Ons is deesdae almal bewus van stygende kospryse en dit voel dikwels of gesond eet al hoe moeiliker raak. Hier is sakpaswenke vir gesond eet. Saamgestel deur dieetkundige Liezel Engelbrecht
Met die oog op Nasionale Voedingsweek 2023 wat van 9 to 15 Oktober gevier word, gee dieetkundiges wenke vir vinnige, gesonde beplanning en voorbereiding en bekostigbare tuismaaltye:
Sakpas-wenke vir gesond eet
1. Beplan jou maaltye.
Stel op ’n weeklikse of maandelikse basis ’n voedselbegroting en ’n maaltydplan op. Dit geld wat jy spaar is die tyd werd! Fokus op ‘n verskeidenheid kosse wat in seisoen is.
2. Berei maaltye op gesonder maniere voor.
Kies resepte wat vinnig en maklik is. Sluit rou groente en slaaie by jou etes in. Gebruik gaarmaakmetodes soos stoom, kook, bak en rooster in plaas van braai. Dit kan ook ’n besparing wees op olie wat al duurder raak!
3. Eet elke dag baie groente en vrugte.
Dit is hoog in vesel en propvol vitamiene en minerale noodsaaklik vir ’n gesonde liggaam en gees. Mik vir ’n minimum van vyf groente en vrugte elke dag, nie net oor naweke nie. Sluit inheemse groente in waar moontlik. Probeer geel of oranje groente soos wortels, pampoen en botterskorsie, en donkergroen groente soos broccoli of spinasie, minstens een keer per dag eet.
4. Voeg ekstra groente by etes.
Dit dra by tot die voedingsgehalte, sowel as geur en tekstuur. Voeg dit ook by bredies, kerries, roerbraai, slaaie, sop, toebroodjies, pastas, rys en eiergeregte.
5. Vergroot jou gunstelingresepte.
Ruil sommige of alle vleis in jou gunstelinggeregte met plant-alternatiewe. Vleis kan maklik vervang word deur groente soos sampioene, eiervrug en murgpampoentjies, of met peulgewasse soos lensies, boontjies en kekerertjies. Dit rek jou geregte, en dus ook jou rande!
6. Eet gereeld droëbone, ertjies, lensies en soja.
Eet ten minste vier keer per week peulgewasse om te help om chroniese siektes, insluitend hartsiektes, hoë bloeddruk, diabetes en kanker te help voorkom. Dit is ook voordelig vir dermgesondheid. Koste-effektiewe boontjies, lensies en kekerertjies kan gebruik word as vleisalternatiewe of om ’n gereg aan te vul en die vleis te rek. Gedroogde peulgewasse kan oornag geweek word om die kooktyd te verminder en ook help om opgeblasenheid te voorkom.
7. Pak gesonde ontbyt/kosblikke in.
Sluit weeksdae ontbyt en middagetes by jou maaltydbeplanning in. So kan jy die versoeking om by winkels en snoepies te koop, oorkom. Jy sal natuurlik ook geld spaar!
Deur meestal onverwerkte of minimaal verwerkte plantgebaseerde kos te kies kan jy gesonder wees én geld spaar.
Vir meer inligting en gesonde eetwenke, besoek Nasionale Voedingsweek 2023 www.nutritionweek.co.za