Skoonheidskenners se gunsteling sakpas skoonheidsprodukte

Meeste van ons voel tans die knyp en probeer spaar waar ons kan. Dus het ons dit goedgedink om ’n klompie van ons gunsteling skoonheidskenners te vra wat hul top sakpas skooheidskopies is en waarom hulle daarvan hou. Ons hoop hierdie help jou om ’n Rand of twee op jou skoonheidsuitgawes te spaar! Saamgestel deur: Justine Kroes

Bygewerk 13/03/2024

Elsa Krüger

Elsa Krüger is ’n joernalis met meer as 40 jaar ervaring in koerante en tydskrifte en spesialiseer die afgelope drie dekades in skoonheidsjoernalistiek, onder meer as skoonheidsredakteur en/of –artikelskrywer vir verskeie publikasies. Elsa het ook haar eie Afrikaanse Blog, Mooipraatjies met Elsa, volg haar gerus hier: www.mooipraatjies.com

Ek is versot op Franse “apteek” handelsmerke. Die pryse is redelik en die resultate betroubaar.

Elsa Krüger

Gesigsproei

Avène Eau Thermale Avene Thermal Water (R175); Ek is nooit sonder hierdie produk nie. As my vel sensitief voel of rooi en geïrriteerd is, is dit al wat ek nodig het om dinge te kalmeer. Dit bevogtig boonop die vel en sorg vir ’n lieflike glans as dit soos ’n ligte mis oor grimering gespuit word om dit te set. Ek het een in my motor, een in my handsak en een in my badkamer.

Avène Eau Thermale Avene Thermal Water

Velreiniger

Eau Thermale Avène Cleanance Micellar Water. Hierdie is die perfekte velreiniger vir my vel, soggens en saans. My vel is fyn en sensitief, en hierdie produk streel die dag se grimering en besoedeling sagkens weg, terwyl dit my vel verfris en soggens wakker maak. Die bottel van 400ml hou my ruim 8 maande. Die oomblik as dit laag lê, gaan koop ek die volgende een.

Eau Thermale Avène Cleanance Micellar Water

Sonskerm is ononderhandelbaar.

Hierdie Eau Thermale Avène’s Spf50+ Anti-Aging sonskerm is lig en veeldoelig. Dit verskaf breë spektrum beskerming teen skadelike UVA en UVB strale en voorkom voortydige veroudering.

Avène’s Spf50+ Anti-Aging Sunscreen

Vir droë vel

My lyf is dorstig en my vel is droog. Ek gebruik die Nivea Q10 + Vitamin C Firming Body Lotion lyfroom ná ’n stort of bad. Gewoonlik smeer ek eers my vel terwyl dit nog half klam is met ’n olie en seël dit dan met die lyfroom in. Omdat ek nou in die “senior” kategorie val, spits my ore dadelik as ek die woord “firming” op ’n produk sien. Die produk bevat Co-enzyme Q10 en Vitamien C wat die vel versterk en verryk sodat dit soepel en ferm bly.

Nivea Q10 + Vitamin C Firming Body Lotion

’n Serum is ’n moet

Ek glo aan serums, en my gunstelinge is Vitamien C soggens om my vel helder en stralend te hou, en retinol saans vir selvernuwing. Hierdie produk van Eucerin bevat 10% suiwer, aktiewe Vitamien C. Dit versterk my vel en plomp lyntjies mooi op, terwyl dit die veltonus egalig maak. ’n Wenner in my boek. Die verpakking is klein, maar ’n mens sien baie vinnig resultate.

Eucerin Hyaluron Filler Vitamin C Booster (Clicks)

Nivea en Eucerin van Beiersdorf is my gunsteling bekostigbare produkte. Ek hou van die navorsing wat al hul produkte rugsteun.

Candice-Lee Kannemeyer

Candice is ’n gesoute skoonheidskenner in die industrie met voormalige titel skoonheidsredakteur by glanstydskrifte tot vandag waar sy haar eerlike opinies oor produkte deel op haar blog In My Bag. Volg vir Candice op Instagram klik hier en lees haar blog hier. www.inmybag.co.za

’n Ou gunsteling

Ek sê altyd die Dove Sensitive Beauty Bar is my absolute gunsteling skoonheidskopie (sakpas of nie!). Ja jy behoort jou grimering te verwyder met ’n grimeerverwyderaar, maar wanneer dit kom by gesig skoonmaak is my Dove sepie tops. Ek gebruik die seep op my gesig en lyf. Niks kom naby om oortollige olies en sonskerm van my gesig af te was nie.

Dove Sensitive Beauty Bar

Super serums

Ek glo regtig dat mens dalk bietjie ekstra geld op jou serums moet spandeer (bespaar kostes op gesigroom ens). Hier is ’n paar van die serums wat ek graag gebruik:

Neutrogena Retinol Boost Serum – die hele reeks is eintlik fantasties maar die serum is op sy eie vlak! Ek het onlangs ’n onderhoud met Dr Willie Visser, die hoof van Dermatologie by Universteit van Stellenbosch gevoer en hy het saamgestem dat dit ’n wonderlike geformuleerde produk is.

Neutrogena Retinol Boost Serum

Ek gebruik nou al ’n rukkie ’n produk van HADA LABO (Japan se top velsorgreeks verkoper) die HADA LABO Anti-aging Super Hydrator dit is basies ’n hialuroonsuur lotion,  en dit is ongelooflik. Tot dusver my gunsteling produk wat ek al hierdie jaar getoets het, ek hou so baie daarvan ek gebruik dit selfs op my lyf. Die bottel hou ongelooflik lank, beslis ’n slim sakpas kopie wat werk.

HADA LABO Anti-aging Super Hydrator

Alles in een room

Wanneer dit kom by bevogtigers (moisturisers) glo ek dat die formule baie “basic” moet wees, nie ’n klomp geur en kleur middels bevat nie, en geen SBF nie. Hou eerder al die belangrike bestanddele vir jou serums waar jy dalk bietjie meer kan spandeer. Hou lyfrome en gesigrome eenvoudig – die truuk is natuurlik om ’n goeie formule te vind wat geurvry is – op die ooblik is CeraVe Moisturising Cream (For face & body) ’n gunsteling. Ek en selfs my man en dogter gebruik dit. ’n Wonderlike produk waqt goed hidreer.

CeraVe Moisturising Cream (For face & body)

Aanbly gesigmasker

Die Eau Thermale Avène Smoothing Radiance Mask is beslis my gunsteling sakpas skoonheidsmaker nog. Ek gebruik dit twee tot drie keer per week. Maar meeste van die tyd gebruik ek dit as ’n oornagmasker en slaap sommer daarmee aan. Ook fantasties vir wanneer my vel droog voel as ek reis.

Charnie Piater

Charnie is ’n vryskut haar- en grimeerkunstenaar in Kaapstad. Volg gerus vir Charnie hier.

Ek is ’n groot aanhanger van ’n multi-purpose produk, ’n produk wat jy op verskeie maniere kan gebruik spaar jou nie net geld nie, maar ook tyd!

Charnie Piater

Gesigsproei

Ek gebruik die The Body Shop – Vitamin C Energising Face Mist voor ek grimering aanwend. Dit laat jou wakker voel, gee vir jou ’n gesonde glans en bevogtig ook jou vel. Jy kan dit deur die loop van die dag ook gebruik om jou grimering te verfris en vars laat lyk. Dit ruik boonop ongelooflik.

The Body Shop – Vitamin C Energising Face Mist

Lipstiffie vir oë, wange en lippe

As jy nie baie tyd in die oggend het om reg te maak nie, is ’n lekker lipstiffie ‘n moet. Onthou jy kan lipstiffie gebruik as ’n oogskadu, blosser en natuurlik op jou lippe, daarom kan jy goed tyd spaar met so een produk. Hierdie Maybelline Superstay Matte Ink Lipstick lipstiffie reeks het enige kleur waaraan jy kan dink en is mat, so dit sal lank hou.

Maybelline Superstay Matte Ink Lipstick

Alles in een room

Ek gaan nêrens sonder my Elizabeth Arden Eight Hour Cream nie! Jy kan dit letterlik vir enigiets gebruik, hier is ’n paar maniere waarop ek dit gebruik; as ’n lipsalf, as n verhelderaar (highlighter) omdat dit ’n pragtige glans gee as jy dit met jou vingers oor jou wangbene aantik. Dit doen ook wonders vir ligte brandwonde (veral omdat ek baie met hitte werk wanneer ek hare doen). Ek gebruik dit selfs onder my oë voor grimering sodat daardie fyn lyntjies goed bevogtig is. Mens gebruik min op ‘n slag so dit hou baie lank.

Elizabeth Arden Eight Hour Cream

Haarsproei wat werk!

Daar is geen haarsproei soos die Schwarzkopf Got2B Glued Hairspray nie. As jy wil hê jou haarstyl moet presies in plek bly vir 24 uur lank kry gerus die een!

Schwarzkopf Got2B Glued Hairspray

Dit is so sterk ek gebruik dit selfs op my wenkbroue (as ’n brow soap) en dit hou die klein haartjies heeldag in plek. Jy kry ook klein reisgrootte botteltjies wat jy maklik in jou handsak sal pas.

Vir hare met volume en tekstuur

Die hele Kirsten Ess reeks is so lekker, en ek is veral mal oor ’n texture spray. Die Kristen Ess Texture Spray maak so groot verskil veral met volume en tekstuur vir wanneer jy jou hare krul. Hierdie is jou beste vriend as jy dun hare het of as jou hare te skoon is vir ’n sekere styl (soos krulle).

Die Kristen Ess Texture Spray

Natuurlike, glansende onderlaag

Hierdie Catrice Tinted Serum Foundation onderlaag is ongelooflik! As jy hou van ’n “dewy”glansende grimeervoorkoms is hierdie die onderlaag vir jou (en so bekostigbaar, vir die resultaat wat jy kry).  Omdat die onderlaag hialuroonsuur en vitamien E bevat, hidreer dit boonop jou vel. Dit voel amper asof jy geen grimering op jou gesig het nie, en lyk natuurlik en glansend gesond. 

Catrice Tinted Serum Foundation

Monica van Der Walt

Monica is ’n skoonheidskenner en skoonheidsredakteur by Sarie Tydskrif.

Viva-volume

Batiste Dry Shampoo Volume – Elke vrou behoort ’n droë sjampoe te hê vir daardie dae wat jou hare plat en leweloos lyk (of as jy ’n dol dag gehad het en net nie by hare-was kon uitkom nie). Hierdie droë sjampoe is maklik om te gebruik, ruik lekker en doen sy werk goed. Dit skep ook mooi volume by jou haarwortels. 

Batiste Dry Shampoo Volume

Lekker bad

Earthsap Foam Bath in Honey & Almond – In die winter geniet ek graag ’n skuimbad. Ek hou veral van dié een omdat dit geen sintetiese geursel wat irriterend vir jou vel kan wees bevat nie, maar steeds heerlik kalmerend ruik. Die bestanddele is ook bio-afbreekbaar en dus meer omgewingsvriendelik. 

Earthsap Foam Bath in Honey & Almond

Voorbereidingslagie

Catrice Ten!sational 10 in 1 Dream Primer – Dié basislaag is al jare deel van my grimeerroetine. Ek is mal oor die subtiele, gloeiende afwerking wat dit aan my vel gee. Dis ook bevogtigend en keer dat my onderlaag nie deur die dag krakerig begin lyk nie.

Catrice Ten!sational 10 in 1 Dream Primer

Interessante olie

Essence Electric Glow Colour Changing Lip & Cheek Oil – Ek het hierdie interessante produk onlangs ontdek en gebruik dit sedertien elke dag. Dit het ’n sagte olie-formule wat ek aan my lippe en wange aanwend. Dit gee aan my lippe en wange die mooiste subtiele, rosige gloed.

Essence Electric Glow Colour Changing Lip & Cheek Oil

Stylvol se sakpas gunstelinge:

Suzanne Kotze:

Groot lyfroom vir die hele gesin

Ek is mal oor Eau Thermale Avène se Trixera reeks en is hartseer dat dit glo nie meer vervaardig word nie. Ek kon nie meer ons gesin se gunstelinge lyfwas van die reeks opspoor nie, maar was verheug toe ek nog TriXera Nutrition Nutri-Fluid Balm kon opspoor by Clicks. Nou op ‘n drie vir twee aanbieding. Ek vermoed dit is van die laaste voorraad wat daar is, so vinnig spring. (Ek mag dalk net nog drie bottels koop!) Dit is wonderlik vir droë, sensitiewe vel en ek het dit selfs op my gesig ook al gebruik.

Eau Thermal Avéne TriXera Nutrition Nutri-Fluid Balm

Elkedag lipstiffie

Hierdie is ’n wonderlike (en bekostigbare) elkedag, natuurlike kleur. Dit voel heerlik bevogtigend op jou lippe en gee mooi subtiele kleur.

Catrice Melting Kiss Gloss Stick in 040 Strong Connection (R125,95 houseofcosmetics.co.za)

Waterdigte maskara

My oë is geneig om vreeslik te traan op ’n winderige dag, wat gereeld is, as jy in Kaapstad bly. Hierdie maskara is werklik waterdig, en ek het geen swart strepe al traan my oë nie. Dit volume is ook wonderlik.  (Onthou om all waterdigte maskara altyd met ’n olie-gebaseerde grimeerverwyderaar te verwyder.)

Essence Lash PRINCESS false lash Effect Mascara Waterproof

Justine

Neutrale lippe

Nadat ek die Catrice Plumping Lipliner in Wat a Doll skakering aangewend het, vra ek vir my man, wat dink jy van my lipkleur? sy antwoord “waste lipkleur?” en dit is presies wat ek wou hoor – ’n nude skakering naby aan my eie lipskakering maar genoeg ekstra pienk dat my lippe nie te vaal lyk nie.

Catrice Plumping Lip Liner What a Doll

Sakpas wimpers

Ek doen graag my eie wimpers, dit spaar my tyd en ’n hele klompie geld om elke tweede week dit te “laat doen”. Dit neem beslis ’n bietjie oefenwerk om dit onder die knie te kry en ek het aan die begin ook maar ’n hele paar keer my oë byna toe gegom! Ek gebruik meer onlangs hierdie “falsies” van Clicks met die Eylure Individuals Lash Glue daarby. My wimpers hou so ’n week – en as daar een of twee afval, gom ek eenvoudig ’n paar terug. Loer hier vir ’n stap vir stap van hoe ek dit doen.

Clicks Beauty Essentials Individual Lashes Medium

Sterk gesonde naels

Ek het voorheen vreeslik gesukkel met naels wat kraak en skeur en boonop droë en harde naelvliesies, maar vanaf ek die BioScuplture Vitamin Dose (R130 vir 14ml) gebruik (letterlik net ’n klein druppel op my naelvliesies aan) is my naels sterker, gehihdreerd en gelukkig! So ’n 15ml houertjie hou ongelooflik lank en gaan ver.

BioScuplture Vitamin Dose

Psst vir 10% afslag op jou kopie klik hier – jou afslag sal outomaties toegedien word.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Chanel Spring Summer Collection 2023-2
Grimeerwenke vir voller lippe
error: Content is protected !!