Op 13 November is dit Wêreld-goedgunstigheidsdag (World Kindness day) en ons stel ondersoek in waarom dit belangrik is om gaaf te wees. Deur Suzanne Kotzé
Die Afrikaanse woord vir ‘kind’ is gaaf. Maar om gaaf te wees voel net nie dieselfde as ‘kind’ nie. Ek hoor sommer (in ’n effense neerhalende stemtoon): “ag, maar sy is so gaaf.”
Die woord sagmoedig resoneer meer met my. Dit verg immers moed om sag te wees; en om meer liefde, meer begrip, meer empatie en meer aanvoeling te hê.
Die Engelse woord ‘kindness’ word as volg beskryf: die eienskap om vriendelik, vrygewig en bedagsaam wees; ’n gawe daad.
Om gaaf te wees kan die volgende voordele hê.
En dit is nie net voordeling vir die ontvanger nie, maar ook vir die gewer
1. Minder sosiale angstigheid
’n Studie van die Universiteit van British Columbia het bevind dat mense wat hoogs angstig is, die volgende ervaar wanneer hulle ses dade van goedguns per week verrig
- meer ontspanne
- meer positiewe buie
- minder sosiale angs en
- minder sosiale vermyding.
Deur gaaf te wees (enige iets van ’n deur oop te maak, tot dankie te sê) en positiewe reaksies te kry kan help om die sosiaal angstige persoon se vrees vir negatiewe evaluering teë te werk.
2. Verminder spanning
’n Studie van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, het bevind dat mense wat gereeld dade van vriendelikheid verrig, laer vlakke van die streshormoon kortisol het. Kortisol word met talle fisiese en geestelike gesondheidskwessies geassosieer.
3. Dit kan as pynstillers en gemoedsversterkers dien
Verder stimuleer vriendelikheid/gaafheid die produksie van endorfiene, wat as natuurlike pynstillers en gemoedsversterkers dien.
4. Dit kan jou moontlik selfs langer laat leef
Navorsers van die Universiteit van Michigan het bevind dat mense wat vrywillig en betrokke was by altruïstiese gedrag ’n laer risiko het om vroeg te sterf in vergelyking met diegene wat nie aan gemeenskapsgedrewe aktiwiteite deelgeneem het nie. Die studie het voorgestel dat gaafheid en sosiale betrokkenheid beter gesondheid kan bevorder deur emosionele veerkragtigheid en sterker sosiale bande te bevorder,
5. Dit kan jou selfbeeld ’n hupstoot gee
Daar is ’n terugbons-effek, ook bekend as die helper se ‘hoog’. Wanneer jy gaaf is, verhoog jou oksitosienproduksie. Oksitosien is verantwoordelik vir onder meer die verhoging van gevoelens van geluk. Verhoogde oksitosien kan ook gevoelens van vertroue ’n hupstoot gee, volgens ‘n studie van die Universiteit van Zürich.
Psst: Studies wys dat om gaaf te wees met vreemdelinge ’n groter effek op jou selfbeeld het as net met vriende en familie.
6. Dit is aansteeklik
Loop maar net verby iemand in die straat en gee hulle ’n kompliment, en sien hoe goed dit die persoon laat voel. Daardie persoon is dalk dan meer geneig om te besef wat dit vir jou gemoed doen, en doen dit weer met iemand anders.
Onthou