Sewe moet weet maskarawenke

Maskara maak ’n drastiese verskil aan jou grimering, en laat jou oë ook oper en varser lyk. Hier is twee grimeerkunstenaars se top maskarawenke. Deur Suzanne Kotze. Foto’s Tegan Smith. Grimering: Jade-Leggat Smith

Grimeerkunstenaars se maskarawenke

Kaapse grimeerkunstenaar Jade-Leggat Smith en Revlon se nasionale grimeerkunstenaar Lucoh Mhlongo deel hul maskarawenke

1. Krul jou wimpers

Jade en Lucoh stem saam dat hierdie ’n moet is.

“Gebruik ’n wimperkruller om jou wipers te krul as jy van nature reguit wimpers het. Dit is wonderlik om jou wimpers te lig en is ’n redder vir dames met reguit wimpers,” sê Jade-Leggat Smith.

“Hierdie jaar gaan wimpers oor boubare drama. ’n Wimperkruller is die beginpunt om loopplank wimpers tuis te kry. ’n Vinnige wimperkrul lig dadelik jou oë,” sê Lucoh. Nog ’n wenk van Lucoh: “Maak jou wimperkruller warm met jou haardroër, onthou net om eers die temperatuur te toets op die agterkant van jou hand.”

2. Wikkel en lig

Vir maksimum volume en definisie stel Lucoh die klassieke wikkel-en-lig metode voor. “Begin by die wortels van jou wimpers en wikkel die borseltjie van kant tot kant voordat jy dit uitwaarts vee. Sodoende kom die meeste pigment by die basis van jou wimpers uit en gee ’n lig-effek.

3. Hoe nader, hoe beter.

“Werk jou borseltjie so na as moontlik aan jou wortels (dig teen jou waterlyn) aangesien dit help met volume,” sê Jade.

4. Keer smeer

Niks ruïneer perfekte grimering soos maskara wat smeer nie. Lucoh se wenke om die smeer te keer

  • Gebruik ’n waterbestande formule, veral as jy olierige ooglede het.
  • Vermy swaar oogroom gedurende die dag. Kies eerder ’n ligte jelformule of serum.
  • Wend ’n bietjie gesigpoeier onder jou oë aan om die smeer te keer. Jade beveel ook aan dat jy ook poeier op jou ooglede aanwend, om enige oortollige olie te absorbeer.
  • Laat jou maskara vir ’n paar sekondes droog word voordat jy jou oë knip.

5. Laag of laag

“Wend maskara in lae aan. Begin by jou regteroog, wikkel die borseltjie van die wortels tot die punte en beweeg oor na die linkeroog. Gaan terug na jou regteroog en wend nog ’n lagie aan, totdat jy twee tot drie lagies aangewend het.

Moenie die maskara laat droogword tussen lagies nie, want as dit eers droog is en jy wend maskara aan, kan dit klonte vorm,” beveel Jade aan.  

Wend ’n paar ekstra lagies aan die buitehoeke van jou wimpers.

6. Bo en onder

“Hierdie is veral belangrik as jy ligte hare het. Onthou om maskara ook aan die bokant van jou wimpers te wend, en nie net onder jou wimpers nie. Dit is ’n fout wat ek dikwels sien. Ligte wimpers bo en donker aan die onderkant.  Selfs al het jy nie ligte wimpers nie, is dit steeds belangrik om te doen, want dit laat jou wimpers meer afgerond lyk,” sê Jade.  

En moenie van jou onderste wimpers vergeet nie. Hou jou borseltjie vertikaal om aanwending te vergemaklik.

Justine dra vals wimpers bo, en gebruik maskara op haar onderste wimpers.

7. Weet wanneer dit tyd is vir ’n nuwe maskara

Maskara behoort elke drie maande vervang te word. “As dit snaaks ruik, droog voel of frummeltjies maak, is dit tyd vir ’n nuwe een,” sê Lucoh. Behalwe dat ou maskara jou voorkoms kan bederf, kan dit ook ooginfeksies of irritasie veroorsaak.

Lucoh se gunstelingmaskaras

Revlon ColorStay Full Time Mascara
Revlon ColorStay Full Time Mascara (vanaf R255_ is beskikbaar by Takealot, Superbalist, en voorste winkels landwyd.
 

Lucoh se gunsteling vir elke-dag-dra, geen afskilfer volume

Hierdie langdra formule bevat dubbel verskanstegnologie (Double Shield Technology) om olie, sweet en trane vir tot 24 uur se dra te weerstaan. Dit bevat ook sonneblom-mikrovesels vir opboubare, natuurlike volume wat nie wimpers swaarder maak nie. Die universele borsel is ontwerp om alle oogvorms en wimpertipes te pas, wat dit ’n een-grootte-pas-almal-maskara-moet-hê maak. Beskikbaar in beide waterdigte en nie-waterdigte formules.

Revlon Xtensionnaire Mascara
Revlon Xtensionnaire Mascara vanaf R255_ is beskikbaar by Takealot, Superbalist, en voorste winkels landwyd.

Wil jy wimpers hê wat nuwe lengtes bereik? Xtensionnaire is deurdrenk met plantgebaseerde wimperliefhebbende bestanddele vir gesonde lengte en ’n sagte, buigsame afwerking. “Hierdie maskara gee ongelooflike skeiding en verlenging – perfek vir ’n meer verfynde, alledaagse wimpervoorkoms,” sê Lucoh.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
twiener met ekseem
Velsorgwenke vir jou twiener met ekseem of sensitiewe vel
error: Content is protected !!