En dit is net so mooi en kunssinnig soos ons van Rolanda Marais verwag! Die nuwe aanbouing was wel nie heeltemal klaar toe Naudé sy opwagting gemaak het nie, maar om dit aan te hou mooi maak, hou Rolanda so tussendeur die min slaap, sane. Gelukkig is ouma Charlotte en ousus Charlotte ook daar om te help. Deur Suzanne Kotzé
16/10/2022
Rolanda Marais oor die nuwe aanbouing
So ’n week voor Naudé se geboorte los Rolanda ’n benoude voicenote: “Nee, jong lyk my nie die vertrek gaan klaar wees voor Naudé, se geboorte nie. Dit gaan wild. Julle sal maar moet kom kuier na Naudé gebore is.” (*giggel, semi-histeries.)
En toe is dit ook so, maar dit was beslis die wag werd. “Dit voel of die kamer net nog altyd hier was en deel is van die huis,” vertel Rolanda. Die vertrek moes natuurlik aanpas by die mid-eeuse gevoel van die res van die huis, en lang, maer vensterrame en ’n houtplafon help om die kamer gladnie soos ’n nuwe aanbouing te laat voel nie. En die natuurlike lig in die kamer is ongelooflik. Die kamer het selfs ’n buitedeur na die tuin, sodat Naudé net kan uithardloop en speel as hy groter is.
Die dekor-inspirasie van die babakamer

“Ons is ’n gesin wat baie lief is vir ons diere, en juis daarom wou ek graag diere (maar nie die groot vyf nie) deel hê van die dekor-tema,” vertel Rolanda. Die herfs kleurpalet van die kamer saam met natuurlike houtelemente, versamelgoed en mooigoed. Elk natuurlik met ’n storie; van Rolanda se cd-mandjie waarin babadoeke nou gebêre word tot die skildery wat haar vriendinne gepaint by numbers het tydens haar baba-tee.
Die wiegstoel waarop baie tyd spandeer word

Ouma Charlotte, wat pas nagskof gedoen het (ek weet nie wat ek sonder my ma sou doen nie!) en piepklein Naudé kom sit in die stoel, terwyl Rolanda aan die gesels is. “Ek het spesiaal hierdie kleur van die stoel gekies, en PinkFoot Boutique het dit vir my so gemaak. (Die Rolanda Rocking Chair stoel is gewoonlik in room beskikbaar) Later neem Saski (die Malherbe’s se Burmese kat) ook haar beurt op die voetstoeltjie en Rolanda en Naudé kry natuurlik ook ’n beurt.






Die groen halwe sirkel agter die bed bring ’n spatsel kleur in die kamer in en is natuurlik ook ’n kenmerk van die mid-eeuse styl. Die verf is non-toksies en is van Baby Lab Paint. “Charlotte het tog te lekker saamgeverf, terwyl ek hoogswanger was” vertel Rolanda.








