geskenke toedraai
geskenke toedraai

5 slim volhoubare planne met geskenke toedraai

Dit voel of ’n mens ure deurbring met geskenke toedraai, net vir die swart sak om nader gesleep te word en te sien hoe jou harde werk binne ’n paar minute weggegooi word. En aangesien ons nie geskenkpapier stryk op ons ‘om te doen’ lysie wil sit nie, het ons slim maniere gesoek om geskenke toe te draai wat ook meer volhoubaar is. Deur Suzanne Kotzè

Ek dink met heimwee terug aan my ouma wat geraas het dat ons nie die geskenke mag oopskeur nie en die papier vir haar moet gee. Sy het dit dan sorgvuldig opgevou en mooi netjies gestryk as dit bietjie gefrommel was. En soms het ons dalk ons oë gerol daaroor, maar ons oumas en oupas het beslis meer volhoubaar geleef deur goed oor en oor te gebruik, meer spaarsamig te wees en veel minder te koop as ons!

Volhoubare planne met geskenke toedraai

Hoe maak jy geskenke toedraai meer volhoubaar?

  1. Maak seker die verpakking kan oor en oor gebruik word
  2. Gebruik wat jy het

1. Materiaalsakke

Hierdie mooi sak van Mending Threads (R60 vir ’n 30x38cm grootte, huisie.co.za) is gekleur met avokadopitte en is met die hand borduur. Die toetrek sakkie is beslis mooi genoeg sodat dit oor en oor gebruik kan word. Hetsy dit is om iets in te bêre, (werk veral goed vir skoene!) as ’n inkopiesak, of as geskenksak. Verskeie ontwerpe is beskikbaar.

2. Gebruik materiaal en die Furoshiki metode

Ons het tans bietjie van ’n Furoshiki obsessie! Furoshiki is die Japanese metode waar materiaal gebruik word om goed toe te draai, maar ook om jou besittings in rond te dra. Jy kan enige reghoekige of vierkantige stuk lap gebruik. Van afvallap tot vadoeke.

Mending Threads White Fabric Furoshiki Wrap (R150, vir ’n stel van 3. Sluit 3 verskillende grootte lap en ook die spelde en materiaalkaartjies in. Beskikbaar by huisie.co.za)

Doen dit so: (ons het ’n servet gebruik wat sommer deel uitmaak van die geskenk!) Jy kan enige vierkantige stuk materiaal gebruik.

3. Kinderkuns

Ja ons is almal baie lief vir en trots op ons kinders se mooi kuns, maar daar is net soveel daarvan! Waarom dit nie gebruik vir geskenke toedraai nie. En vra sommer jou kinders om te help.

4. Inkleurpapier

As jy ’n magdom grootmensinkleurboeke het wat jy dalk entoesiasties gekoop het toe jy in ’n inkleur-fase was, waarom dit nie gebruik om geskenke toe te draai nie.

5. Ou boksies

Plak ‘n mooi lint op ’n ou (netjiese) boksie se bokant en siedaar.

Met aanlyn aankope het die meeste van ons ’n magdom boksies, wat dikwels net in die herwin-drom beland. Bêre die mooi boksies en gebruik hulle vir geskenke toedraai.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
’n Moeitelose mooi buitekuier met PEP Home
error: Content is protected !!