Hierdie skoonheidsakkies is so mooi, dit laat ons uitsien na ’n vrolike somervakansie! Van bypassende bagasie en sakkies, tot sakkies met jou naam op. Deur Suzanne Kotzé
Neem die volgende in ag wanneer jy skoonheidsakkies en smuktassies koop
Grootte
En nie net hoeveel goed jy hier kan inpak nie, maar ook die hoogte. Kan jou gewone grootte bottels regop staan hierin? Of pak jy kleiner bottels in vir vakansie?
Ritssluiters
Toets die ritssluiter voordat jy dit koop. Hak dit, lyk dit of dit langer as een of twee keer se gebruik gaan hou. (Veral jy dalk jou sakkie vol prop.)
Materiaal
Kan jy dit skoonvee, of in die wasmasjien was? (Lees gerus die wasinstruksies, want sommige sakkies kan glad nie gewas word nie.)
Hoe lank wil jy hê dit moet hou?
Koop jy dit net vir een vakansie? Of wil jy hê dit moet vir ‘n paar vakansies hou?
Persoonlike skoonheidsakkies (en meer)
Laat borduur gerus jou naam op ’n sakkie. Dit is natuurlik ook ’n oulike geskenkidee.
Bypassende sakkies en bagasie
As jy hou daarvan dat alles eksie perfeksie bymekaar pas, oorweeg gerus hierdie oulike skoonheidsakkies en hul bypassende maats.
Thandana se Checker Pretty sakke
Ons is gaande oor hierdie mooi patroon, en dit is is beskikbaar in alles van naweeksakke tot selfs ‘packing pods!)
Poetry
Country Road
Nog mooi skoonheidsakkies
Vir grimeerkoninginne
Vanity Case With Rechargeable LED Mirror Black (R1 199,20 Bash en @home winkels) Dit is ewe mooi vir jou spieëltafel en jy kan dit net so inpak in jou tas.
Sakkies vir die vliegtuig
As jy internasionaal vlieg, verkies die meeste lughawes steeds dat jou skoonheidsprodukte in ’n deursigtige sakkies moet wees.
Pakwenke
Vir jou handbagasie in die vliegtuig
Hou ’n kleiner sakkie met produkte wat jy gereeld deur jou vlug gebruik byderhand. Soos met jou lipsalf en handeroom in.
Keer dat jou botteltjies lek deur die ekstra lug uit die botteljies te druk wanneer jy dit inpak. Die ekstra lug in die botteltjies is wat die doppies kan laat afskiet of dit laat lek. Draai die doppie oop, druk liggies en draai die doppie weer toe.
As jy steeds bang is vir lek, sit kleefpastiek oor elke botteltjie se opening en draai dan die doppie toe.
Hou jou tandeborsel apart van jou skoonheidsprodukte; daar is min dinge so aaklig soos om met ’n tandeborsel te borsel wat deurweek is met sjampoe of wat soos jou parfuum proe.
Pak oordeelkundig
Maar ook nie te effentjies nie. Ek wou myself al skop as ek te min sonskerm, na-son- en lyfroom ingepak het en dan ten duurste moet gaan bykoop. (Veral as jy in ’n kleiner dorpie vakansiehou met net ’n apteek).
Hou gerus deur die jare kleiner potjies en botteltjies waarin jy produkte kan herverpak vir jou vakansie (as spasie ’n probleem is.)
Dink aan jou grimering; die meeste van ons dra baie minder grimering gedurende die somervakansie. Pak eerder een oogpalet met ’n paar neutrale skakerings in as klomp potjies oogskadu. ’n Roomblosser lyk mooi glansend en dan hoef jy nie ’n kwas in te pak nie.
Vakansie voel dalk nog vêr weg, maar dit is om die draai! Moenie die fout maak om tot laaste minuut te wag voordat jy jou skoonheidsprodukte ingooi nie (self skuldig hieraan!), want dit is wanneer jy goed vergeet.