Produkte vir ’n sensitiewe vel

Ek en Suzanne sukkel albei soms met ’n sensitiewe vel, daarom is ons alewig op die uitkyk vir produkte wat hard werk, nie die vel sal irriteer nie maar steeds ons vel strelend en gehidreerd laat voel. Ons het ’n handvol van SVR se produkte getoets – lees gerus wat ons daarvan dink; Deur Justine Kroes

Meer oor Laboratoire SVR

Kyk ons weet nie van julle nie, maar ons is lief vir luukse Franse velprodukte! Laboratoire SVR is in 1962 in Frankryk gestig deur Simone en Robert Veret – twee aptekers met die fokus “to create beautiful skin”. En so staan SVR vandag bekend as ’n handelsmerk wat aktiewe bestanddele bevat wat nie jou vel sal irriteer nie.

SVR-produkte is geskik vir elke veltipe (nie net sensitiewe velle nie) en jy kan produkte van die verskillende reekse meng en pas om jou unieke velkwessies te behandel.

SVR Physiopure Gelee Mussante

Hierdie gel gesigwas vorm deel van die eerste reeks van gesigwasse en grimeerverwyderaars wat suurstofryke magnesium bevat. Wat beteken dit nou eintlik? Die aktiewe bestandeel PHYSIOPURE speel ’n belangrike rol op die sellulêre vlak van die vel wat meer suurstof na die velselle toe dryf. Die resultaat – suurstofryke vel!

Dit is beslis waar, nadat ek en Suzanne ons gesigte hiermee gewas het, het ons albei opgemerk hoe vars en verfrissend hierdie gesigwas gevoel het – boonop ruik dit hemels. Dit het ook nie ons vel droog en trekkerig laat voel nie.

Physiopure Gelee Mussante 200ml R246

Hierdie jel-gesigwas is perfek vir iemand met ’n sensitiewe vel – die jel verander in ’n romerige skuim wat jou gesig lieflik skoon en vars laat.

SVR’s B3 Essence Hydra

Hierdie stap is belangrik nadat jy jou gesig gewas het, jou tonikum wat jy voorheen gebruik het om oortollige vuilheid ná jou gesigwas te verwyder of die pH-vlak van die vel te herstel, word deesdae vervang met ’n “essence”. Hier gaan jy nou dalk iets nuuts leer – ’n essens verskil van ’n tonikum (toner) deur die velselle op ’n dieper vlak te hidreer en die vel voor te berei sodat die volgende produkte wat aangewend word, beter die vel kan binnedring.

SVR’s B3 Essence Hydra R282 for 150ml

Hierdie essens bevat ’n klompie wonderbestanddele: 2% vitamien B3, ook bekend as niasinamied, wat die vel streel en tot 24uur bevogtig hou, asook hialuroonsuur wat verder die vel bevogtig en versterk.

Jy kan hierdie produk op ’n katoenballetjie drup en saggies oor jou gesig druk – of as jy graag meer omgewingsvriendelik probeer wees – keer die botteltjie om en laat drup sommer ’n paar druppels in die palm van jou hand en wend dit direk aan jou vel aan.

Hoewel ek eers gedink het dat hierdie dalk ’n onnodige stap in die roetine was, kan ek beslis die verskil sien wat dit maak, my vel voel meer gehidreerd, selfs taan die einde van ’n lang dag. Die B3 Essence is geskik vir enige veltipe, insluitend sensitiewe velle.

SVR Vitamin C Antioxidant Foam Mask

Hierdie masker is ’n ou gunsteling vir ’n glansende gelaat. Dit bevat ’n hoë konsentrasie vitamien C, ’n bestanddeel wat beskerm teen velveroudering, maar ook die vel sagkens afskilfer. Hierdie proses laat jou vel glansend en meer soepel. Hierdie masker bevat ook B3 en hialuroonsuur wat ekstra hidrasie bied.

SVR Vitamin C Antioxidant Foam Mask (R750)

Die masker word in ’n aerosol houertjie verpak om seker te maak die vitamien C bly gestabiliseer sonder dat dit in kontak kom met lig en suurstof. Jy spuit ’n klein hoeveelheid van die oranje mousse/skuimtekstuur in die palm van jou hand, en wend oor jou vel aan. Op my sensitiewe vel het ek hier en daar ’n tintelende sensasie gevoel; vir my ’n teken dat die aktiewe bestanddele hul werk doen! Na 15 minute spoel ek die masker af en my gesig voel sag en gehidreerd.

SVR HYALUBiotic – Regenerating plumping jelly

Is ’n lieflike ligte gesigroom. Suzanne sê “hierdie is ’n wonderlike vogroom, veral vir die somer, dit voel lekker lig, maar steeds hidrerend genoeg sonder om taai te voel”.

Hierdie vogroom beloof om stywe en trekkerige gedehidreerde vel te bevogtig en daardie ongewenste fyn lyntjies te beveg. Die HYALUbotic reeks bevat probiotika om die vel se sperfunksie te herstel. Gestabiliseerde vitamien C om teen besoedeling en vrye radikale te beskerm. En daarby ’n lae molekulêre gewig hialuroonsuur wat die vel hidreer en daardie fyn lyntjies minder sigbaar maak.

Die room het ’n jellietekstuur, absorbeer vinnig en ruik wonderlik, die glaspotjie voel sommer ekstra luuks. (R900).

SVR Sun Secure Fluide SPF50+

As jy ook sukkel met ’n sensitiewe vel en sensitiewe oë weet ons hoe moeilik dit is om daardie sonroom te vind wat al die regte boksies tik EN nie jou vel of oë brand nie.

SVR Sun Secure Fluide SPF50+ (R237)

Die SVR Sun Secure Fluide SPF50+ is ’n lieflike sonroom – dit is nie taai of olierig nie. Dit het amper ’n mat gevoel op die vel. Hierdie sonroom is so sag op die vel en is spesiaal ontwikkel dat dit selfs veilig genoeg is om vir jou baba te gebruik.

Alle SVR-produkte is beskikbaar by: www.riekiemedaesthetic.co.za, www.absoluteskin.co.za  www.takealot.com, www.skinmiles.com, www.shopfomo.com. Ook by uitgesoekte skoonheidsalonne en dokters. Om jou naaste voorraadhandelaar te vind stuur ’n epos aan info@filorga.co.za.

Lees ook; Gunsteling grimeerkopies

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
The Iris Apfel x H&M
Honderdjarige mode-ikoon Iris Apfel
error: Content is protected !!