Of jy nou ’n meer minimalistiese minder-is-meer skoonheidsbenadering het, of bloot spasie wil spaar, hierdie multi-funksionele skoonheidstaatmakers is van ons gunstelinge. Deur Suzanne Kotzé
1. Wegvlieghaartjies-en-wenkbrou-temmer

Vir wegvlieghaartjies
As jy sukkel met baba-haartjies wat regop staan, of wegvlieghaartjies is hierdie oulike stokkie ’n wenner.
Vir wenkbroue
Nog ’n gebruik of om wenkbrouhaartjies wat nie wil plat lê nie op hul plek te sit of self wenkbroue op te kam, om dit voller te laat lyk.
2. Meer as net ’n lyf-olie

Lees ook: Ons is gaande oor NUXE Huile Prodigieuse® Neroli en dis hoekom
Lyf-olie
Spuit dit aan op jou klam lyf, nadat jy klaar gebad of gestort het.
Hare
As jy klaar die olie aan jou lyf gesmeer het, vee oor jou hare om wegvlieghaartjies te tem.
Naelvliesies
Hierdie werk ook as ’n naelvliesolie.
3. Alles in een grimeerstokkie

Hierdie is ’n wenner en kan as blosser, oogskadu en lipkleur gebruik word. Wonderlik vir as jy haastig is, of die monokroom grimeervoorkoms verkies. Die romerige formule verander in ‘n poeier na aanwending.
4. Oog, lip en gesigpotlode
Revlon ColorStay Multi-Liner kan op jou oë, lippe en gesig gebruik word. Gebruik dit as ’n oogpotlood, of kleur jou ooglede in (dit formule en punt is heerlik sag en sal nie jou ooglede trek nie), gebruik een van die bruin skakerings (soos Dynamic Doer) om te kontoer of High Point om onder jou wenkbroue te beklemtoon.
Wenk: maak seker jy het ’n skerpmaker, spesiaal vir oogpotlode, want hierdie sagte punte breek af in gewone skerpmakers. (En glo ons, jy gaan dit so baie gebruik dat jy dit gereeld sal moet skerpmaak.)
5. Alles-in-een-haardroër
Die Dyson Air Wrap is ’n haardroër, borsel en krultang in een.
Ja, hierdie is vreeslik duur, maar as mens die ‘cost per use’ in ag neem, het ek hom al afbetaal. Die Dyson Air Wrap is een van die redes waarom hierdie lui haredoener vir die eerste keer in twee dekades lang hare kan hê. Plus, dit doen my hare so mooi dat ek dit verkies om self my hare te doen, bo salondroogblaas! Ek was altyd geïnitimideerd, na ek sosiale media videos gekyk het, wat dit moeilik laat lyk het. Maar die AirWrap is maklik om te gebruik. Of jy nou ’n reguit voorkoms, of krulle wil hê. Ek gebruik die krul en ronde borsel aanhegstel die meeste.
(Wenk: steek jou krulle met haarknippes vas soos ‘pincurls’ soos jy dit doen, en haal dit uit as jy jou grimering klaar gedoen het. Borsel liggies, en siedaar wa-wa volume!)
6. Veelsydige watersproei

Watersproeie is een van die produkte waarsonder jy ons nie sommer sal kry nie. En dit dien soveel doele, van verfrisser tot om room beter te laat insmeer en selfs vir sonbrand en insekbyte.
Lees hier: Agt maniere hoe ons watersproei gebruik







