Is jy en jou gesin ook lief vir hoede en kepse dra? Maar alewig moeg vir oorvol hake en kapstokke wat byna omtuimel met die hele huisgesin se hoed en keps versameling? Hier is ’n paar slim hoed en keps stoorwenke. Stoor so slim: van stoor in houers, tot wegbêre in jou klerekas of hoede uitstal as hoedemuurkuns! Deur Justine Kroes
24/08/2024
Slim stoorwenke vir hoede en kepse
Organiseerder, regpak en wegpakkenner Kasia van MK Method @mkmethod op Instagram deel haar top hoed en keps stoorwenke.
Hoede
Kasie se topwenk vir ronde hoede stoor:
“Kies deursigtige houers met deksels wat ordentlik kan toemaak en stapel jou ronde hoede van grootste (onder) tot kleinste bo opmekaar”.
“Hierdie stoorwenk met deursigtige houers hou jou hoede skoon, muf en stofvry. Dit hou ook jou hoedeversameling goed georganisserd en op een plek.” Kasia sê “moenie vergeet om ’n stylvolle naamplakker op te plak nie.
’n Stoorsak

Hierdie Large Capacity Round Storage Hat (R369) is ideaal vir jou ronde hoede stoor. Die deursigtige voorkant is so handig, jy kan inloer om te sien watter hoed pas die beste by jou uitrusting.
Slim stoorwenke vir kepse
Kasia van MK Method verduidelik, na honderde kaste organiseer was daar ’n duidelik behoefte aan ’n oplossing vir kepse, iets waaarvan elke huisgesin baie het.

Kasia het hierdie pragtige akriel kepsrakkie ontwikkel en kan byna nie voorhou met bestellings nie. Nie net lyk jou kas netjieser nie, hierdie slim houer hou jou kepse in die perfekte vorm en keer dat dit buig of beskadig.
Jy kan die grootte of lengte van hierdie rakkie na jou behoeftes pasmaak”. En dis op standaard bestelling beskikbaar in die volgende groottes. Hierdie slim kepshouer kan tot 9 kepse stoor, is 420mm diep en 80mm wyd.
Hangers wat spasie bespaar
Hierdie is nou ideaal vir spasie bespaar – ’n hanger met ’n klompie knippe waaraan kepse almal bymekaar vasgeknip kan word.
Hoekom ons hiervan hou:
- Al jou kepse is bymekaar
- Jy bespaar haak, rak en algehele kasspasie
- Jy kan maklik deur die hoede “blaai” totdat jy een vind wat jy graag wil dra.
Wenk: Gebruik ’n tissue of sagte papiertjie tussen die hoed en die knip op die hanger. Dit sal verhoed dat jou keps beskadig van die knippe.
Kepsrak
Indien jy nie van die hakkies op hangers-idee hou nie, is ‘n kepsrak dalk jou antwoord.


Psst, jy kans selfs ‘n skoen rak wat ophang gebruik om kepse te stoor.
Agter die deur
Daardie spasie agter jou kamerdeur (wat deur niemand gebruik word nie!) is dalk die ideale plek om hoede of kepse te stoor.
Probeer ’n “over the door” hakie met genoeg haakplakkies om te sien of hierdie stoorplan vir jou werk.
Wenk: kies ’n haaksisteem wat jou toelaat om elke keps of hoed op sy eie te hang. As jy te veel hoede bo oor mekaar gaan stoor, gaan jy vergeet van die hoede onder, of onthou van die hoede onder ander en al die hoede haastig afruk en nie weer netjies stoor nie.
Gebruik jou hoede as dekor
G’n spasie vir stoor? G’n probleem – kyk net hoe mooi is hierdie idees om jou hoede uit te stal as “muurkuns”.

