10 lesse van ’n grimeer-meesterklas

Ons het onlangs ’n grimeer-meersterklas bygewoon saam met ’n paar vriendinne, en deel graag wat ons geleer het.  Deur Suzanne Kotzé.

’n Paar vriendinne vra ons gereeld vir grimeerwenke, en ons het vir Marco-Louis Ackers, NARS se senior grimeerkunstenaar SA, gevra om vir ons ’n les te gee. Hy het ons net weer herinner aan ’n paar goeie basiese grimeeraanwendingstegnieke wat ons almal behoort te volg.

En onthou: “Jy wil eeder hê iemand moet jou komplimenteer dat jy glansend en gesond  lyk eerder as wat iemand vir jou sê jou grimering lyk mooi.” Marco-Louis.

Lesse vir elkedag-grimering

1. Jou onderlaag en voorbereiding moet die langste neem

Om jou onderlaag, verbloemer en kontoering te doen, behoort die langste te neem, want dit skep die grondslag vir jou grimering.

2. Die regte skakering onderlaag smelt in jou vel in

As jy die regte skakering onderlaag kry, smelt dit net saam met jou velkleur in.

3. Die skakering van jou verbloemer hang af van jou doelwit

Marco glo vas dat as jy ’n goeie onderlaag gebruik, jy nie veel verbloemer behoort te gebruik nie. Kies dieselfde skakering onderlaag om merkies te verdoesel, ’n ligter skakering om te beklemtoon en ’n donkerder skakering vir donker kringe.

4. Moenie bang wees om jou hande te gebruik nie.

Die warmte van jou vingers help die onderlaag versprei en om dit in jou vel in te druk sodat jou onderlaag meer natuurlik en soos vel lyk as onderlaag bo-op jou vel.  (NARS grimeerkunstenaars is bekend daarvoor dat hulle onderlaag met vingers in plaas van onderlaagkwassies aanwend). “Die onderlaag warm op tussen jou vingers en wend soveel makliker en meer natuurlik aan.”

As jy ’n kwas verkies, gebruik dit, maar druk ook liggies met jou hande die grimering in.

5. Kontoering het nie snaakse truuks nodig nie

Vergeet van driehoekies, hartjies en strepe as dit by kontoering kom. Dit hoort op sosiale media, en nie vir eie gebruk nie.

Gebruik ’n beklemtoner op die hoë dele van jou gesig (high planes) (die dele wat natuurlik utistaan soos die bokant van jou wangbene, onder jou wenkbroue, neuspunt en ken). Beklemtoner op die middelste deel van jou gesig trek ook die aandag hierheen.

Gebruik ’n romeringe verbronser van die middelhoek van jou oor na min of meer die buitehoek van jou mond. Onthou om dit baie goed in te meng, want jy wil geen duidelike lyne wys nie. Die doel is dat jy natuurlik vorm gee aan jou voorkoms.

6. Hou vloeibare oogomlyner vir spesiale geleenthede

Vir elkedag is dit moeilik om aan te wend en as jy dit nie reg aanwend nie en oorhaastig is, kan dit jou grimering outyds laat lyk. Gebruik eerder ’n bruinerige oogomlyner of oogskadu-stokkie en fokus op die buitehoek van jou oë om jou oë te beklemtoon. Dit lyk sagter en meer natuurlik.

NARS Eyeshadow Stick (R760, Arc Store)

7. Kies die ligste poeier wat jy kan kry

NARS Light Reflecting Powder (R965, Arc Store)

Swaar poeiers kan jou vel laat droog voel en in plooitjies lê. ’n Poeier sonder talkum (soos die van NARS) is ’n goeie keuse.

8. Blosser op die appels van jou wange

NARS Afterglow Liquid Blush (R835, Arc Store)

Wend jou blosser op die appels van jou wange aan, en meng dit opwaarts na jou slape vir ’n meer geligte effek.

9. Grimeeraanblysproei voor en na die tyd

Gebruik grimeeraanbly sproei net voordat jy onderlaag aanwend en weer as jy klaar jou grimering gedoen het.

10. Wees versigtig om roomformules bo-oor poeier aan te wend

As jy byvoorbeeld poeier oor jou onderlaag gebruik het, en later in die dag jou onderlaag wil opknap, is dit beter om ’n poeier te gebruik. Anders kan jou grimering dik begin lyk.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
baba
Die pH van baba se vel, het jy geweet dit is belangrik?
error: Content is protected !!