. Hierdie reiniger laat nie my vel styf en trekkerig voel nadat ek my gesig gewas het nie en laat my vel vars en gehidreerd voel”.
Stap 2
Hidrerende Serum
Hierdie slim aanspuitserum bevat hialuroonsuur (hyaluronic acid) wat vel opplomp en gehidreerd hou wat natuurlik ook die voorkoms van fyn lyne en plooie verminder.
Die bestanddeel niasinamied (niacinamide) verminder die voorkoms van ’n dowwe gelaat, vergrote porieë en bevorder en versterk die vel se epidermis (bolagie van jou vel) vir ’n optimale sperfunksie.
Justine sê “My gunsteling is dat jy jou serum kan aanspuit – die tydspaar faktor, geen bottels en doppies wat oop en toe gedraai moet word nie (want ek draai hul nooit behoorlik toe nie!). Een spuit in my hande wat ek oor my hele gesig aanwend. My vel is beslis minder rooi en meer gehidreerd na gebruik van die serum. Pssst, hou dit in jou handsak en spuit dit deur die loop van die dag aan om vel te verfris of as jy ekstra hidrasie benodig.”
Stap 3
Afskilferaar
Alfa-hidroksisure, saliesielsuur en ’n kombinasie van vrugtesure hits die vel se natuurlike afskilferingsproses aan en stimuleer die produksie van velselle. Die resultaat? ‘n Glansende, helderder gelaat, met minder sigbare fyn plooie en verfynde veltekstuur.
Justine sê “Ek het so ’n paar jaar terug die eerste keer die afskilferaar gebruik en dit bly tot vandag ’n gunsteling. ’n Aanbly afskilferaar wat my velsorgroetine selfs nog makliker maak. Begin stadig en gebruik die produk vir eers een keer per week en later tot twee keer per week. My vel se tekstuur voel en lyk minder dof en vaal na gebruik.”
Stap 4
Dag en nagroom
Is jou dag en nagroom in een. Die Pheroid tegnologie saam met die bestanddeel Retinol (Vitamien A) stimuleer jou vel se natuurlike kollageenproduksie. Verbeter veltoon, verminder fyn lyne en plooie en verfyn vel se tekstuur vir ’n fermer velvoorkoms.
O’ri se Anti-Ageing Cream bevat nog staatmaker aktiewe bestanddele soos Vitamien C, ’n anti-oksidant wat die tekens van veroudering verminder. Hialuroonsuur hidreer terwyl niasinamied oneweredige, dowwe vel met lyn lyne verminder.
Justine sê “Gewoonlik neem dit my vel ’n rukkie om aan verskillende tipes retinol gewoond te raak, maar danksy die Pheroid tegnologie en die anti-inflammatoriese eienskappe hiervan het ek glad nie enige van daardie ongewenste retinol rooiheid of irritasie ervaar nie.”
Stap 5
Sonbeskerming
’n Chemiese sonskerm wat die vel teen die skadelike UVA en UVB sonstrale beskerm. Die sonroom spog met ’n hitte-sensitiewe anti-oksidant tegnologie danksy die bestanddeel ‘Thermus Thermophilus Ferment’ wat die vel ook teen vrye radikale beskerm.
Justine sê “Die tekstuur is lieflik, voel nie taai of olierig soos die meeste ander sonrome nie, ek weet sommer ek gaan hierdie sonskerm oral heen saam dra hierdie somervakansie.”