Skoonheidsnuus: Grootste skoonheidswinkel in SA ‘ARC’ se deure nou oop!

ARC, die aanlynskoonheidswinkel wat in April 2021 gestig is, maak vandeesweek die deure van hul nuwe vlagskipwinkel in Sandton City oop. Die winkel is ’n reuse 500 vierkante meter, gevul met luukse skoonheidsprodukte, velsorg, grimering parfuum en nog meer. Lees meer oor ARC, die grootste skoonheidswinkel tans in SA. Deur Justine Kroes

Van die handelsmerke beskibaar by ARC store sluit CHANEL, Dior, La Mer en Guerlain in. Daar is ook natuurlik kult-gunstelinge wat voorheen nie maklik in Suid-Afrika te kry was nie soos Huda Beauty, Wishful Skincare en Kayali Fragrances. En glo nog meer op pad!

Vir ‘n volledige lys van hadelsmerke beskikbaar klik hier.

Die ARC skoonheidswinkel draai die konsep van outydse skoonheidstoonbanke op sy kop, met ’n interaktiewe aanslag tot skoonheids-inkope. Vergeet van skoonheidskonsultante wat agter ’n toonbank staan en vir jou produkte aangee. Die fokus is eerder nou op ’n span “argitekte”, vanaf grimeerkunstenaars, velspesialiste en fyngeurkenners. Hul sal jou bystaan indien nodig met ’n selfservice aanslag tot produkte kies, ruik en voel.

Die ARC span werk hard om hul volhoubare missie, Doing Beauty Better’, deur te voer met hul ambisieuse doelwit van zero waste. In plaas daarvan om vir klante te vra om inkopiesakke te koop, skenk hul eerder R5 namens jou aan plaaslike omgewingsorganisasie Greenpop indien jy nié een van hul plaaslik vervaardigde 100% herwinbare en herbruikbare sakke neem nie.

Streng gesondheids- en veiligheidsprotokolle word in die winkel gehandhaaf om te verseker dat dit veilig bly tydens die pandemie.

Ons wens ons was nader om hierdie skoonheid-hemel te kan besoek! Ons hou maar duimvas vir die moontlikheid dat daar binnekort een in Kaapstad mag oopmaak, ons kan maar net droom …!

Lees ook: Nuwe tekstuursproei: Indola Act Now Texture Spray

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Poniestert transformasie; so vinnig soos 1, 2, 3
error: Content is protected !!