Sjefs se 10 moet-hê kombuisbenodighede

Wat is sjefs se moet-hê kombuisbenodighede? Vier sjefs, Elmarie Berry, Ilse van der Merwe, Carmen Niehaus en en Caro Alberts deel met ons waarsonder hulle nie in hul kombuise kan klaarkom nie. Deur Suzanne Kotze

Vier sjefs se 10 moet-hê kombuisbenodighede

‘The Food Fox’ Ilse van der Merwe se kombuisbenodigdhede

Ilse van der Merwe of the ‘The Food Fox’ het in 2011 haar blog The Food Fox begin om ’n voet in die deur van die kosindustrie te kry. Vandag het sy al twee resepteboeke gepubliseer en werk gereeld saam met groot handelsname in die industrie en sy het selfs ook ’n TV-program aangebied.

Loer gerus op thefoodfox.com vir heerlike resepte. Volg vir Ilse op Instagram @thefoodfox

1. Klein kerfmessies (“paring knives”)

 Getande en gladde-lem kerfmessies. Ek het ’n hele paar van Victorinox en Wusthof, ’n mens kan nooit genoeg hê nie. Hulle bly baie lank skerp en is die heel beste vir tamaties sny (en letterlik enigiets anders). Elke kombuis moet minstens twee hê, maar ses tot ag is ook nie te veel nie want hulle maak wonderlike steakmessies.

Victorinox Swiss Modern Paring Knife Set (R479, Yuppiechef)

2. 20cm sjefsmes

Ek het verskeie van hierdie messe, sommige duur en ander goedkoop, want ek gebruik dit baie gereeld. Ek gebruik my Wüsthofmes seker die meeste, hy is ’n werks-os en kan enige ding fynkap, rou vleis sny, gaar vleis kerf ens. My goedkoper messe gebruik ek om deur hoenderkarkasse ens. te sny wanneer ’n mens dit wil “spatchcock”, sodoende voel ek nie te jammer vir ’n duur mes nie. Ek pas my groot messe baie mooi op; hulle word slegs met die hand gewas en die houthef-messe word nou en dan geolie.

Wüsthof Gourmet Chef’s Knife, 20cm (R1 639, yuppiechef)

3. Kleefwerende pan

Geen kombuis kan sonder so ’n pan nie. Myne is ’n 30 cm Le Creuset pan met ’n staalhandvatsel wat ook in die oond kan gaan. Om spek te braai is ’n plesier, flapjacks sit nooit vas nie, vis breek nie in die pan nie, burger patties sit nie vas nie, die lys is eindeloos.

Le Creuset Toughened Non-Stick Deep Frying Pan (R3 299, lecreuset.co.za)

4. ’n Groot emalje ysterpot

Ek gaan nie jok nie, ek het ’n hele paar Le Creusetpotte in verskeie groottes. Vandat ek daarmee begin kook het, is dit moeilik om terug te gaan na iets anders. Al is dit swaar en duur, is dit iets wat hitte geweldig goed gelei en baie stabiel is bo-op my stoof. ’n Geroosterde hoender in so ’n pot is net hemels! Jy sal die grootte moet kies afhangend van jou behoeftes, maar ek ondervind dat ek deesdae my 28 cm pot die meeste gebruik.

Le Creuset Signature Round Casserole in Nectar (R5 999, lecreuset.co.za)

5. “Microplane”

 Ek kan nie meer sonder my lang fyn rasper nie. Vandat ek een besit, kap ek nooit meer knoffel of gemmer fyn nie, ek rasper dit met my microplane. Ook ’n móét vir parmesaankaas.

Hier is ‘n paar keuses

Microplane premium classic zester (R429 @home beskikbaar by bash.com)
Microplane Master series (R799, yuppiechef.com)

6. ’n Mediumgrootte liggewig bamboesplank

Ek het ongelooflik baie “chopping boards” in verskeie groottes en vorme, gemaak van verskillende hout. My gunsteling bly egter ’n medium grootte bamboesplankie, dis ligter in gewig, maklik om skoon te maak en maklik om te hanteer. Vir ’n vinnige broodjie smeer, kaas rasper, een ui opsny – die lys is eindeloos. Ek gebruik groter houtplanke wanneer ek rou vleis sny/verwerk of baie groente moet skil en opsny, of ’n meer dekoratiewe eikehoutplank wanneer ek ’n kaasbord wil voorsit.

7. ’n Houtlepel

’n Mens kan eenvoudig nie daarsonder nie, ek dink ek het meer as 10! En dis sag op my emaljepotte se bodems.

8. ’n Ordentlike silikon spatel

En ek bedoel dit as ek sê “ordentlik”, want spatels verskil. Ek hou van ’n sagte silikoonspatel wat ’n mengbak behoorlik kan uitskraap. Die harde spatels kan nie by al die hoekies uitkom nie. ’n Kleintjie is ook baie handig wanneer jy daai laaste bietjie mayonnaise uit die bottel wil skraap.

9. Skillertjie

 Ek gebruik ’n Y-vorm skiller, en ek skil met hom teen ’n spoed wat nie vir my moontlik is met ’n outydse langwerpige skiller nie. Ek is mal oor skil!

Probeer

Brabantia tasty+ y-peeler zester green (R169, bash.com)

10. Staaltang

Ek gebruik daardie eenvoudige v-vormige knyptange vir alles onder die son – om pasta mee te skep, om slaai of groente mee te bedien, om steak in ’n pan mee om te draai ens. Dis geweldig veelsydig. Ek het twee langes en ’n korter een vir die kombuis, en dan ’n ekstra-lang een met insulasie om die handvatsel vir die braaivuur.

Probeer

Oxo Silicone Tongs (R229, Woolworths)

Caro Alberts se kombuisbenodigdhede

Foto: Georgia East  @eastafternoon.

Sjef Caro Alberts is veral bekend as die aanbieder van Koskaskenades en doen gereeld kosstilering vir TV programme en tydskrifte.

Volg haar gerus p Instagram @caroalberts Facebook: KOSKASkenades

1. My smoothie masjien (Nutribullet)

Ek gebruik die ding ELKE DAG. Ek maak daagliks vir my ’n smoothie of iets soos hummus. Ek het selfs onlangs begin hawermoutmeel daarmee maak vir gebak. Ek reis selfs met hom in my tas.

Nutribullet juice blender (R2 099, bash.com)

2.  ’n Klein skerp messie

’n Klein Victorinox messie is altyd nodig. Niks is so ’n schlep soos ’n  stomp mes nie! En ’n klein skerp messie is regtig al wat jy nodig het. 

Victorinox Swiss Classic Paring Knife 8cm (R99, yuppiechef.com)

3. Enige skerp sjefsmes

Ek het ’n Wüsthof Santuko sjefsmes, maar as die ding nie skerp is nie verkies ek sommer die klein skerp groentemessie. Min dinge is so lekker soos om die regte gereedskap te hê.  En ’n skerp mes verseker net ’n baie makliker kookproses. En lekkerder. En veiliger! 

Wüsthof Ikon Santoku Knife (R4 289, yuppiechef.com)

4. ’n Goeie kleefwerende pan

Soos Scanpan of Le Creuset se kleefwerende panne. Min dinge is meer frustrerend as kos wat aan die pan vasbrand (en nie eens van die skottelgoed na dit gebrand het nie). ’n Goeie pan maak die wêreld se verskil. Ek werk meestal as kosstilis en die kos moet bitter mooi uit die pan uit kom en dit is een van die tools wat ek gebruik om dit te verseker. 

Scanpan Classic Frying Pan (R1 499, yuppiechef.com)

5. ’n Silikoon spatel

Ek gebruik net dit, glad nie hout of staallepels om mee te kook nie. 

6. ‘n Vatdoek

Sjefs kan nie sonder ’n lappie of vyf nie. ’n Vadoek beskerm my hande en my kombuisoppervlak. ’n Vadoek word ook  ’n nat lap binne sekondes en ’n lekker groot een. 

7. My fyn raspertjie – microplane.

Parmesaan, knoffel, gemmer, suurlemoenskil;  al vier van my gunsteling-bestanddele en al vier word deur  ’n microplane bewerk.

Microplane Gourmet Coarse Grater (R539, yuppiechef.com)

8. My groot kleurvolle potte en my buffet casserole

Sjoe, hulle maak sommer my hart bly as ek in hulle kook want ek weet sommer alles proe lekkerder uit iets moois uit. Boonop behou die gietyster hitte so hulle kook ook baie lekker. 

Le Creuset potte

9. ’n Klein DustBuster

Veral vir die kombuisvloer nadat ek deur hom is; niks is so aaklig soos ’n vuil kombuisvloer nie. 

BLACK + DECKER – 18V dustbuster Powerful Pivot Hand Vacuum (R1 489, takealot.com)

10. Mooi keramiekborde

Mervyn Gers is my gunsteling en ek het borde in verskeie kleure en vorms. Ek eet altyd uit iets moois uit, al is dit net ’n provita; dit maak my hart bly.  ’n Mooi glas, ’n mooi koppie, ’n mooi platter – ek het ’n probleem .

Besoek mervyngers.com om te bestel

Elmarie Berry se kombuisbenodigdhede

Kosblogger Elmarie Berry is bekend vir resepontwikkeling en het ook al haar eie resepteboek, Kosbaar, gepubliseer. Sy bied ook kook ‘ondervindings’ waar sy vir gaste kosmaak by haar huis in die Kaapse Wynlande

Besoek elmarieberry.com of volg Elmarie op Instagram @elmarie berry

1. Magimix voedselverwerker

Hier is heel bo aan my lys. Ek kan nie funksioneer sonder die masjien nie. Dit is die masjien wat ek die heel meeste gebruik, om blokke kaas te rasper in sekondes, uie te kerf, pastadeeg te maak, dadelballetjies te maak, whipped feta, hummus, die lys gaan aan en aan en daar is nie einde aan wat die masjien kan doen nie. Dit is my baba in my kombuis! 

Magimix Compact 950W Food Processor, 4200XL (R7 599, yuppiechef) Kleiner groottes is ook beskikbaar.

2. Kitchen aid menger

Ek gebruik my elektiese menger so baie, om brooddeeg te knie, koeke te bak en natuurlik is dit fantasties vir my pavlova’s wat ek op ’n weeklikse basis maak. 

KitchenAid Professional Stand Mixer (vanaf R13 898 tot R24 989 yuppiechef.com)

3. Victorinox messe

Hierdie is die eerste mes wat ek elke keer gryp as ek begin om kos te maak, hulle is vlymskerp en so maklik hanteerbaar. Ek het al die kleure van die reënboog in my kas.

Victorinox Swiss Modern Paring Knife Set (Yuppiechef)

4. Digitale Skaal

Ek gebruik my digitale skaal wanneer ek bak en veral om my outydse fudge maak. Daar is niks meer akkuraat as om jou bestanddele vir bak af te weeg nie. 

5. Vlekvrye staal maatbekers

Ons almal het maatbekers nodig, dit is onmisbaar in elkeen se kombuis. Dit was ook die eerste ding wat ek gekoop het voordat ek getrou het, myne hou nog steeds na 21 jaar! Ek wens partykeer die handvatsels wil afbreek sodat ek nuwes kan koop.

Jamie oliver measuring cups (R399, Superbalist)

6. Whisk

Jy kan nie sonder n whisk nie om sysagte gladde melktertvulsul, souse en meringues te maak nie. Dit is jou beste vriend in jou kombuis. 

7. Bakplate

Ordentlike bakplate wat nie wobble nie is n moet in elke kombuis. Ek gebruik KitchenAid se bakplate.

KitchenAid 5 Piece Bakeware Set (R1950, takealot.com)

8. Mandolien 

Ek gebruik ’n mandolien om vinnig dun repe groente te sny vir slaaie. Ek gebruik dit ook baie wanneer ek kosstilering doen om daardie perfekte snye te kry vir die perfekte foto. 

Good Grips Handheld Mandolien (R349, yuppiechef.com)

9. Kombuisskêr

’n Kombuisskêr is onmisbaar, ek sny kruie, ’n heel hoender, deeg en nog soveel meer met ’n kombuisskêr. Dit maak jou lewe soveel makliker en vinniger. Ek is mal oor maklik en vinnig! Die skêr wat ek gebruik is OXO, ek het dit by Yuppiechef gekoop.

OXO Good Grips Kitchen & Herb Scissors R349, yuppiechef.com)

10. Hout snyborde

My eerste ding voor ek met ’n resep begin, is om my houtbord uit my kas te haal! Ek is mal oor die Jamie Oliver houtborde.

Carmen Niehaus se kombuisbenodigdhede

Geliefde kosredakteur en skrywer Carmen Niehaus het geen bekendstelling nodig nie. Daar is min huishoudings wat nie minstens een van Carmen se vele resepteboeke besit nie!

Besoek carmenniehaus.com of volg Carmen op Facebook of Instagram

1. Lugbraaier

Ek het nooit, maar nooit, iets gediepvetbraai nie, so slaptjips of iets dergliks was altyd verbode in my huis, maar toe ek ’n Instant Airfryer present kry om uit te toets, het my siening verander. Nou geniet ons van heerlike aartappelwiggies tot schnitzel en gebakte patats uit die airfryer. My oond is maar min aan deesdae

2 KitchenAid-voedselverwerker

By my staan my apparate altyd op die werkoppervlakte, so hulle moet nie net baie funksioneel wees nie, maar ook mooi. Die KitchenAid-voedselverwerker tiek daardie boksie en die bak is lekker groot so ek kan van dadelballetjies tot selfs brooddeeg daarin meng. Dit het ook verskeie ander lemme en bakke om jou kombuistake mee te vergemaklik.

KitchenAid Artisan Food Processer (R13999, kitchenaidafrica.com)

3. Verskeie vysels en stampers

In my kombuisvenster staan verskeie vysels en stampers, mooi graniet in verskeie groottes en kleure die vensterbank vol. Elkeen het sy doel – die een vir knoffel in fyndruk, die ander vir speserye en sommige dien selfs as houer vir ’n kruieplant of twee.

Probeer

Jamie Oliver Pestle & Mortar (R329, Superbalist)

4. Staafmenger

Ek het al verskeie staafmengers deurgewerk, veral as ek fluweelsoppe maak. Wat hier belangrik is, is dat die enjin lekker sterk is en dat dit ’n mengbeker by het om maklik mayonnaise in te maak.

Dis net soveel makliker om bestanddele, veral mele, akkuraat met ‘n elektroniese skaal af te meet. My een was nog ’n spesiale Masterchef-aanbod by Spar en werk na jare steeds soos ’n droom.

5. ’n Goed gemerkte maatbeker v 500 ml en maatlepels

’n Goed gemerkte maatbeker v 500 ml. Ek het ’n stokou emalje een wat aan die binnekant afgemerk is en waarmee jy nie sommer ’n paralaksfout maak nie. Verskeie stelle goeie maatlepels en koppies is ook ’n moet. Mens kry die mooiste pastelkleurreekse by Pep.

Maatlepes (R9,99 Pep Home)

6. ’n Microplane

’n Vlymskerp handrasper oftewel microplane is ononderhandelbaar – ek het verskeie in verskeie groottes en breedtes. Deesdae rasper ek van gemmer en knoffel sommer so heel met skil en al direk oor die kastrol daarmee fyn.

Microplane Gourmet Coarse Grater (R539, yuppiechef.com)

7. Vlymskerp groentemessies

Ek het verskeie vlymskerp groentemessies, Victorinox, in my laai met verskillende kleure handvatsels. As ons bietjie gaan uitspan in die buitelug en pakplek is beperk, is dit die messies wat ek inpak.

8. ’n Goeie stel messe,

Wüsthof. Watter sjef waak nou nie soos ’n broeis hoenderhen oor sy stel messe nie!

Probeer Wüsthof Gourmet Cook’s Starter Set (R5129, yuppiechef.com)

9. Goeie kleefvrye panne in verskeie groottes     

Ek het so twee, drie van LeCreuset aangeskaf en in hulle word daar daagliks gekook. Die panne is nie te swaar nie en het ronde wande wat dit ideaal maak vir roerbraai en dit maak maklik skoon. Die deurskynende deksel (wat jy apart kan koop) is ideaal as jy die kos so bietjie wil stoombraai.

Le Creuset Stainless Steel Professional Non-Stick Frying Pan (R2309, lecreuset.co.za)

10. Stewige koelsakke

Stewige koelsakke (ek verkies die sagte tipe) wat versterk is in die binnekant met ‘n plastiek-insetsel en ’n stewige ritssluiter en handvatsels het, is wonderlik om byderhand te hê as jy (soos ek) moet pak vir ’n funksie of fotografie-sessie in ’n afgeleë plek. Ek het nou net my eie stel CarmenNiehaus x Swier-koelsakke bekend gestel wat aan al bogenoemde doeleindes voldoen en met my eie gestileerde ontwerpe bedruk is. Effektiwiteit word sommer stylvol en mooi daarby.

Carmen Coolerbags (vanaf R665, swier.co.za)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
7 Wenke vir plekmatjies koop
error: Content is protected !!