Die kraaie (en ons) gaap behoorlik met die warm weer; hier is ’n paar van ons gunsteling waterbekers en -bottels, om te help dat jy gehidreerd bly. Van jou yskas, tot vir sport en vir die tafel. Deur Suzanne Kotzé

Waterbekers met deksels vir die yskas

Jy gooi vir jou ’n yskoue glas water uit die beker in die yskas, en dan proe die water ene yskas. Nee dankie! Daarom verkies ons bekers en bottels met doppies op.

Luigi Bormioli  Sublime carafe (R268,67 amazon.co.za) PS Hoe mooi is die glas ook. Dit is ’n winskopie van takealot (Vicrila Sida R385 vir 12).
Eva Solo Fridge Caraffe (R769, Yuppiechef)

Stylvolle waterbekers/kraffies vir die tafel

Sit tydens ete ’n heerlike beker yskoue water op die tafel, en dalk vra jou kinders nie eers vir koeldrank nie. Tydens kuieraande met vriende help dit natuurlik ook om drankies met water af te wissel; maak dit maklik vir jou gaste deur altyd water op die tafel te hê.

Maxwell & Williams Diamante Cylindrical Water Jug 1,5l (R330, maxwellandwilliams.co.za)
Country Road Tala Jug (R599, Woolworths)

Probeer ook gerus gegeurde water; as jy nie van gewone water hou nie.

Jou eie gegeurde water

As jy verveeld word met die smaak van water is hierdie tipe waterbottels ‘n goeie opsie.

Zuutii Infusion Pitcher, 1.2L R369 Yuppiechef
Brabantia Make & Take water bottle with strainer (R399, Brabantia)

Van ons gunsteling gegeurde waterkombinasies is

  • Suurlemoen
  • Lemoen en kaneelstokkies (veral lekker gedurende die winter)
  • Komkommerskyfies en kruisementblare
  • Kiwi, aarbeie en suurlemoen
  • Waatlemoen en basilieblare
  • Pynappel en kruisementblare

Wag so ’n halfuur nadat jy die bestanddele by jou water gegooi het sodat die geur lekker in die water kan intrek.

Geinsuleerde bottels

Hierdie bottels hou koue drankies koud en warm drankies warm. Dit bly ’n gunsteling om in te pak skool toe en is ook ideaal as jy dalk nie so baie water op een slag teug nie, en jou water wil koud hou op jou lessenaar of terwyl jy bestuur.

Stanley IceFlow Flip Straw Double-Walled Bottle (R699, outdoorwarehouse.co.za)
Stanley Aerolight Fast Flow Bottle 600ml (R1149, Cape Union Mart)
Zoku Stainless Steel Sports Bottle, 500ml (R729, Yuppiechef)
Zoku Vacuum Insulated Stainless Steel Bottle (R729, Yuppiechef)

Glasbottels

Glas drinkwaterbottels is dalk nie ideaal om vir jou kinders in te pak skool toe nie (hierdie het ons al op die harde manier geleer), maar dis heerlik vir tuisgebruik, of vir langs jou lessenaar (veral as jou kantoor koue water het waar jy gereeld kan gaan vol maak).

Manna Glass Water Bottle 1 L (R159,99, Woolworths)
Country Road Nico Drink Bottle 550ml (R399, Woolworths) Hierdie glasbottels lyk dalk nie soos glas nie, omdat dit ’n silikoon-omhulsel het.

Bekers wat water filter

As jy nie ’n watersuiweringskraan in jou kombuis het nie, is hierdie goeie alternatiewe.

Brita Filter Jug 2.4 l (R799, Woolworths)
Kuro-Bo Glass Water Filter Jug (R699, takealot.com) bevat een spesiale blokkie geaktiveerde steenkool om water te suiwer. Die blokkie suiwer water vir 3 maande lank.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Haus Yukon Fur in Mocha
Snoesige winterkombersies vir jou leef-area
error: Content is protected !!