gunsteling grimeerkopies
gunsteling grimeerkopies

Gunsteling grimeerkopies

Dit is selde dat ’n skoonheidsredakteur (en -blogger) grimeerkopies hoef te doen. Ek het onlangs vir die eerste keer in ’n hele paar jaar grimering gekoop en meer as R1000 vir een produk spandeer en minder as ’n R100 vir ’n ander. Deur Suzanne Kotzé.

Grimeerkopies: onderlaag en maskara

My duur onderlaag

Chanel CC Cream (R1270, Woolworths )

Ek kan nie eens onthou watter jaar laas ek onderlaag hoef te gekoop het nie, want ek was die heeltyd gelukkig genoeg om onderlaag te ontvang om te toets. Toe ek egter wel moes koop, het ek besluit op ’n ou gunsteling.

En ja ek weet dit is vreeslik duur, en glo my as jy nog nooit ’n grimeringsbegroting nodig gehad het nie, voel jy dit beslis aan jou sak!

Is dit die geld werd? Ek dink ek sal solank moet begin spaar vir my volgende buisie.

Hoekom hou ek daarvan?

Links met CC room, regs sonder.

Ek sukkel die afgelope ruk met ’n vel wat rooierig is, maar ek hou nie van onderlaag wat te swaar is nie. Ek hou daarvan dat my vel steeds deurskyn, maar ek wil natuurlik nie rooi lyk nie. Die verkoopsdame by Chanel het juis hierom die CC room aanbeveel, want dit kleur-korrigeer ook. Nog ’n groot pluspunt vir my is die SPF50. Die tekstuur is ook ragfyn en dit voel fluweelsag op my vel. Dit bied heelwat meer dekking as wat ek verwag het en gee mooi glans.

My ‘goedkoop’ maskara

Essence Lash Princess sculpted Volume Mascara (R82, Dischem)

Na my onderlaag het ek nie veel geld oorgehad vir maskara nie, en ek was so dankbaar toe ek onthou dat Justine en ’n paar grimeerkunstenaarvriendinne Essence Lash Princess aanbeveel. Ek het net daar in die winkel gou die artikel Wimperwenke wat werk opgesoek, en besluit om die Volume Mascara te probeer. 

Wat dink ek? Hierdie waarde vir geld is ongelooflik! Die gekurfde borseltjie maak dit maklik om aan te wend, die kleur is mooi pikswart en die volume is dramaties! Dit smeer nie en dit irriteer ook nie my oë nie! Hierdie is beslis ’n wenner!

Die gekurfde borseltjie maak aanwending maklik en die volume is wonderlik!
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
10 Sakpasprodukte vir die partytjie-seisoen
error: Content is protected !!